Olimpiese Spele

Hoogtepunte – dag 11: Kyle hou droom lewend

Dit was dag 11 van die Tokio-Spele.

Die Suid-Afrikaanse gewigstoter Kyle Blignaut se afstand van 20,97 m met sy tweede poging is genoeg om hom na die eindronde te laat deurdring. Nie een van Anaso Jobodwana, Clarence Munyai of Shaun Maswanganyi kan die halfeindronde van die 200 m oorleef nie, so Suid-Afrika se belang by die item eindig.

Karsten Warholm vermorsel sy eie wêreldrekord in die eindronde van die 400m-hekkies onderweg na 'n haas ongelooflike wentyd van 45.94sekondes. Elaine Thompson-Herah word die eerste vrou in die geskiedenis wat die "dubbele dubbel" (goud in die 100m en 200m by twee agtereenvolgende Spele) verseker. Sportklim maak 'n Spele-debuut, terwyl die Amerikaanse gimnastiekster Simone Biles terugkeer en brons op die balanseerbalk wen.

• Hou dié Suid-Afrikaners Dinsdag dop

• Spele-program

• Spele-uitslae

• Spele-medaljelys

Shaun Maswanganyi reageer nadat hy aan die 200 m-halfeindronde deelgeneem het. Sy vierde plek en tyd van 20.18 is nie goed genoeg om hom deur te voer na die eindronde nie. Foto: Getty Images
Shaun Maswanganyi reageer nadat hy aan die 200 m-halfeindronde deelgeneem het. Sy vierde plek en tyd van 20.18 is nie goed genoeg om hom deur te voer na die eindronde nie. Foto: Getty Images

2021-08-03 21:16:24

Hou dié Suid-Afrikaners Woensdag dop:

02:05: Atletiek: Mans, spiesgooi, kwalifisering – Rocco van Rooyen.

02:00: Skaatsplankry: Vroue, kwalifisering – Melissa Williams (eindronde om 05:30).

08:30: Baanfietsry: Mans, naelry, kwalifisering – Johan Spies.

09:10: Baanfietsry: Vroue, naelry, eerste ronde – Charlene du Preez.

10:00: Sportklim: Vroue, kwalifisering – Erin Sterkenburg.

23:30: Oopwaterswem: Mans 10 km – Michael McGlynn.

2021-08-03 21:11:36

2021-08-03 21:10:35

2021-08-03 19:24:20Covid-19 boender sierswemmers uit Spele

Griekeland moes hom noodgedwonge aan die sierswem-kompetisie in die Olimpiese Spele in Tokio onttrek nadat vier spanlede positief vir die koronavirus getoets is. Die eerste sierswemmer is Maandag positief getoets, waarna nog drie positiewe toetse Dinsdag gevolg het. Gevolglik is die hele span in kwarantyn geplaas.

2021-08-03 16:06:09

KYK WEER ...

Herleef ElaineThompson-Herah se goue oomblik in die 200 m-eindronde.

2021-08-03 15:20:21PAALSPRING

So naby!ArmandDuplantis stamp die dwarslat twee keer af nadat dit oombliklik gelyk het of hy dalk op ’n hoogte van 6,19 m kan oorseil, met nog ’n poging wat hy verbrou. Dis allesverby in Tokio. Hy sal steeds met die goue medalje in die sakkie huiswaarts mik.

2021-08-03 15:05:55

PAALSPRING

Hy is diewêreldrekordhouer en nou ook die Olimpiese kampioen. Armand Duplantis lewer dieperfekte vertoning in die paalspring nadat hy suksesvol is met elkeen van sypogings op pad na sy goue medalje. Hy seil oor die dwarslat op ’n hoogte van6,02 m, met die Amerikaner Christopher Nilsen wat silwer vat nadat hy op 5,97slaag, maar met al drie sy pogings op 6,02 tekortskiet.MaarDuplantis is nog nie klaar nie. Hy vra dat die dwarslat op ’n hoogte van6,19 gestel word.

2021-08-03 14:58:31

200 M

Dubbele dubbel vir Jamaika se naelloop-koningin!

ElaineThompson-Herah word die eerste vrou in die geskiedenis wat die “dubbele dubbel”(goud in die 100 m en 200 m by twee agtereenvolgende Spele) verseker, deur in die Tokio-eindronde van die 200 m met ‘nnuwe Jamaikaanse rekord van 21.53 sekondes te seëvier. Namibië se sensasionele Christine Mboma verower silwer in ’nnuwe o.20-wêreldrekord van 21.81, terwyl Amerika se Gabrielle Thomas brons vatin 21.87.

2021-08-03 14:54:55

2021-08-03 14:37:24GEWIGSTOOT

KyleBlignaut sal Suid-Afrika se vlag in die eindronde wapper. Sy afstand van20,97 m met sy tweede poging is genoeg om hom tot in die eindronde van diegewigstoot te kry.Hy behaaltydens die kwalifiseringsronde die algehele agtste beste afstand uit die 31 deelnemers.

(Foto: Getty Images)

2021-08-03 14:36:13

800 M

Die wedloopvan die twee tieners!DieAmerikaanse tiener Athing Mu verower goud in die vroue se 800 m in ’n nuwenasionale rekord van 1:55.21, terwyl die Brit en ook ’n 19-jarige KeelyHodgkinson silwer vat in ’n Britse rekord van 1:55.88.

2021-08-03 14:30:29GEWIGSTOOT

KyleBlignaut open sy rekening met 20,30 m in Groep B se kwalifiseringsronde, reeds1 cm verder as wat Jason van Rooyen kon vermag tydens sy vertoning in Groep A.Met sy tweede poging gaan hy selfs verder met 20,97 m.

Met diegenewat 21,20 m of beter aanteken wat outomaties kwalifiseer, rus die onus by diedaaropvolgende bestes om die res van die 12 deelnemers aan die eindronde op temaak.

Blignaut sepoging in die tweede ronde plaas hom tans algeheel in die agtste plek uit albeigroepe.

Kan hy beter vaar met sy derde en laaste poging, of gaan dié afstandgenoeg wees om hom deur te sien?

DieSuid-Afrikaans-gebore Zane Weir, wat nou onder Italië se vaandel deelneem,teken 21,25 m aan met sy tweede poging om die eindronde te haal, terwyl diewêreldrekordhouer, Ryan Crouser van die VSA, net een gooi benodig vir symerkwaardige afstand van 22,05 m om outomaties vir dié item se eindronde tekwalifiseer.

2021-08-03 14:11:42

ATLETIEK

Die 20-jarige Shaun Maswanganyi begin sy halfeind uitstekend, maar sak teen die einde uit. Sy vierde plek en tyd van 20.18 is nie goed genoeg om hom deur te voer na die eindronde nie, sodat Suid-Afrika dit droëbek sal meemaak.

Die goeie nuus, met die oog op die toekoms, is dat die jongeling nie geskrik het vir die groot honde in sy halfeind nie, en vir goed 170 m baie netjies bygehou het. Teen 2024 kan hy dalk net 'n atleet wees om baie fyn dop te hou.

Die halfeind word gewen deur die Kanadees Andre de Grasse, met 'n uitmuntende tyd van 19.72. Kenneth Bednarek van Amerika lyk ook baie goed en hardloop 'n 19.83.

Foto: Shaun Maswanganyi (Gallo Images)

2021-08-03 14:06:11

ATLETIEK

Clarence Munyai het ook nie genoeg in sy bene om die halfeindronde van die 200 m te haal nie. Die Pretorianer sak uit tot sesde in die tweede halfeind, met 'n tyd van 20.49. Dis sy beste tyd van die seisoen, maar nie naastenby goed genoeg om hom verder te voer nie.

