Olimpiese Spele

Biles wen nog goud

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Simone Biles bly goud losslaan in Parys. Foto: Getty Images
Simone Biles bly goud losslaan in Parys. Foto: Getty Images

Simone Biles het Saterdag nog goud gewen in haar breedteperd-nommer (vault), wat haar derde triomf op die Olimpiese Spele in Parys en haar sewende Olimpiese kroon in haar loopbaan verseker.

Biles het eers die VSA-span tot goud gelei voordat sy met haar pragtige vertoning al die goud opgeraap het en ‘n kliniese oorwinning oor die Olimpiese en wêreldkampioen Rebeca Andrade van Brasilië behaal het.

Die Amerikaner besit nou 'n totaal van 40 wêreld- en Olimpiese medaljes, waarvan 30 goud is.

Sy kan Maandag, wanneer sy aan die balans- en vloereindstryde deelneem, nog byvoeg.

Die Amerikaner Jade Carey het brons gewen. - AFP

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM