Khelif se goue wraak

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Imane Khelif vier haar vordering tot die Olimpiese eindronde in Parys.  Foto: Getty Images
Imane Khelif vier haar vordering tot die Olimpiese eindronde in Parys. Foto: Getty Images

Imane Khelif, die bokser van Algerië wat in die Olimpiese Spele in die spervuur is omdat sy in 2023 uit die Wêreldkampioenskappe gediskwalifiseer is toe sy na bewering nie die verpligte geslagtoetse van die Internasionale Boksfederasie (IBA) kon slaag nie, het gister die goue medalje in Parys in die weltergewig-afdeling gewen.

Khelif het die Chinese wêreldkampioen Yang Liu met punte oor vyf rondes geklop.

"Ek is 'n vrou soos enige ander vrou. Ek is as 'n vrou gebore. Ek het as 'n vrou grootgeword en het as 'n vrou deelgeneem - daaroor bestaan daar geen twyfel nie," het die 25-jarige Khelif gesê.

Khelif sê dat sy deur IBA gehaat en geboelie word, maar sy weet nie waarom nie. - BBC

SPELETJIES VANDAG

CTA