Chad le Clos eindig op dag 5 van die Tokio-Spele vyfde in die eindronde van die 200m-vlinderslag nadat hy vir die eerste keer hierdie week onder die 1:55-kerf gegaan het. Ashleigh Moolman-Pasio sluit haar Olimpiese loopbaan af met haar beste uitslag tot nog toe in die tydtoets (8ste). Die Blitsbokke klop Amerika om vyfde in die sewestoernooi te eindig en die silwermedaljewenner Tatjana Schoenmaker sorg vir nog 'n Olimpiese rekord in die uitdunne van die 200m-borsslag.
KYK WEER:
• Tatjana laat spat nóg 'n Olimpiese rekord

LEES OOK:
• Spelebase loop deur oor vermorsing van kos
• Coe: ‘Russe mag nie kla oor net 10 atlete by Tokio-Spele'
• Britte huil van vreugde ná swemglorie
2021-07-28 19:26:38
Hou dié Suid-Afrikaners Donderdag dop
00:30: Gholf: Eerste ronde, houespel: Garrick Higgo, Christiaan Bezuidenhout.
03:00: Fietsry: BMX, mans, kwarteindronde: Alex Limberg.
03:00: Waterpolo: Mans, Groep A: SA t. Hongarye.
04:45: Hokkie: Mans, Groep B: SA t. Duitsland.
04:54: Swem: Vroue, 200-borsslag, halfeindronde 1 – Kaylene Corbett.
05:01: Swem: Vroue, 200-borsslag, halfeindronde 2 – Tatjana Schoenmaker.
05:05: Seiljagvaart: Mans, Skiff 49er – Alex Burger, Benjamin Daniel.
05:14: Swem: Mans, 200- individuele wisselslag, halfeindronde 2 – Matthew Sates.
07:35: Seilvaart: Mans, Finn – Leo Davis.
12:54: Swem: Mans, 100-vlinderslag, uitdunne: Matthew Sates.
12:56: Swem: Mans, 100-vlinderslag, uitdunne: Chad le Clos.
2021-07-28 19:23:21
2021-07-28 18:20:49
GIMNASTIEK
'n Jong ster om dop te hou.
2021-07-28 18:17:18
Corbett gaan ‘ruk en rol’
Kaylene Corbett was een van ’n rits Suid-Afrikaners wat in die vyfde aandsessie van die Olimpiese swemprogram nuwe hoogtes bereik het, met ’n vertoning wat haar nie net in die halfeindronde gekry het nie, maar ook van ’n goeie baan daarin verseker het.
Net drie vroue – onder wie haar goeie vriendin en mede-Pretorianer Tatjana Schoenmaker, wat almal anders oorskadu het met ’n amperse wêreldrekord – kon in die uitdunne vinniger as Corbett swem.
“Ek het twee moeilike jare gehad, want ek kon nie weer naby my persoonlike beste kom nie en het so nou en dan nogal ontmoedig geraak daaroor,” het Corbett gesê.
“Nou is ek net so dankbaar. My enigste doelwit was om ’n nuwe beste tyd op te stel . . . maar toe gee God my soveel meer as waarvoor ek durf hoop het.
“My stoutste verwagtinge is reeds oortref deur wat ek hier beleef het, so van hier af gaan ek net pret in die swembad hê – net ‘ruk en rol’.”

LEES MEER2021-07-28 17:59:10
UIT DIE SPELE-ARGIEF
Rafael Nadal is nie vanjaar by die Olimpiese Spele nie, maar dié Spanjaard spog met twee goue medaljes – ’n enkelspeltitel in 2008 in Beijing en een in die dubbelspel in 2016 in Rio de Janeiro, waar hy ook Spanje se vlagdraer was.
Nadal het hom vroeër aan Wimbledon en die Olimpiese Spele onttrek in ’n poging om sy tennisloopbaan te probeer verleng.
2021-07-28 17:21:35
AS JY DIE VROUEHOKKIE MISGELOOP HET . . .
Ofskoon Nederland die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan Woensdag met 5-0 by die Olimpiese Spele geklop het, sal die wêreldkampioen bekommerd wees oor sy afronding met strafhoeke.
Nederland het altesaam 15 strafhoeke gehad, maar kon net twee keer welslae daarmee behaal.
Die Suid-Afrikaanse doelwagter, Phume Mbande, was op haar stukke en het haar 50ste wedstryd gevier met meestal uitstekende keerwerk.
LEES MEER2021-07-28 17:01:46
Amperse wêreldrekord vang Tatjana heel onkant
“Dit was eerlikwaar die beste resies wat ek nog ooit gehad het – verreweg.”
So het ’n oorstelpte Tatjana Schoenmaker in Tokio gejubel nadat sy nog ’n keer ’n Olimpiese uitdun gebruik het om ’n waarskuwingskoot af te vuur – en dié keer luid genoeg om oortromme te bars.
Die 24-jarige Pretorianer is nou die eienaar van die naasbeste tyd tot nog toe in die 200 m-borsslag vir vroue nadat sy Woensdag ’n skrale vyf honderdstes van ’n sekonde stadiger as die wêreldrekord was. Haar tyd van 2 minute en 19.16 sekondes is ’n nuwe Olimpiese rekord en net minder as ’n sekonde vinniger as haar vorige Afrika-rekord.
“Ek het my beste tyd vandag met nog ’n sekonde verminder, so ek is baie, baie gelukkig,” het Schoenmaker, wat so oorstelp was toe sy haar tyd sien dat sy tranerig geraak het, gesê.
“Ek het my afrigter in ’n stadium gehoor skree, en gedink: ‘Wat nou, gaan ek te stadig?’ ” het sy gelag.

LEES MEER2021-07-28 16:46:28
Penny: Tatjana ’n voorbeeld vir jonges
“Ek is baie trots (op Tatjana),” het Penny Heyns, ’n dubbele Olimpiese kampioen in 1996, aan die internasionale swemliggaam (Fina) se amptelike webblad gesê nadat haar jong landgenoot in die 100 m-borsslag silwer gewen het.
“Ek is om die waarheid te sê baie emosioneel – en dis iets wat ek nooit met my eie renne gevoel het nie,” sê sy. “Die trots is nie net oor Tatjana se vertonings nie, dis ook vir die mens wat sy is. Haar sportgees is merkwaardig. Sy is ’n baie goeie voorbeeld vir jong swemmers om te volg.”
Heyns, wat in 1996 in Atlanta Olimpiese goud in die 100 m- en 200 m-borsslag gewen het, sê sy het Schoenmaker jare gelede by ’n Afrika-kompetisie vir die eerste keer gesien swem en vir almal vertel die opkomende borsslag-swemmer het ’n briljante toekoms voor haar.

LEES MEER 2021-07-28 15:58:23
SOKKER
Die deelname van die Suid-Afrikaanse sokkerspan aan die Olimpiese Spele in Tokio het op ’n teleurstellende noot geëindig.
Mexiko het Suid-Afrika Woensdag in die laaste Groep A-wedstryd in Sapporo oortuigend met 3-0 geklop.
LEES MEER2021-07-28 15:41:52
Wêreldrekord!
Zhiyong Shi (China) het 'n meesterlike vertoning in die 73kg-afdeling van die gewigoptel gelewer.
2021-07-28 15:00:36
KYK: Gerda Steyn slyp vir oulaas in Dubai voordat sy na Tokio vertrek.
Steyn oefen die afgelope vyf dae in Dubai en sê dit was van die begin af haar plan om haar voorbereiding in dié woestynstad af te sluit. Dubai is warmer as Tokio en die humiditeit is meestal 100%.
2021-07-28 14:47:36
Novak Djokovic het vroeër sy plek in die manskwarteindronde bespreek toe hy die Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina met 6-3, 6-1 geklop het. 2021-07-28 14:38:33Powell oor erge frustrasie om Blitse op TV te volg
Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, erken dit was bitter moeilik om sy span se wedstryde op die Olimpiese Spele vanuit ’n kwarantyn-gerief op die televisie dop te hou.
Hy is op 17 Julie met die nasionale sewesspan se aankoms in Kagosjima positief vir die koronavirus getoets. Dit het beteken dat Powell die grootste gedeelte van sy span se veldtog by die Spele misgeloop het.
Powell het onverwags sy verskyning langs die veld gemaak vir sy span se laaste wedstryd Woensdag in Tokio teen Amerika. ’n Beter verwelkoming kon hy seker nie gevra het nie. Suid-Afrika het Amerika met 28-7 geklop in die uitspeelstryd om die vyfde plek.
“Dit is moeilik. Dit is moeilik om van die ander kant op ’n TV te kyk. Ek het altyd gedink dit is moeilik om langs die veld te sit as ’n afrigter en so die wedstryd te kyk,” sê Powell.
“Maar dít is beslis die ergste. Jy kan niks verander of ’n boodskap stuur nie. So dit was baie moeilik en baie senutergend.”
(Foto: Gallo Images)

