Vincent onder voorlopers in duik, maar eindig toe 11de

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Julia Vincent Vrydagmiddag in aksie in die 3 m-duikkompetisie. Foto: Reuters
Julia Vincent Vrydagmiddag in aksie in die 3 m-duikkompetisie. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse duiker Julia Vincent het haar laaste Olimpiese Spele met 'n 11de plek afgesluit.

Die 29-jarige Vincent, wat in Amerika woon, het op haar derde Olimpiese Spele die eerste keer die eindronde van die 3 m-duik gehaal.

Sy het Vrydag 271.25 punte aangeteken teenoor China se Yiwen Chen, die gouemedaljewenner, se 376 punte.

Sy was ná die derde ronde nog onder die voorlopers, maar het daarna haar vierde poging swak uitgevoer en teruggesak.

Vincent was ná die kompetisie teleurgesteld met haar vertoning, maar dankbaar dat sy die eerste Suid-Afrikaner kon word wat 'n eindronde in duik op die Spele kon haal.

Maddison Keeney van Australië (343.10) het die silwermedalje gewen en Chang Yani van China (318.75) die brons.

Die kanovaarder Hamish Lovemore, voormalige marathon-wêreldkampioen, het in die B-eindronde van die snelresies oor 500 m vir enkelkano's vierde geëindig. Hy sal Saterdag in die halfeindronde van die 1 000 m in aksie wees.

Hamish Lovemore vandeesweek in aksie op die Olimpiese Spele in Parys.  Foto: Getty Images
Hamish Lovemore vandeesweek in aksie op die Olimpiese Spele in Parys. Foto: Getty Images

As junior het hy in snelroei 'n bronsmedalje op die junior wêreldkampioenskap verower.

Lovemore se broer, Tom, het onlangs die Bergrivier-kanomarathon in die Wes-Kaap gewen.

Sarel van der Walt in Parys

SPELETJIES VANDAG

CTA