OORSIG | Só het SA deelnemers Sondag gevaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

DAG 2 | 28 Julie

Só het Span SA Sondag op die Spele gevaar:

Tatjana Smith wen die tweede halfeindronde van die 100-borsslag.

Pieter Coetzé eindig tweede in die halfeindronde van die 100-rugslag.

Aimee Canny eindig sesde in die halfeindronde van die 200-vryslag.

Suid-Afrika speel met 2-2 gelykop teen Brittanje in 'n Groep A-hokkiewedstryd.

Boipelo Awuah eindig vyfde in die uitdunne van die skaatsplank-kompetisie.

Die gimnas Caitlin Rooskrantz onttrek haar Sondagoggend aan die eerste kwalifiserende uitdunne nadat sy haar regtervoet beseer.

Die roeiers John Smith en Christopher Baxter eindig tweede in 6:36.71 in hul uitdun.

Die ruiter Alexander Peternell behaal die 51ste plek in die veldloop (driefase).

Die vroue-sewesspan verloor met 0-38 in hul Groep B-wedstryd teen Ierland.

SPELETJIES VANDAG

CTA