LEES MEER2021-07-28 13:53:54
Buhai onttrek aan Spele – alle hoop nou op SA mans
Suid-Afrika sal aanstaande week geen belang by die Olimpiese vrouegholfkompetisie hê nie nadat Ashleigh Buhai besluit het om nie daarvoor na Tokio te reis nie.
Buhai, die land se voorste vrouespeler, het op Facebook aangekondig die stygende aantal Covid-19-infeksies in Tokio en die Olimpiese Speledorp haar laat besluit het om weg te bly.

LEES MEER2021-07-28 13:49:04
Die vreugdevure brand hoog in Fidji.2021-07-28 13:38:09
SWEM
Afrika-rekord vir SA se 4x200-aflosvroue
Die SA aflosspan van Emma Chelius, Rebecca Meder, Dune Coetzee en Erin Gallagher kan wel nie kers vashou by die groot honde in hul uitdun nie en het sesde geëindig, maar hulle kan baie breed glimlag nadat hulle byna drie sekondes van die Afrika-rekord gesnoei het.
Drie van die vier (Chelius, Meder en Gallagher) was in die viertal wat in Februarie in Stellenbosch ‘n nuwe Afrika-rekord van 8:04.71 opgestel het. In Tokio verlaag hulle en Coetzee dit tot 8:01.56.
Die VSA wen hul uitdun in 7:47.57.
2021-07-28 13:24:36
SWEM
Veels geluk, liewe Matthew!
Die Pietermaritzburger Matthew Sates bederf homself op sy 18de verjaarsdag met die beste geskenk denkbaar: ‘n plek in die Olimpiese halfeindronde van die 200m-individuele wisselslag.
Die verjaardagseun se tyd van 1 minuut en 58.08 sekondes plaas hom net vyfde in sy uitdun, maar is genoeg om hom in die top-16 te kry, wat tot die halfeindronde deurdring. Hy teken die 15de vinnigste tyd aan. Die Amerikaner Michael Andrew (1:56.40) en Switserland se Jeremy Desplanches (1:56.89) gee die pas aan met sub-1:57-tye.
2021-07-28 13:21:37
24 uur later
Trots in Tokio . . . Bianca Buitendag pronk met die silwermedalje wat sy Dinsdag in die branderry-kompetisie gewen het.
2021-07-28 12:59:08
Genugtig! Nog ‘n Olimpiese en Afrika-rekord vir TatjanaSchoenmaker!
Die 24-jarige Pretorianer maak in die uitdunne van die 200m-borsslag die wêreldrekord skrik, en raak skoon tranerig toe sy haar tyd van 2minute en 19.16 sekondes sien. Geen wonder sy’s emosioneel nie – dis ‘n skralevyf honderdstes van ‘n sekonde stadiger as die wêreldrekord. En byna drie sekondesvinniger as die 2:22.10 waarmee die Amerikaner Lilly King die derde uitdungewen het vir die naasbeste tyd.
Net om dit nog soeter vir Suid-Afrika te maak, stel KayleneCorbett die vierde vinnigste tyd van die uitdunne op: ‘n 2:22.48. Corbett was baasin die tweede uitdun nadat sy die laaste helfte van die resies teen ‘nysingwekkende tempo afgelê het.
(Foto: Getty Images)

