Tokio is terug in die kollig, met die Olimpiese vlam wat Dinsdagmiddag tydens die openingseremonie van die Paralimpiese Spele in die Nasionale Stadium weer aangesteek is.

Die naelloper Charl du Toit en rolstoel-tennisspeler Kgothatso Montjane was Suid-Afrika se vlagdraers.
Die land stuur vanjaar sy kleinste span sedert 1992, met slegs 34 Suid-Afrikaners in aksie. Daar is egter meer as genoeg ervaring in die groep om optimisties te wees oor 'n gesonde medalje-oes. Die Pietermaritzburgse swemmer Alani Ferreira sal Woensdagoggend die eerste Suid-Afrikaner in aksie wees, in die uitdunne van die 100 m-vlinderslag (S13-klas).
LEES OOK:
Charl en KG borrel oor vlagdra-voorreg
2021-08-24 16:01:01
Die laaste woord gaan aan Span Suid-Afrika, op wie alle oë oor die volgende 12 dae sal wees.2021-08-24 15:59:54
Die Pietermaritzburger Alani Ferreira sal Suid-Afrika se Paralimpiese veldtog Woensdagoggend aan die gang sit wanneer sy om 03:46 (SA tyd) in die swembad spring vir die uitdunne van die 100 m-vlinderslag (S13-kategorie).
Die perderuiter Philippa Johnson-Dwyer is die ander Suid-Afrikaner wat in aksie sal wees, om 10:51.
2021-08-24 15:55:50
Die vlam is aangesteek, 'n openingseremonie vol inspirasie is verby. . . en dis nou oor na die atlete om te wys waartoe hulle in staat is.
Foto: Getty Images

2021-08-24 15:51:31
2021-08-24 15:50:23
2021-08-24 15:49:19
2021-08-24 15:47:46
2021-08-24 15:46:32
2021-08-24 15:44:35Foto: Getty Images

2021-08-24 15:43:36Foto: Reuters

2021-08-24 15:42:49Foto: Getty Images

2021-08-24 15:42:17Foto: Getty Images

2021-08-24 15:41:45Foto: Getty Images

2021-08-24 15:21:49
2021-08-24 15:16:50Die verpersoonliking van lewensvreugde... 'n Danser tydens die openingseremonie van die Paralimpiese Spele. Foto: Getty Images

2021-08-24 15:15:05
2021-08-24 15:14:14
2021-08-24 15:11:34Foto: Reuters

2021-08-24 15:11:18Foto: Reuters

2021-08-24 15:09:47
2021-08-24 15:00:37
2021-08-24 14:59:00Foto: Getty Images

2021-08-24 14:55:08
2021-08-24 14:53:58Foto: Getty Images

2021-08-24 14:50:41
2021-08-24 14:46:17
En dadelik word 'n kaleidoskoop van kleur oor die stadion uitgestort, met helder ligte en vuurwerk wat almal verlig.2021-08-24 14:44:33Met Japan se atlete ook in die stadion, is die vlagparade verby.

2021-08-24 14:42:28
Venezuela se atlete het dit gate uit geniet.2021-08-24 14:41:30
2021-08-24 14:39:46Koel en kalm voor hul groot oomblik. Twee atlete van Kameroen wag vroeër om geroep te word vir die vlagparade, waarvoor hulle 'n uniform aangetrek het wat moeilik was om mis te kyk. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:38:46Kyk daai hoed! Foto: Getty Images

2021-08-24 14:37:08Span Viëtnam. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:36:24'n Wonderlik kleurvolle uniform vir Maleisië. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:34:25
2021-08-24 14:31:59Wie sê jy moet tande kan sien om te weet iemand glimlag? Een van Pole se atlete kan haar vreugde nie beteuel tydens die Paralimpiese vlagparade nie. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:27:40
2021-08-24 14:27:02'n Blinkoog Duitser tydens die vlagparade. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:24:57
Suid-Afrika is in die stadion.2021-08-24 14:23:49Brasilië lyk gereed vir die strand. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:22:55Die Tsjeggiese Republiek. Foto: Reuters

2021-08-24 14:22:25Lede van Nigerië se span. Foto: Reuters

2021-08-24 14:12:40
2021-08-24 14:11:54Suid-Korea se span. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:08:32Lede van Span China. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:07:29Die Spanjaarde was in 'n feestelike luim. Foto: Getty Images

2021-08-24 14:06:43Span Swede. Foto: Reuters

2021-08-24 14:06:43Span Swede. Foto: Reuters

2021-08-24 14:05:59Een van Kroasië se atlete. Foto: Reuters

2021-08-24 14:01:47
2021-08-24 14:01:18Kazakstan se Paralimpiese komitee het geen moeite ontsien met hul atlete se uniforms nie. Foto: Reuters

2021-08-24 13:57:40'n Lid van Span Kuba wys sy spiere. Foto: Getty Images

2021-08-24 13:56:56Foto: Getty Images

2021-08-24 13:56:06Oezbekistan se atlete lyk sommer baie spoggerig. Foto: Reuters

2021-08-24 13:51:58Die yslike Russiese afvaardiging, wat onder die afkorting RPC (vir Russian Paralympic Committee) sal deelneem. Foto: AP

2021-08-24 13:48:24
2021-08-24 13:46:31'n Geliefde vierpotige het saam uitgestap onder Israel se vlag. Foto: Getty Images

2021-08-24 13:44:14Brittanje se verteenwoordigers. Foto: Getty Images

2021-08-24 13:43:47Span Jemen. Foto: Getty Images

2021-08-24 13:42:44Foto: Reuters

2021-08-24 13:39:15
2021-08-24 13:37:31
2021-08-24 13:33:30Foto: Getty Images

2021-08-24 13:32:50Die Afgaanse vlag – maar geen atlete. Die nasie se Paralimpiese atlete kon nie uit die land kom nie omdat daar sedert die Taliban se oorname geen kommersiële vlugte is nie. Foto: Reuters

2021-08-24 13:30:55Foto: Getty Images

2021-08-24 13:30:32Foto: Getty Images

2021-08-24 13:26:33
Die Suid-Afrikaanse vlagdraers, Charl du Toit en KG Montjane. Lande stap in volgorde volgens die Japannese alfabet uit, sodat Suid-Afrika 141ste van die 163 nasies hul verskyning sal maak.2021-08-24 13:24:44
2021-08-24 13:24:06
2021-08-24 13:22:57Die Tokio-stadion gebaai in kleur. Foto: Reuters

2021-08-24 13:22:22Foto: Reuters

2021-08-24 13:19:42
Soos tydens die opening- en afsluitingseremonies van die Olimpiese Spele, is daar vandag betogers buite Tokio se Olimpiese stadion, wat aandring op die kansellering van die skouspel.
Daar is kommer in Japan oor 'n skerp toename in Covid-19-gevalle, met die daaglikse gemiddeld in Tokio reeds sedert verlede week meer as 4 000. Vandag is 'n atleet boonop vir die eerste keer positief in die Speledorp getoets.
Hoewel die meeste Paralimpiese atlete nie noodwendig meer vatbaar vir Covid-19 is as die meeste ander mense nie, is daar wel deelnemers wie se gestremdheid hulle in groter gevaar stel. Daar is veral kommer oor diegene met rugmurgbeserings, aangesien hulle meer asemhalingsprobleme en hartsiektes het, en soms ook meer vatbaar is vir diabetes.

2021-08-24 13:13:58Een van die Vlugtelingespan se Paralimpiese vlagdraers word gehelp om voor te berei vir die vlagparade. Foto: Getty Images

2021-08-24 13:11:10
2021-08-24 13:10:04'n Groep dansers aan die begin van die Paralimpiese openingseremonie. Foto: Reuters

2021-08-24 13:09:05Foto: Getty Images

2021-08-24 13:07:37
2021-08-24 13:06:56
Soos die openingseremonie van die Olimpiese Spele 'n maand gelede begin die Paralimpiese seremonie met vuurwerke en die indra van die Japanse vlag.2021-08-24 13:05:16
2021-08-24 13:04:11Die Paralimpiese vlugtelinge-span sal wel die vlagparade meemaak. Hier neem lede van die span 'n selfie voor die seremonie. Foto: Getty Images

2021-08-24 13:01:56
Die openingseremonie van die Paralimpiese Spele sal plaasvind sonder Nieu-Seeland se atlete. Die nasie het besluit dit is te gevaarlik vir hul atlete om in die mensemassa van die vlagparade te stap.
Nog 'n noemenswaardige afwesigheid is die van Afganistan se verteenwoordigers. Die Afgaanse afvaardiging kon nie na Tokio reis nie, aangesien daar sedert die oorname van die Taliban verlede week geen kommersiële vlugte uit die land reis nie. Hul vlag sal vandag deur 'n Spele-vrywilliger ingedra word, as 'n "gebaar van solidariteit".
2021-08-24 12:59:12Die 16-jarige Puseletso Mabote het ook sy oggend op die oefenveld deurgebring. Die jong blits het in 2019 'n nuwe wêreldrekord in die 200 m vir T63-atlete verbeter, en is beslis een van die Suid-Afrikaners om dop te hou. Foto: Getty Images

2021-08-24 12:48:32Die Suid-Afrikaner Daniel du Plessis vroeër vandag aan die slyp by die Yoyogi Park-atletiekbaan in Tokio. Foto: Getty Images

2021-08-24 12:40:37
2021-08-24 12:40:16