Nou is al SA se hoop vir 'n verteenwoordiger in die eindronde op die jong skouers van Shaun Maswanganyi.

Al drie die vinnigste mans in die tweede halfeindronde – Kanada se Aaron Brown, Liberië se Joseph Fahnbulleh en die Amerikaner Noah Lyles – stel 19.99 op.

Foto: Clarence Munyai (Gallo Images)

2021-08-03 13:54:22

ATLETIEK

Anaso Jobodwana is nooit in die prentjie in die eerste halfeindronde van die 200 m nie, en eindig laaste. Die 29-jarige, wat nie in die maande voor die Spele die Olimpiese kwalifiseringsvereiste kon oortref nie en op grond van sy ranglysposisie Spele toe is, stel 'n teleurstellende tyd van 20.88 op.

Die 17-jarige Erriyon Knighton van Amerika skop bolle stof in die res se oë en wen die halfeind in 20.02.

Foto: Anaso Jobodwana (Gallo Images)

2021-08-03 13:48:31PAALSPRING

Die Sweeden wêreldrekordhouer Armand Duplantis lê tans in die gesamentlike voorste plekin die eindronde nadat hy op 5,80 m met sy eersteprobeerslag suksesvol oor die dwarslat seil.

DieFransman Renaud Lavillenie, wat op 5,70 m suksesvol was, besluit om dié hoogteoor te slaan.

Die GriekEmmanouil Karalis ewenaar sy persoonlike beste nadat hy ook op 5,80 m slaag,terwyl die Pool Piotr Lisek ook op die hoogte suksesvol is nadat hy met syeerste poging op 5,70 m misluk het.

KC Lightfoot van Amerika is ook so ver nog met elk van sy eerste pogings oor die dwarslat.

2021-08-03 13:43:01

ATLETIEK

Mashele verloor stoom

PreciousMashele sit ’n vegtersbeurt vir Suid-Afrika in die 5 000 m in en vir groot delevan die wedloop lei hy van voor en maak seker dat die tweede uitdun se pasaansienlik vinniger as dié van die eerste is.

Eindelikkom dié taktiek hom duur te staan en raak sy stoom op met sowat vyfrondes oor. Hy eindig 15de in 13:48.25 en sal nie na die eindronde deurdring nie.

MohamedKatir van Spanje is hier die vinnigste in 13:30.10, met Joshua Cheptegei vanUganda vyfde in 13:30.61. Hy vorder ook sonder probleme deur.

NicholasKipkorir van Kenia eindig voor in die eerste uitdun in 13:38.87, met Kanada seMohammed Ahmed naasbeste en op sy hakke in 13:38.96.– Wim Pretorius

2021-08-03 13:37:19

GEWIGSTOOT

Nieu-Seelandse Tomas Walsh se versoek word vir die tweede keer goedgekeur en hy word ’nafstand van 21,49 m toegeken – die voorste van Groep A se kwalifisering. Hygaan eindronde toe. Moenie verbaas wees as ’n nuwe stel beamptes vir Groep Bse kwalifisering nader gehark word nie.

(Foto: Getty Images)

2021-08-03 13:30:36

SPORTKLIM

Klim, Christopher, klim!

So vorder Christopher Crosser tot dusver in die gekombineerde sportklim-kompetisie.

2021-08-03 13:22:00

2021-08-03 13:20:27GEWIGSTOOT

Jason vanRooyen teken sy beste van die dag aan met sy derde en laaste poging van Groep Ase kwalifisering. Hy laat die maatband rek tot 20,29 m, maar dis net goedgenoeg vir die negende plek in dié groep.

Met net die voorste 12 deelnemerstussen groep A en B wat deurgaan, is dit onwaarskynlik dat hy in die eindrondein aksie sal wees.

Egipte seMostafa Hassan word die tweede atleet wat die outomatiese vereistes haal met sygooi van 21,23 m in die derde ronde.

NadatNieu-Seeland se Tomas Walsh se tweede gooi hersien is, word hy wel ’n afstandvan 20,38 m toegeken en bokspring nege deelnemers tot in die sewende plek vanGroep A. Sy derde poging was weer nie wettig nie en hy sluit in die agtste plekaf, maar vra die beamptes om weer hul beslissing te hersien. Daar word nougewag vir die uitkomste. – Wim Pretorius

2021-08-03 13:01:49

2021-08-03 12:58:59GEWIGSTOOT

Jason vanRooyen verbeter drasties op sy poging in die eerste ronde met ’n afstand van20,06 m met sy tweede gooi. Dit is egter steeds in dié stadium net goed genoegvir die 10de plek in Groep A se kwalifisering.Brasilië seDarlan Romani gaan ook verder met 21,31 m en bespreek gevolglik sy outomatieseplek in die eindronde.Daar isegter kommer oor die Nieu-Seelander Tomas Walsh, 2017 se wêreldkampioen, wat nátwee rondes nog ’n wettige gooi moet aanteken.

2021-08-03 12:55:05110 M-HEKKIES

AntonioAlkana se Spele-aanslag is iets van die verlede nadat hy net ’n sesde plek indie uitdunne van die 110 m-hekkies behaal in 13.55.

Hy is ongelukkig om nie aseen van die vier “vinnigste verloorders” sy plek in die halfeindronde tebespreek nie. Sy tyd was ook ’n seisoensbeste.

Diegunsteling in dié nommer, Amerika se Grant Holloway, met sy reaksietyd van0.127 in die derde uitdun, het sy voorneme vroeg duidelik gemaak in 13.02sekondes, die algehele vinnigste tyd van dié ronde.

DieJamaikaan en Statebondkampioen Ronald Levy is ook gemaklik deur na diehalfeindronde met sy eerste plek in die eerste uitdun in 13.17, terwyl die Rusen 2015 se wêreldkampioen, Sergey Shubenkov, nooit aangetree het vir sy wedloopnie. Net so het nog ’n potensiële medalje-aanspraakmaker, Orlando Ortega vanSpanje, ook nie aangetree nie. – Wim Pretorius

2021-08-03 12:44:19GEWIGSTOOT

Ná dieeerste ronde van gooie in Groep A van die gewigstoot se kwalifisering, bevindJason van Rooyen hom in die 11de plek met ’n afstand van 18,92 m. Hy kort 21,20 m om outomaties deur te dring na die eindronde, anders moet hy minstens onder dievoorste 12 tel indien hy verder wil vorder.

Geen vandie atlete kon met hul eerste poging die outomatiese merk haal nie.

Brasiliëse Darlan Romani beklee tans die voorste plek met 21,00 m.Suid-Afrikase Kyle Blignaut is in Groep B ingedeel en neem eers later deel.

2021-08-03 12:40:54Baanbreker Karsten het geen perke

Dit sal ongetwyfeld in atletiek en die Olimpiese Spele se geskiedenisboeke opgeteken word as een van die beste wedlope tot nog toe.

Karsten Warholm het die wêreld Dinsdag verstom toe hy sy eie wêreldrekord in die eindronde van die 400 m-hekkies vermorsel het onderweg na ’n haas ongelooflike wentyd van 45.94 sekondes. Dié Noorse superster is die eerste atleet wat deur die 46 sekonde-grens in dié nommer gebars het.

Maar wat dié wedloop in Tokio amper fabelagtig gemaak het, is die tye wat die silwer- en bronsmedaljewenners aangeteken het. Amerika se Rai Benjamin was tweede in 46.17 en Brasilië Alison dos Santos derde in 46.72.

Die 25-jarige Warholm het vroeër vanjaar in Oslo, in sy eerste wedloop van die seisoen, die bykans 29 jaar oue wêreldrekord van Kevin Young (46.78) oortref met ’n tyd van 46.70. Nou is Young se tyd wat vir so lank onbereikbaar gelyk het, skielik in een wedloop deur drié atlete geklop!