2021-07-28 12:40:36SWEMDie rugslagswemmer Martin Binedell was tweede in die eerste200m-uitdun, met ‘n tyd van 1:58.47. Die Rus Grigory Tarasevich het dié uitdun vergewen, in 1:56.82.Binedell se tyd was uiteindelik die 21ste vinnigste van al29 deelnemers. Hy was amper vier sekondes stadiger as die vinnigstekwalifiseerder, Brittanje se Luke Greenbank (1:54.63).2021-07-28 12:35:23Biles se stryd kan verandering meebring
Eers was dit Naomi Osaka, nou weke later ’n betraande Simone Biles.
Twee van die grootste name in vrouesport het in die openbaar onthul dat hulle met hul geestesgesondheid sukkel – en daar is diegene wat dink Biles en Osaka kan die katalisators vir verandering wees.
LEES MEER2021-07-28 12:23:32
SWEM
Die 22-jarige Erin Gallagher het tweede in haar uitdun in die 100m-vryslag geëindig, maar haar tyd van 54.75 was nie genoeg om haar in Donderdag se halfeindronde te kry nie. Sy was die 25ste vinnigste van 52 deelnemers.
Die Australiër Emma McKeon was die vinnigste met ‘n Olimpiese rekordtyd van 52.13.
2021-07-28 12:17:44
2021-07-28 12:00:52
SWEM
Die aandag verskuif na die swem, waar 'n paar Suid-Afrikaners in die uitdunne in aksie is.
12:02: Vroue 100 m-vryslag, uitdunne – Erin Gallagher.
12:25: Mans 200 m-rugslag, uitdunne – Martin Binedel.
12:35: Vroue 200 m-borssslag, uitdunne – Tatjana Schoenmaker, Kaylene Corbett.
13:17: Vroue 4x200 m-vryslag-aflos, uitdunne.
2021-07-28 11:55:28
2021-07-28 11:51:41
Ashleigh trots op haar vertoning in tydtoets
Die Suid-Afrikaanse fietsryer Ashleigh Moolman-Pasio sê sy is “tevrede en trots” nadat sy Woensdag ’n agtste plek behaal het in wat moontlik haar Olimpiese swanesang was.
(Foto: Getty Images)

LEES MEER2021-07-28 11:43:36
2021-07-28 11:23:53
2021-07-28 11:22:22
SEWESRUGBY
Fidji het die goue medalje gewen. Die Fidjiane het Nieu-Seeland in die eindstryd met 27-12 geklop. Fidji het ook by die Spele in 2016 die goue medalje gewen.
2021-07-28 11:19:50
SEWESRUGBY
Fidji het gaan druk. Die telling is nou 24-12 in die Fidjiane se guns.
2021-07-28 11:10:20
SEWESRUGBY
Dit is nou rustyd. Die telling is 19-12 in Fidji se guns.
2021-07-28 11:06:14
SEWESRUGBY
Die Kiwi's het hul eerste drie gedruk. Die telling is 12-5 in Fidji se guns.
2021-07-28 11:04:27
SEWESRUGBY
Daar druk die Fidjiane nou hul tweede drie. Die telling is 12-0.
2021-07-28 11:01:56
SEWESRUGBY
Fidji druk die eerste drie van die eindstryd.
2021-07-28 10:52:53
SEWESRUGBY
Dit is nou amper tyd vir die eindstryd. Fidji teen Nieu-Seeland. Wie dink jy gaan wen?
2021-07-28 10:49:20
SEWESRUGBY
Die Argentyne wen die bronsmedalje. Hulle het Brittanje met 17-12 geklop.
2021-07-28 10:47:12
SEWESRUGBY
Nou het die Argentyne weer gaan druk. Hulle is weer voor. Die telling is 17-12.
2021-07-28 10:45:37
SEWESRUGBY
Brittanje het nou gaan druk. Die telling is 12-elk.
2021-07-28 10:41:41
2021-07-28 10:31:03
Blitsbokke sluit op hoogtepunt af
Die Blitsbokke het hul veldtog by die Olimpiese Spele op ’n hoogtepunt afgesluit deur Amerika in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek te klop.
Suid-Afrika, met hul afrigter, Neil Powell, langs die veld, het Woensdag met 28-7 in Tokio gewen. Powell het die res van die toernooi misgeloop omdat hy in kwarantyn was omdat hy positief vir Covid-19 getoets is.
Justin Geduld het Woensdag die Blitsbokke se eerste drie gaan druk. Dit was nadat die Amerikaners balbesit oorheers het, maar nie veel daarmee kon uitrig nie, omdat die Suid-Afrikaners hulle met goeie verdediging in toom gehou het.
Kort daarna het Stephen Tomasin egter vir die VSA gaan druk. Twee punte is met ’n doelskop bygesit, wat die telling 7-elk gemaak het.
Oomblikke voor rustyd het Sako Makata onder die pale gaan druk. Met die doelskop oor, was die telling 14-7 in die Blitsbokke se guns teen rustyd.
Laat in die wedstryd het Kurt-Lee Arendse ook vir die Suid-Afrikaners gaan druk. In die doodsnikke het Stedman Gans sy span se vierde drie gaan druk.
Ander uitslag: Uitspeel om die sewende en agtste plek: Australië 26, Kanada 7.
2021-07-28 10:29:11
SEWESRUGBY
Volgende is dit Argentinië, wat gister die Blitsbokke se harte gebreek het, teen Brittanje in die bronsmedaljestryd.
2021-07-28 10:23:39
Vyfde plek vir die Blitsbokke
Suid-Afrika eindig vyfde in die sewestoernooi by Tokio 2020 nadat hy Amerika met 28-7 klop.
2021-07-28 10:10:27
Powell by Blitsbok-wedstryd
Neil Powell is langsdie veld vir die Blitsbokke se uitspeelwedstryd om die vyfde plek van die sewestoernooi teen Amerika.
2021-07-28 09:00:08
Biles ook uit individuele veelsydige kompetisie
Simone Biles, wat diegimnastiek-wêreld geskok het toe sy haar Dinsdag aan die spankompetisie onttrekhet, sal ook nie aan die individuele veelsydige kompetisie by die Tokio-Speledeelneem nie.
GimnastiekVSA het Woensdag in ‘n verklaring op Twitter gesê dié superster van die sportsal evalueer word om vas te stel of sy later aan die individueleapparate-kompetisie kan deelneem.
Biles het vanweë geestesgesondheidskwessiesbesluit om vir eers haar veldtog in Tokio te staak.

2021-07-28 08:47:03
2021-07-28 08:45:52
Tokio-hitte laat Medvedev oorkook
Die wêreld se naasbeste manstennisspeler, Daniil Medvedev, se geduld met die drukkende hitte waarin die Olimpiese kompetisie plaasvind, het oorgekook toe hy Woensdag tydens sy wedstryd teen Fabio Fognini by die skeidsregter wou weet wie verantwoordelik sal neem as hy dood neerslaan.
Medvedev was verlede week die eerste speler wat gevra het dat tenniswedstryde later in die dag moet begin weens die warm, bedompige weer in die Japanse hoofstad. Die wêreld-nr. 1, Novak Djokovic, het hom later by Medvedev geskaar.
Woensdag was Medvedev en Fognini se wedstryd die eerste van die dag, om elfuur (Tokio-tyd). Die 25-jarige Rus het uiteindelik met 6-2, 3-6, 6-2 gewen, maar eers nadat hy 'n mediese breek geneem het en sigbaar gesukkel het om die toestande te hanteer.
Die skeidsregter, Carlos Ramos, was bekommerd genoeg om Medvedev aan die begin van die tweede stel se agtste pot te vra of hy kan voortspeel.
"Ek is orraait. Ek kan die wedstryd voltooi, maar ek kan (ook) sterf. As ek doodgaan, sal die ITF (Internasionale Tennisfederasie) verantwoordelikheid neem?" wou die Rus weet.
'n Breek van 10 minute is uiteindelik tussen die tweede en derde stelle toegelaat. Medvedev het in daardie tyd 'n koue stort geneem.
"Van die eerste stel af het my asemhaling nie goed genoeg gevoel nie. Dit was asof my diafragma geblokkeer was," het hy gesê. "In die tweede stel was dit tussen punte donker voor my oë en ek kon nie my asemhaling regkry nie."
Terwyl Medvedev gesê het hy was "gelukkig" genoeg om beter te voel en sy wedstryd te voltooi, het die Spanjaard Paula Badosa die handdoek ingegooi in haar wedstryd teen Tsjeggië se Marketa Vondrousova. Sy is in 'n rolstoel van die baan af. – Reuters

