Rugby

Nog 2 All Blacks op pad na Frankryk

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brad Weber het 18 toetse vir die All Blacks gespeel.  Foto: Getty Images
Brad Weber het 18 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto: Getty Images

Die All Black-spelers Brad Weber (skrumskakel) en Leicester Fainga'anuku (vleuel) gaan volgende seisoen hul loopbaan in Frankryk voortsit.

Weber (32), 'n staatmaker van baie jare vir die Chiefs, gaan hom ná die Wêreldbekertoernooi by Stade Francais aansluit. Die Paryse klub het nie die lengte van Weber se kontrak bekend gemaak nie, maar hy vervang die uittredende Morgan Parra en James Hall, wat na Racing 92 op pad is.

Leicester Fainga'anuku is ook op pad na Frankryk. Foto: Getty Images
Leicester Fainga'anuku is ook op pad na Frankryk. Foto: Getty Images (Ramsey Cardy)

Fainga'anuku (23) verlaat die Canterbury Crusaders vir 'n kontrak van 18 maande om vir Toulon in die Top-14 te speel. Hy sal soos Weber ná die Wêreldbekertoernooi na Frankryk verhuis.

Fainga'anuku, wat twee toetse vir die All Blacks gespeel het, het sedert sy buiging in 2019 meer as 50 keer vir die Crusaders uitgedraf.

Die Crusaders speel Saterdag gasheer vir die Fidjiaanse Drua in die kwarteindronde van die Super Rugby Pacific-reeks en is op soek na hul sewende agtereenvolgende titel.

Fainga'anuku, wat in Tonga gebore is, is die tweede Crusaders-ster wat bevestig dat hy ná die Wêreldbekertoernooi na Frankryk op pad is nadat die All Black-slot Sam Whitelock verlede week gesê het dat hy hom by Pau gaan aansluit. - AFP, Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM