Dit is Dag 9 van die Tokio-Spele. Wayde van Niekerk dring deur tot die Olimpiese halfeindronde van die 400 m, waarin hy die verdedigende kampioen en wêreldrekordhouer is, maar Akani Simbine eindig vierde in die eindronde van die 100 m.
• Hou die Suid-Afrikaners Sondag dop
https://www.netwerk24.com/sport/olimpiese-spele/program• Spele-uitslae
https://www.netwerk24.com/sport/olimpiese-spele/uitslae• Spele-medaljelys
2021-08-01 16:03:33
PLUIMBAL
China se Yu Fei Chen dra die goue medalje in vroue-pluimbal nadat sy in 'n titaniese stryd Sondag haar Taiwanese teenstander, Tzu-Ying Tai, tot silwer gedwing het. Die wedstryd het 81 minute geduur en die pottelling was 21-18, 19-21, 21-18. Chen was 1ste gekeur en Tai 2de.

2021-08-01 15:34:31
HOKKIE
Indië se manshokkiespan klop Brittanje Sondag met 3-1 in die kwarteindronde, om saam met Duitsland, Australië en België na die halfeind deur te dring.

2021-08-01 15:02:05
2021-08-01 14:57:10
ATLETIEK
Die Italianer Marcell Jacobs wen in 'n tyd van 9.80.
2021-08-01 14:55:58
ATLETIEK
Akani se tyd is 9.93.
2021-08-01 14:54:01
ATLETIEK
Akani kom vierde.
2021-08-01 14:43:22
ATLETIEK
Dit is nou sulke tyd. Die eindronde van die 100 m vir mans. Vat hom, Akani!
2021-08-01 14:42:01
2021-08-01 14:41:17
ATLETIEK
Die vorige rekord in die driesprong vir vroue het agter Inessa Kravets se naam gestaan. Sy het 'n afstand van 15.50 in 1995 in Stockholm behaal.
2021-08-01 14:38:16
ATLETIEK
Yulimar Rojas van Venezuela het pas 'n nuwe wêreldrekord in die driesprong vir vroue opgestel met 'n afstand van 15,67.
Rojas verbeter stokou wêreldrekord in driesprong2021-08-01 14:30:01
2021-08-01 14:23:41
ATLETIEK
Dit is as amper tyd vir die eindronde van die 100 m vir mans. Kan Akani Simbine glorie vir Suid-Afrika bring? Die eindronde begin om 14:50.
2021-08-01 14:15:18
ATLETIEK
Die Australiese snelbouler Mitchell Starc se broer Brandon Starc neem tans aan die hoogspring deel.
2021-08-01 14:10:28
ATLETIEK
Sokwakhana Zazini eindig sesde in die eerste halfeind van die 400 m-hekkies met 'n tyd van 48.99. Dit is sy beste tyd die seisoen.
2021-08-01 14:08:26
ATLETIEK
Sokwakhana Zazini kwalifiseer nie vir die eindronde van die 400 m-hekkies nie.
2021-08-01 13:56:49
2021-08-01 13:53:55
ATLETIEK
Sokwakhana Zazini tree binnekort aan in die halfeindronde van die 400 m-hekkies.
2021-08-01 13:51:29
WATERPOLO
Australië se vrouespan het Suid-Afrika met 14-1 in 'n wedstryd in Groep A geklop.
2021-08-01 13:48:56
TENNIS
’n Tweede goue medalje op die tennisbaan was Belinda Bencic van Switserland nie Sondag beskore by die Olimpiese Spele nie.Bencic en Viktorija Golubic moes in die dubbelspel-eindstryd met silwer tevrede wees.
2de goue Belinda Bencic nie beskore2021-08-01 13:19:50
GHOLF
Die Amerikaanse gholfspeler Xander Schauffele gaan vir die res van sy lewe die voorreg hê om homself ’n Olimpiese kampioen te noem. Maar sy sprokiesverhaal is net een van ’n handvol storielyne op die laaste dag van die Olimpiese gholfkompetisie.
Rory en uitspeelstryd steel goue Xander se kollig2021-08-01 13:07:22
ATLETIEK
Suid-Afrika se groot hoop, Akani Simbine, het Sondagmiddag met ’n tiende van ’n sekonde vir die Olimpiese eindronde van die 100 meter gekwalifiseer, ná hy vierde in sy halfeindronde was.
Akani deur na 100 m-eindronde2021-08-01 12:47:40
2021-08-01 12:40:21
ATLETIEK
Akani Simbine kwalifiseer vir die eindronde.
2021-08-01 12:38:53
ATLETIEK
Akani Simbine eindig vierde in sy uitdun. Sy tyd is 9.90.
2021-08-01 12:34:14
ATLETIEK
Akani Simbine tree aan in die derde halfeind.
2021-08-01 12:33:06
ATLETIEK
Shaun Maswanganyi kwalifiseer nie vir die eindronde nie. Hy eindig sesde. Sy tyd is 10.10.
2021-08-01 12:24:54
ATLETIEK
Shaun Maswanganyi tree aan in die tweede halfeind van die 100 m.
2021-08-01 12:23:30
ATLETIEK
Gift Leotlela eindig vierde in 'n tyd van 10.03.
2021-08-01 12:13:22
ATLETIEK
Gift Leotlela tree aan in die eerste halfeind.
2021-08-01 12:08:25
ATLETIEK
Die twee voorste atlete in elk van die drie halfeindrondes kwalifiseer vir die eindronde. Die twee ander met die vinnigste tye dring ook deur.
2021-08-01 12:06:14
ATLETIEK
Die drie Suid-Afrikaners wat sal aantree, Akani Simbine, Shaun Maswanganyi en Gift Leotlela, is almal in verskillende uitdunne.
2021-08-01 12:06:14
ATLETIEK
Die drie Suid-Afrikaners wat sal aantree, Akani Simbine, Shaun Maswanganyi en Gift Leotlela, is almal in verskillende uitdunne.
2021-08-01 12:04:01
ATLETIEK
Dit is amper tyd vir die halfeindronde van die 100 m vir mans.
2021-08-01 11:14:27
2021-08-01 09:58:33
2021-08-01 09:57:47
2021-08-01 09:20:17
GHOLF
Die Amerikaner Xander Schauffele is nou ‘n Olimpiesekampioen, en die gebore Suid-Afrikaner Rory Sabbatini ‘n Olimpiesesilwermedaljewenner. Maar die stryd om brons is nog nie verby nie, met sewemans wat binnekort in Tokio sal uitspeel vir die laaste posisie op die podium. Schauffele registreer ‘n laaste ronde van 67 (-4) om op 266(18-onder) een hou voor Sabbatini (wat nou ‘n Slowaak is en ‘n Olimpiese rekordvan 61 aangeteken het) te eindig. CT Pan, Moto Pereira, Sebastian Munoz, Paul Casey en diemajor-wenners Rory McIlroy, Collin Morikawa en Hideki Matsuyama is almal op 269(-15), en ‘n klomp gholf wag moontlik nog op hulle. Net een kan brons wen – wiesal dit wees? Christiaan Bezuidenhout is die beste man in Suid-Afrikaanseklere, ná ‘n 67 hom sewe houe agter Schauffele in die gesamentlike 16de pleksien eindig. Garrick Higgo eindig na ‘n 72 in die gesamentlike 53ste plek.
2021-08-01 08:37:55
2021-08-01 07:51:46
ATLETIEK
Baie min mense sal onthou dat die Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk vyf jaar gelede in Rio de Janeiro so te sê geen vuurwerk in die Olimpiese uitdunne en halfeindronde van die 400?m gelewer het nie.
SA probleme spoor Wayde in Tokio aan2021-08-01 07:32:25
Rory Sabbatini begin vuis bal en sy vrou (en joggie) gee 'n verheugde jil, nog voor die bal die blikkie op die 18de setperk tref vir sy tiende voëltjie van die Olimpiese gholfkompetisie se laaste ronde.
Sabbatini vermorsel die vorige Olimpiese rekord van 63, met 'n 61 wat benewens al daardie voëltjies ook 'n arend en twee brouhoue insluit.
Hy stap van die baan as die speler in die tweede plek (net 'n hou agter Xander Schauffele). Daar is nog 'n hoop spelers daarbuite wat sy hart kan breek, maar meer kon die gewese Suid-Afrikaner beslis nie vandag gedoen het om homself op die Olimpiese podium te probeer kry nie.