2021-07-28 08:30:24
Die goewerneurs van drie distrikte naby die Olimpiese gasheerstad Tokio gaan die Japanse regering waarskynlik vra om noodtoestande in hul streke te verklaar, nadat 'n rekord-aantal nuwe Covid-19-gevalle Dinsdag in die stad aangemeld is.
Tokio het Dinsdag 2 848 nuwe gevalle aageteken. Dis die hoogste sedert die pandemie begin het. Hospitale is volgens mediaberigte reeds gevra om meer beddens vir Covid-19-pasiënte beskikbaar te stel terwyl die Delta-variënt 'n groot toename in infeksies veroorsaak.
By die Spele self is 16 nuwe gevalle Woensdag aangemeld, vir 'n totaal van 169 sedert 1 Julie. – Reuters
2021-07-28 08:18:18
2021-07-28 07:44:55
2021-07-28 07:05:44
Die branderryer Bianca Buitendag het haar professionele loopbaan op die grootste hoogtepunt denkbaar afgesluit, met silwer by die Olimpiese Spele. En nee, daar is geen sprake dat sy nog 'n bietjie langer gaan aanhou nie.
Lees die aandoenlike boodskap wat sy vanoggend op Facebook geplaas het.

2021-07-28 06:07:55
2021-07-28 06:05:48
2021-07-28 05:56:21
2021-07-28 05:54:53
2021-07-28 05:52:37
2021-07-28 05:41:52
FIETSRY:
Drie dae nadat sy met silwer in die padfietsren tevrede moes wees, wen Annemiek van Vleuten goud in die tydtoets! Met 'n beste tyd van 30 minute en 13.49 is sy een van twee Nederlanders op die podium, met Anna van der Breggen (31:15.12) wat die bronsmedalje verower.
Switserland se Marlen Reusser (31:09.96) wen silwer.
Moolman-Pasio (32:37.60) behaal haar beste uitslag tot nog toe in 'n Olimpiese tydtoets. Sy eindig agtste.
Die Suid-Afrikaner (wat Sondag 13de in die padren was) het in 2016 twaalfde in die tydtoets geëindig en in 2012 24ste.
Foto: Annemiek van Vleuten (Getty Images)

2021-07-28 05:33:12
FIETSRY:
Nee, dis die Aussie Grace Brown wat Moolman-Pasio se hart breek. Sy skuif in die silwermedalje-posisie in met 'n 31:22.22.
Dit skuif die Suid-Afrikaner af tot vierde.
2021-07-28 05:31:59
FIETSRY:
Binne net twee minute word Moolman-Pasio egter afgestamp tot in die brons posisie.
Eers skuif die Amerikaner Amber Neben verby haar met 'n 31:26.13 (meer as 'n minuut vinniger as die Suid-Afrikaner se tyd), en sekondes later neem Nederland se Annemiek van Vleuten die eerste posisie in met 'n asemrowende 30:13.49.
Van Vleuten se landgenoot Anna van der Breggen lyk nou na die grootste bedreiging vir Moolman-Pasio se podiumposisie. Sy is een van vier vroue wat nog die tydtoets moet voltooi.
2021-07-28 05:28:33
FIETSRY: Ashleigh maak stem dik
Ashleigh Moolman-Pasio skuif tot in die gouemedalje-posisie van die Olimpiese tydtoets – maar daar is nog 'n paar vroue daar buite wat haar van die troon kan stamp.
Die 35-jarige Suid-Arikaner stel 'n tyd van 32:37.60 op. Dis 4.54 sekondes vinniger as die tyd waarmee Frankryk se Juliette Labous voor haar in die kroonposisie was.
2021-07-28 05:23:33
SEWESRUGBY:
Nieu-Seeland en Fidji sal sake uitspook in die eindstrydvan die sewestoernooi.
Die Kiwi’s het Brittanje in die eerste halfeindstryd met29-7 geklop.
Fidji, die verdedigende kampioen, moes aanvanklik sweetom Argentinië in die ander halfeind met 26-14 te klop. Teen rustyd was dietelling 14-12 in die Argentyne se guns, maar in die tweede helfte het die Fidjianehul flair en vaardighede tentoongestel om die wedstryd te beklink.
Die eindstryd begin om 11:00.Die Britte en Argentyne kom 10:30 teen mekaar te staan indie stryd om die bronsmedalje.
Foto: Reuters

2021-07-28 04:29:46
FIETSRY:
Ashleigh Moolman-Pasio se laaste Olimpiese kompetisie ooit is op die punt om te begin.
Moolman-Pasio (35), 'n veteraan wat in al drie haar Olimpiese padfietsrenne in die top-20 was, sluit haar verhouding met die Spele vandag in die Olimpiese tydtoets af. Dit vind oor 22,1 kilometer op die Fuji-renbaan plaas.
Die Suid-Afrikaner spring om 04:52 weg.
Foto: Getty Images

2021-07-28 04:25:15
2021-07-28 04:24:30
2021-07-28 04:23:43
Ons almal het nog 'n bietjie bomskok ná die Blitsbokke se skok-nederlaag gister teen Argentinië – maar dit wat Jan Alleman voel, is waarskynlik niks in vergeleke met die hartseer van almal wat 'n rol speel in die land se sewesprogram nie.
2021-07-28 04:15:59
VROUHOKKIE:
Die Suid-Afrikaanse hokkiespan word met 5-0 deur Nederland afgeransel in hul derde Groep A-wedstryd van die Spele.
Die Nederlanders is die wêreld se voorste spelers en was in elke Spele sedert 1996 op die podium (in 2008 en 2012 op die boonste trappie).
Die Suid-Afrikaners kon hul Europese teenstanders in die eerste kwart van die telbord hou, maar was teen halftyd met 1-0 agter. Daarna het Nederland in elk van die laaste twee kwarte nog twee doele aangeteken.
(Foto: Reuters)

2021-07-28 04:07:30
SEWESRUGBY:
Die Blitsbokke is terug op die wenpad nadat hulleAustralië in ’n uitspeelwedstryd om die vyfde tot agtste plek by diesewestoernooi geklop het.
Suid-Afrika het met 22-19 gewen.
Die wenspan se kaptein, Siviwe Soyizwapi, het sy span seeerste drie gaan druk. Die drie is voorafgegaan deur ’n paar goeie bewegings. 'n Rukkie daara het Ronald Brown die Blitse se tweede drie gedruk en nie lank daarna nie 'n tweede bygevoeg.
Teen halftyd was die telling 17-0 in Suid-Afrika se guns. Die Aussies het in die tweede helfte teruggeveg en die Blitsbokke skrikgemaak, maar kon nie die knoop deurhak nie.
Suid-Afrika pak Amerika om 10:00 (SA tyd) in dieuitspeelwedstryd om die vyfde en sesde plek.
Ander uitslae vanoggend:
Uitspeel om die 11de en 12de plek: Japan 31, Suid-Korea 19.
Uitspeel om die negende en 10de plek: Kenia 22, Ierland 0.
Uitspeelwedstryde om vyfde tot agtste plek te bepaal: Amerika 21, Kanada 14.
(Foto: Reuters)

2021-07-28 04:00:22
SWEM:
Die goeie nuus vir Chad le Clos en sy ondersteuners is dat sy gebrekkige voorbereiding hom geen van sy spoed gekos het nie. In die 200-vlinderslag was die probleem bloot fiksheid, met die Kapenaar wat in elk van sy drie renne uitgesak het oor die laaste 40 meter of so.
Hou hom dus maar fyn dop in die 100-vlinderslag, waarvan die uitdunne Donderdag begin. Hy was in elk van sy renne indrukwekkend oor 100 meter.
2021-07-28 03:58:15
SWEM:
Dis 'n vyfde plek vir Chad le Clos in die eindronde van die 200-vlinderslag.
Die Suid-Afrikaner is voor na 100 meter en in die top-3 na 150 meter, maar sak uit in die pylvak.
Ten spyte daarvan dat hy vir die eerste keer vandeesweek onder die 1:55-kerf gaan (met 'n 1:54.93) is 'n medalje hom nie beskore nie.
Soos verwag, wen die Hongaar Kristof Milak, met 'n nuwe Olimpiese rekord van 1:51.25. Die Japanner Tomoru Honda is tweede in 1:53.73 en Italië se Federico Burdisso derde in 1:54.45.
(Foto: Getty Images)

2021-07-28 03:47:34
2021-07-28 03:42:08
Die Suid-Afrikaanse roei-viertal is op pad terug huis toe ná 'n uiters teleurstellende Spele waarin hulle in al drie hul renne laaste was.
Die vier sluit hul Spele vroeg vanoggend af met 'n vierde (en laaste) plek in die Olimpiese B-eindronde. Hul tyd van 6:09.85 is 12 sekondes stadiger as Pole se wentyd van 5:57.17.
2021-07-28 03:40:04




















