Internasionaal

Ackers in visier van Shining Arcs-span

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Johan Ackermann, voormalige afrigter van die Leeus.  Foto: Getty Images
Johan Ackermann, voormalige afrigter van die Leeus. Foto: Getty Images

Johan Ackermann is op die radar van die Japanse klubspan die Shining Arcs.

Die voormalige afrigter van die Leeus is tans die hoofafrigter van nog 'n Japanse klubspan, die NTT Docomo Red Hurricanes.

Een van sy hulpafrigters, Neil de Bruin, kan saam met Ackermann na die Shining Arcs skuif.

Rory Duncan, voormalige hoofafrigter van die Cheetahs en nog een van Ackermann se huidige hulpafrigters, kan ook later vanjaar op die Shining Arcs se nuwe bestuurspan dien.

Ackermann se huidige span kon nie sover die seisoen enige van sy sewe wedstryde in die Japanse Eersteliga wen nie.

Dis onseker wat die toekoms vir Suid-Afrikaanse spelers soos Elton Jantjies, Tyler Paul, Franco Marais, Lourens Erasmus, Tian Meyer en Gianni Lombard sal inhou as Ackermann se Red Hurricanes die seisoen gerelegeer word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM