Rugby

2 Wes-Kaapse spanne pak mekaar in Varsityskild-eindstryd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Che Klaasen duik oor die doellyn vir een van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie se drieë Donderdag teen die Madibaz in Gqeberha. Foto: Michael Sheehan
Che Klaasen duik oor die doellyn vir een van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie se drieë Donderdag teen die Madibaz in Gqeberha. Foto: Michael Sheehan (Michael Sheehan)

Die rugbyspanne van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie sal mekaar volgende Donderdag in Bellville in Kaapstad in die eindstryd van die Varsityskild-reeks pak.

UWK het Donderdagaand sy halfeindstryd teen Fort Hare met 39-13 gewen en Kaapse Skiereiland het verras deur die Madibaz in die ander halfeindstryd met 44-5 te oorrompel.

In die kragmeting tussen UWK en Fort Hare het die Oos-Kaapse span tot ongeveer 15 minute voor rustyd mooi bygehou.

Toe het UWK skielik vlamgevat en met heelwat flair gespeel en hul bewegings ook begin afrond.

Die skrumskakel Conwill Conradie, haker Mauritz Swart en slot Carel van der Merwe het onder die wenspan se uitblinkers getel.

In die wedstryd tussen die Madibaz en Kaapse Skiereiland in Gqeberha het die Baaise studente se dissipline hulle erg in die steek gelaat.

Die Madibaz het in 'n stadium vyf spelers langs die veld gehad wat deur die skeidsregter afgestuur is.

Vir die wenspan het veral die agtsteman Roland van der Heever en flanke Che Klaasen en Keanan Solomons stewige vertonings gelewer.

  • • Ridge Gaffley, Conwill Conradie, Mauritz Swart (2), Mihlali Tyanase. Doelskoppe: Conradie (4). Strafdoele: Conradie (2). Fort Hare 13 (6): Drie: Mthokozisi Ndlazi. Doelskop: Merlin du Plessis. Strafdoele: Du Plessis (2).
  • Che Klaasen, Keanan Solomons (2), Roland van der Heever (2), Masivuye Mafenyana (1). Doelskoppe: Linton Maritz (2), Oyintando Maseti (2). Strafdoele: Maritz (2). Madibaz 5 (0): Drie: Kholiwe Konza. - Sportredaksie
CTA