Lees die volledige berig hier.2021-08-03 12:30:01ATLETIEK

Die Suid-Afrikaner Antonio Alkana sal om 12:42 vir die vyfde uitdun van die 110 m-hekkies aantree. Die paalspringkompetisie vir mans is ook nou aan die gang. Hou die uitdunne dop op SuperSport se kanaal 202 (Olympics 1).

2021-08-03 12:06:20

Hou dié Suid-Afrikaners dop.2021-08-03 12:02:27

GIMNASTIEK

Die Amerikaner Simone Biles sluit haar Spele met 'n groot glimlag af. Nadat sy haar vroeër weens geestesgesondheidsprobleme aan verskeie items onttrek het, wen sy 'n bronsmedalje in die balanseerbalk-kompetisie.

Die goue medalje behoort aan Guan Chenchen van China, terwyl haar landgenoot Tang Xijing silwer wen.

Kyk hier na haar roetine op die balanseerbalk.2021-08-03 11:55:32ATLETIEKMihambo lewer goue laaste sprong

Die wêreldkampioen in verspring, Malaika Mihambo, spog nou ook met ’n Olimpiese goue medalje.

Dié Duitser, wie se pa ’n Tanzaniër van geboorte is, het met haar heel laaste sprong ’n wenafstand van 7,00 m behaal. Dit was Duitsland se eerste goue medalje in vanjaar se Olimpiese atletiek-kompetisie.

Mihambo het die Amerikaner Brittney Reese en Nigeriër Ese Brume met dié doodsnik-poging tot onderskeidelik die silwer- en bronsmedalje gerelegeer.

Reese en Brume se beste pogings was albei 6,97 m, maar omdat die Amerikaner se naasbeste sprong 6,95 m was teenoor Brume se 6,90, is die silwermedalje aan haar toegeken.

Mihambo het in 2019 by die Wêreldkampioenskap in Doha goud met ’n sprong van 7,30 m verower. – Reuters, Sportredaksie

2021-08-03 11:40:38

SPORTKLIM

Christopher Cosser is die eerste Suid-Afrikaanse man wat sy land in sportklim by die Spele verteenwoordig. Hy eindig negende in die spoedklim-afdeling, met nog twee afdelings wat beslis moet word in die kwalifiseringsronde van die gekombineerde sportklim-kompetisie.2021-08-03 11:17:01

2021-08-03 11:14:48

So het Wayde van Niekerk op Twitter gereageer nadat hy Maandag in die halfeindronde van die 400 m vasgeval het.2021-08-03 10:32:59

HET JY GEWEET?

Die kwalifiseringsronde van gekombineerde sportklim het met die spoedklim-afdeling vir mans begin. Dit sal 'n blitsige Olimpiese item wees – die wêreldrekord is 5.20 sekondes.

2021-08-03 10:25:10

ATLETIEK

Die vroue-verspringers is nou besig om sake in die eindronde uit te spook. Hou die aksie op SuperSport se kanaal 202 (Olympics 1) dop.

2021-08-03 10:19:07

2021-08-03 10:09:39

Trans-atleet maak geskiedenis, maar misluk in gewigoptel

Die transgender gewigopteller Laurel Hubbard het Maandag Olimpiese geskiedenis gemaak, maar dié Nieu-Seelander het misluk met al drie haar pogings en is ná die eerste ronde van die 87+ kg-swaargewigafdeling uitgeboender.

Die 43-jarige Hubbard is die eerste openlik transgender atleet wat aan die Spele deelneem.

Hubbard, wat as ’n man deelgeneem voordat sy in 2013 haar geslagsverandering voltooi het, sê: “Ek weet ek het vanuit ’n sport-oogpunt nie die standaarde behaal wat ek van myself eis en wat my land van my verwag het nie.

“Maar ek is oneindig dankbaar vir die ondersteuning wat ek van die Nieu-Seelandse mense ontvang het."

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL HIER2021-08-03 09:15:37

Jobodwana wil sy kans in 200 m laat tel

Vyf weke gelede was Anaso Jobodwana ’n teleurgestelde man. Sy pogings om ’n kwalifiserende tyd vir die Olimpiese Spele op te stel, was vrugteloos en sy droom van ’n derde Spele daarmee heen.

Maar toe kry hy ’n verrassing met die aankondiging van die laaste groep Suid-Afrikaners wat na Tokio sou gaan.

Jobodwana het in die eerste uitdun van die 200 m derde geëindig met ’n tyd van 20.78 sekondes, en was een van die drie Suid-Afrikaners wat Dinsdagoggend hul plek in die halfeindronde bespreek het.

Die halfeindronde van dié item is reeds vanmiddag (SA tyd).

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL2021-08-03 09:04:51

Djokovic moet beter voorbeeld stel, sê Nadal

Die Spaanse tennisster Rafael Nadal is krities teenoor Novak Djokovic vir sy “vreemde gedrag” by die Olimpiese Spele in Tokio en doen ’n beroep op sy groot teenstander om ’n beter rolmodel te wees.

Die wêreld se voorste speler het bietjie van ’n inploffing beleef in sy bronsmedaljewedstryd teen Pablo Carreno Busta deur een van sy rakette in die leë paviljoen in te slinger en ’n ander een stukkend te slaan.

Nadal doen ’n beroep op Djokovic om deurlopend bewus te wees van die voorbeeld wat hy stel.

“Gelukkig was daar niemand in die paviljoen nie en niks anders het gebeur nie. Dit is vreemd dat iemand wat soveel sukses geniet af en toe op daardie wyse optree, maar hy is immers ’n uiters mededingende mens.”

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL2021-08-03 08:29:17

2021-08-03 07:26:30

2021-08-03 07:24:14

2021-08-03 07:18:29

2021-08-03 07:16:38

2021-08-03 06:58:16

Nog iemand wat moontlik gevra sal word om Leotlela se skoene in die aflos vol te staan, is die 20-jarige Soweto-boorling Shaun Maswanganyi.

Die jongeling, wat aan die Universiteit van Houston studeer en vanjaar in universiteite-kompetisies daar die oë in die 100 m en 200 m laat rek het, het saam met Jobodwana en Clarence Munyai verseker dat Suid-Afrika vir die eerste keer ooit drie verteenwoordigers in die Olimpiese halfeindronde van die 200 m het.

Saterdag was hy terloops ook deel van 'n geskiedkundige oomblik in die 100 m, toe hy, Akani Simbine en Leotlela verseker het dat SA vir die eerste keer ooit 'n drietal in die halfeindronde daarvan het.

Maswanganyi kon nie die 100 m-halfeind oorleef nie, ná 'n teleurstellende tyd van 10.10, maar sê hy het nou die senuagtigheid afgeskud wat hom toe gepootjie het.

"Daardie bewerasies is weg, so nou kan ek net fokus op my uitvoering in die 200. Ek is tevrede met hoe ek die voortou (in die uitdun) geneem het en die spoed wat ek gehad het. Nou kyk ek vorentoe na die halfeind," het hy gesê.

(Foto: Anton Geyser/SASPA/SASI)

2021-08-03 06:50:52

Jobodwana kan moontlik nou 'n groter rol in die 4x100 m-aflos speel as wat vooraf verwag is, nadat Gift Leotlela se Spele beëindig is deur die dyspierbesering wat hy in Sondag se 100 m-halfeindronde opgedoen het.

Leotlela het Maandag getwiet dat sy Spele verby is, en sy dankbaarheid uitgespreek vir al die ondersteuning wat hy gekry het.