2021-08-01 07:14:17
2021-08-01 07:04:54
2021-08-01 07:01:39
2021-08-01 06:56:35
2021-08-01 06:54:18
2021-08-01 06:53:09
2021-08-01 06:51:02
2021-08-01 06:26:48
GHOLF:
Die gebore Durbaniet Rory Sabbatini is tans gesamentlik tweede in die Olimpiese kompetisie, terwyl hy 'n medalje probeer wen vir Slowakye (!) Sy eerste 13 putjies van die laaste ronde het 'n merkwaardige sewe voëltjies en 'n arend opgelewer.
Sabbatini het Suid-Afrika vyf keer in die Wêreldbeker-toernooi verteenwoordig en dit in 2003 saam met Trevor Immelman gewen, maar twee jaar gelede 'n Slowaak geword.
Net 'n nota vir diegene wat dalk sal vuur spoeg oor 'die medalje wat Suid-Afrika laat glip het', sou Sabbatini later vandag die Olimpiese podium bestyg: Dis pure snert.
Sabbatini sou nie eens in Tokio gewees het as hy sy SA burgerskap behou het nie. Die 45-jarige is net 204de op die wêreldranglys - agter 15 Suid-Afrikaners.
2021-08-01 05:46:55
2021-08-01 05:24:56
Dis nou wel, soos die Engelsman sê, off topic, maar hoe lekker is dit om vanoggend 'n Suid-Afrikaanse sportfên te wees, na die vertoning wat die Springbokke gisteraand teen die Britse en Ierse Leeus gelewer het!
Hopelik kom daar vanmiddag in die Olimpiese 100m-eindronde nog iets waaroor Suid-Afrikaners kan jubel - nog 'n 'Springbok' wat die res 'n les leer.
2021-08-01 05:18:26
BMX-BREKERS!
Ons het vroeg in die Spele ge-oe en aa oor die asemrowende dinge wat op skaatsplanke gedoen kan word - maar kyk wat is moontlik op die twee groter wiele van 'n BMX-fiets. Die Aussie Logan Martin het pas 'n Olimpiese kampioen geword vir die vreeslose en vermaaklike toertjies wat hy op sy fiets kan uitvoer.
2021-08-01 04:51:46
ATLETIEK:
Wayde van Niekerk oor sy eerste toets op die Olimpiese verhoog sedert daardie goue aand in Rio:
"Ek het heelwat senuwees gehad om vandag uit te skud. Na 'n goeie eerste 200 meter het ek te vinnig begin afskakel, maar ek is seker hoe meer ek hierdie doen hoe meer beheer sal ek begin kry. Ek is in in die halfeindronde, so ek moet seker maak ek vergoed vir verlore tyd. Maar ek voel positief."
2021-08-01 04:43:11
Die eindronde van die 100 m vir mans sal om 14:50 (SA tyd) plaasvind - maar wie daarin gaan hardloop sal eers vanaf 12:15 duidelik raak.2021-08-01 04:39:47
TENNIS:
Die mans-enkelspel-eindstryd is geskeduleer vir na die vroue-dubbelspel, wat om 9:00 (SA tyd) begin.
2021-08-01 04:37:37
2021-08-01 04:36:06
2021-08-01 04:34:06
ATLETIEK:
Nie Nene of Phora se tye is goed genoeg om hulle in die 400m-halfeindronde te kry nie, sodat Wayde van Niekerk die SA vlag alleen sal dra in Maandag se aksie.
2021-08-01 04:29:51
ATLETIEK:
Thapelo Phora is voor na die laaste draai van sy 400-uitdun, maar sak sleg uit in die pylvak en eindig net vyfde in 'n seisoensbeste tyd van 45.83.
2021-08-01 04:16:43
ATLETIEK:
Wayde van Niekerk lyk heel gemaklik oor die eerste 300 meter van sy uitdun, maar moet bietjie voet in die hoek sit in die pylvak om 'n derde plek (en deelname aan die halfeindronde) te verseker. Hy stel 'n tyd van 45.25 op.
Colombia se Anthony Zambrano (44.87) en die Aussie Steven Solomon (44.94) eindig voor hom. Botswana se Leungo Scotch eindig net sewe honderdstes van 'n sekonde agter Van Niekerk.
2021-08-01 04:05:00
ATLETIEK
Dis die uitdunne van die 400 m vir mans - en 'n so-so begin vir Suid-Afrika. Zakithi Nene eindig net vyfde in die tweede uitdun, in 'n tyd van 45.74, en sal dus moeilik deurdring na die halfeindronde. Slegs die voorste drie atlete in elke uitdun, plus die volgende ses vinnigstes, se veldtog duur voort.














