Dit is dag 15 van die Tokio-Spele.
Gerda Steyn het 'n vyftiende plek behaal in 'n uitmergelende vroue-marathon in Sapporo, terwyl Irvette van Zyl rondom die halfpadmerk uitgetree het. Goud en silwer is verower deur Kenia, en brons deur 'n Amerikaner in net die derde marathon van haar lewe.
Daar is Saterdag 33 goue medaljes op die spel - sewe daarvan in atletiek.
https://www.netwerk24.com/Sport/Olimpiese-Spele/hou-die-suid-afrikaners-die-naweek-dop-20210806
• Hou dié Suid-Afrikaners die naweek dop

https://www.netwerk24.com/Sport/Olimpiese-Spele/hou-die-suid-afrikaners-die-naweek-dop-20210806
LEES OOK:
• ‘Ons het Wayde gemis in aflos'
2021-08-07 15:23:37
Nederland se Sifan Hassan het Saterdag haar tweede titel enderde medalje van vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio verower.
Sy het die 10 000 m vir vroue in ’n tyd van 29:55.32 gewen.
Hassan (28) het goud in die 5 000 en brons in die 1500m gewen

2021-08-07 13:54:52
SA mans mik vir medaljes in marathon
’n Kwarteeu nadat Penny Heyns in 1996 Suid-Afrika se eerste Olimpiese kampioen ná sportisolasie geword het, het een van haar landgenote uiteindelik verlede week in haar voetspore gevolg.
Nou is die vraag: kan weerlig twee keer slaan in Tokio? Kan Suid-Afrika dalk Sondagoggend ná 25 jaar weer jubel oor ’n marathon-kampioen, soos toe Josia Thugwane in 1996 die tweede Suid-Afrikaanse gouemedalje-wenner van daardie jaar se Spele was?
Thugwane self glo so. Hy het verlede week gesê hy sal Sondagoggend ’n fyn oog hou op veral Stephen Mokoka, die 36-jarige Pretorianer wat vanjaar sy derde agtereenvolgende Spele meemaak en twee jaar gelede vyfde in die marathon van die 2019-wêreldkampioenskap was.

Lees die volledige artikel hier2021-08-07 13:33:30
Suid-Afrika se Dominique Scott voltooi die 10 000 m in uiters warm en ongemaklike toestande in Tokio. Sy eindig 20ste uit 29 atlete wat die wedloop begin het.

2021-08-07 13:08:53
2021-08-07 11:55:10
2021-08-07 11:27:30
2021-08-07 10:52:06
2021-08-07 10:20:09
2021-08-07 09:48:07
2021-08-07 08:59:17
2021-08-07 08:57:01
2021-08-07 02:40:44
Dis merkwaardig dat Gerda Steyn steeds genoeg in die tenk gehad het om met 'n glimlag oor die eindstreep te hardloop. Onthou dat hierdie vrou net sewe jaar gelede besluit het om 'n lewe uit haar aanleg vir langafstand-wedlope te maak - en nou 'n Comrades-kampioen, 'n Twee Oseane-kampioen en 'n Olimpiër is.
Foto: Getty Images

2021-08-07 02:36:45
Vanselfsprekend het ons wat in 'n Suid-Afrikaanse winter geen idee waardeur die vroue in die Olimpiese marathon vanoggend gegaan het nie. Daardie hitte en humiditeit is vir ons ondenkbaar op hierdie Augustus-oggend.
Die vroue op die teer moes egter hul alles gee om die omstandighede te bowe te kom. Kyungsun Choi van Suid-Korea, wat 34ste was, het soveel energie verbrand dat sy anderkant die eindstreep met 'n rolstoel weggeneem is.
Foto: Getty Images

2021-08-07 02:31:33Roza Dereje van Ethiopië soen die teer nadat sy vierde in die Olimpiese marathon geëindig het. Foto: Getty Images

2021-08-07 02:26:01Die nuwe Olimpiese kampioen, Peres Jepchirchir (regs) wens Amerika se Molly Seidel geluk met haar derde plek in die marathon. Foto: AP

2021-08-07 02:20:59
Welgedaan, Gerda Steyn!2021-08-07 02:14:59
2021-08-07 02:14:00
2021-08-07 02:12:56
Die 27-jarige Molly Seidel het Saterdagoggend derde geëindig om Amerika se derde medalje in die geskienis van die vroue-marathon te wen.
Brons is nie presies die droom wat sy as 'n klein dogtertjie opgeskryf het nie, maar sal voel soos goud, na net die derde marathon van haar lewe.
2021-08-07 02:07:46
2021-08-07 02:05:45
2021-08-07 02:03:22
2021-08-07 01:58:26
2021-08-07 01:52:38
Suid-Afrika se Gerda Steyn eindig 15de in haar eerste Olimpiese marathon. Dis 'n uitstekende vertoning in uiters uitdagende omstandighede: humiditeit bo 80% en temperature naby aan 30ºC.
Steyn hardloop vier minute en 50 sekondes na Jepchirchir oor die eindstreep.
Suid-Afrika se ander verteenwoordiger, Irvette van Zyl, onttrek net na die halfpadmerk.
Foto: Reuters

2021-08-07 01:43:45
VROUE-MARATHON:
Na 42,2 kilometer van pure hel hardloop die Keniaan Peres Jepchirchir Saterdagoggend eerste oor die eindstreep van die Olimpiese marathon vir vroue, met 'n wentyd van 2 uur, 27 minute en 20 sekondes.
Jepchirchir verslaan haar landgenoot, die wêreldrekordhouer Brigid Kosgei, wat nie kan byhou toe die uiteindelike kampioen sowat twee kilometer van die einde van haar wegbreek nie. Kosgei eindig 16 sekondes na Jepchirchir vir silwer.
Die Amerikaner Molly Seidel verower brons in net die derde marathon van haar lewe. Sy maak 10 sekondes na Kosgei klaar.
Foto: Reuters





