2021-08-03 06:35:47

Anaso Jobodwana het nooit die kwalifiseringsvereiste vir hierdie Olimpiese Spele oortref nie, maar is op grond van sy wêreldranglysposisie ingesluit in Span Suid-Afrika. Vanoggend het hy daardie onverwagte geleentheid om in Tokio te wees ten volle benut deur vir die halfeindronde van die 200 m te kwalifiseer.

Jobodwana het gesê: "Ek het by my vorige Spele (in 2016 in Rio de Janeiro) in die eerste ronde uitgeval, en 'n mens is net so goed soos jou laaste Olimpiese Spele. Nou het ek niks om oor te kla nie – ek is by die Olimpiese Spele nadat ek 'n reddingsboei gekry het, so ek moet die meeste van die geleentheid maak.

"Sielkundig voel ek goed. Fisiek kan ek beter, ná 'n taai seisoen, maar ek het volle vertroue dat ek van hier af net beter kan raak. Ek het die werk ingesit, nou moet alles net bymekaar kom."

Foto: Anaso Jobodwana (tweede van links) laat waai in die eerste uitdun van die 200 m by die Olimpiese Spele in Tokio. (Foto: Getty Images)

2021-08-03 06:10:03

2021-08-03 06:07:36

2021-08-03 06:06:33

2021-08-03 05:42:36

Meer oor die 400-hekkies. . . 2021-08-03 05:41:10

Oë rek oor die sukses van die Filippyne, met die goue medaljes wat Dinsdag vir dié nasie inrol ná 'n lang wendroogte by die Olimpiese Spele.2021-08-03 05:36:25

2021-08-03 05:29:23

2021-08-03 05:27:07

WÊRELDREKORD IN DIE 400 M-HEKKIES VIR MANS!

Noorweë se Karsten Warholm en die Amerikaner Rai Benjamin oortref albei die vorige wêreldrekord van 46.70 sekondes terwyl hulle mekaar absoluut gaar hardloop.

Warholm, die wêreldrekordhouer aan die begin van die wedloop, is dit steeds nadat 'n tyd van 45.94 nodig is om Benjamin te oorwin. Ook die Amerikaner (46.17) oortref die ou wêreldkerf lag-lag.

Asof dit nie genoeg is nie, verower die Brasiliaan Alison dos Santos brons met 'n tyd van 46.72 – net 'n aks stadiger as die ou rekord.

(Foto: Reuters)

2021-08-03 05:05:54

2021-08-03 05:05:18

ATLETIEK

Clarence Munyai eindig vierde in die laaste uitdun van die 200 m, met 'n seisoenbeste tyd van 20.49. Dis goed genoeg om hom in die halfeindronde te kry.

Net die top-drie in elke uitdun kwalifiseer outomaties. Dis waarom Anaso Jobodwana en Shaun Maswanganyi sonder kommer oor hul kwalifikasie van die baan kon stap. Munyai moet 'n bietjie langer wag vir duidelikheid oor sy situasie, maar dring tog deur as een van die vinnigste drie wat in hul uitdunne buite die top-drie geëindig het.

(Foto: Getty Images)

2021-08-03 04:51:55

2021-08-03 04:49:29

2021-08-03 04:29:49

2021-08-03 04:19:57

ATLETIEK

Ook Shaun Maswanganyi bespreek sy plek in die 200 m se halfeindronde.

Maswanganyi, wat net 20 jaar oud is, eindig tweede in die tweede uitdun, met 'n tyd van 20.58. Die jongeling kan nou daarmee spog dat hy by sy eerste Olimpiese Spele twee halfeindrondes gehaal het.

(Foto: Getty Images)

2021-08-03 04:16:56

ATLETIEK

Die blits Anaso Jobodwana dring deur na die halfeindronde van die 200 m by die Olimpiese Spele, met 'n tyd van 20.78 sekondes.

(Foto: Gallo Images)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM