Dit was nie die mees aanskoulike wedstryd ooit nie, maar die Bokke is terug op die wenpad nadat hulle Frankryk Saterdagaand in Parys met 18-17 geklop het.
'n Volledige wedstrydverslag volg binnekort.
2017-11-18 23:55:47
2017-11-18 23:53:21Dit was lelik, maar dit is verby. Die Bokke wen met 18-17.2017-11-18 23:51:57Die Bokke dryf nou. Allister Coetzee het voor die toer gesê die Bokke wil naelbytstryde begin wen. Dit is nou hul kans. 2017-11-18 23:50:43
Die skop is oor en die Bokke is met 'n enkele punt voor. 18-17 met minder as drie minute oor.
2017-11-18 23:50:03Daar is min tyd oor, maar Frankryk is terug binne trefafstand.2017-11-18 23:49:10Serin druk vir die Hane!2017-11-18 23:45:59Du Preez vervang vir Kolisi en maak sy buiging. Nyakane is op vir Louw.2017-11-18 23:45:30Die skop is mis.2017-11-18 23:45:13Daar is minder as agt minute se speeltyd oor. Dan du Preez staan langs die kantlyn en wag om sy buiging te maak. Gaan Allister Coetzee hom opstuur?2017-11-18 23:44:45Die Franse dwing 'n strafskop af en mik pale toe. 2017-11-18 23:43:19Kriel se hantering is werklik kommerwekkend swak.2017-11-18 23:43:07Kriel verloor weer die bal en Frankryk val aan van omkeerbesit af.2017-11-18 23:41:30Die Suid-Afrikaanse stut, Daniel Kotze, kom op die veld vir die Franse. 2017-11-18 23:40:44Vermeulen steel die bal by 'n losgemaal.2017-11-18 23:39:52Skosan bemeester die bal sonder enige druk van Frankryk, maar die skeidsregter straf die Bokke vir 'n oortreding by die dryfmaalbeweging.2017-11-18 23:39:17Die Franse dryf en skop dan 'n hoë bal.2017-11-18 23:38:54Die Bokke steel die Hane se lynstaanbal en Cronjé skop veldaf.2017-11-18 23:37:25Frankryk dwing 'n strafskop by 'n afbreekpunt af. 2017-11-18 23:35:16Frankryk slaan dadelik aan na die inskop en die Bokke kan skrum.2017-11-18 23:34:54Franco Mostert vervang vir Etzebeth, wat snaaks op sy knie geval het voor die drie gedruk is.2017-11-18 23:34:29Pollard se skop is suiwer. 18-10 vir die Bokke.2017-11-18 23:33:34Die drie word toegeken!2017-11-18 23:31:10Kriel is oor die doellyn, maar Etzebeth mag dalk aangeslaan het. Die skeidsregter, Nigel Owens, vra die TV-skeidsregter se hulp.2017-11-18 23:27:58Daar is 'n rapsie meer as 22 minute se speeltyd oor.2017-11-18 23:26:55Eindelik slaag Pollard met 'n strafdoel en die Bokke is weer voor. 11-10. 2017-11-18 23:26:30Pollard gaan weer pale toe mik...2017-11-18 23:25:45Die plaasvervanger-skrumskakel Baptiste Serin kry 'n geelkaart.2017-11-18 23:25:03Jesse Kriel trippel rond en gaan deur 'n gaping, maar voor hy vir Marx kan wegstuur, word die haker vroeg geduik. 'n Fransman kan in die moeilikheid wees hier. 2017-11-18 23:21:30Dit is nou al 11 punte wat hy misgeskop het.2017-11-18 23:21:14Pollard skop weer mis...2017-11-18 23:20:40Kitshoff dwing dadelik omgekeerde besit af, wat lei tot 'n strafskop vlak voor die pale. Pollard gaan weer aanlê...2017-11-18 23:17:18Leyds slaan die bal op die grond aan terwyl die Bokke in 'n goeie posisie is. Foute op kritieke tye kortwiek die Bokke. Steven Kitshoff vervang nou vir Mtawarira. 2017-11-18 23:15:50Nou dryf die Bokke!2017-11-18 23:15:34Die Hane lyk self nie te watwonders met die bal in die hand nie en nog 'n aangee word oor die kantlyn geslinger. Die Bokke lyk weliswaar beter as verlede week, maar Frankryk is power. 2017-11-18 23:14:26Die Hane dwing 'n strafskop by 'n afbreekpunt af en skop uit tussen die Bokke se kwart- en tienmeterlyn.2017-11-18 23:12:40Die skop is oor. Frankryk is nou vir die eerste keer in die toets voor. 10-8 na 47 minute se spel. 2017-11-18 23:11:45Die Hane dwing 'n strafskop af en lê aan pale toe. 2017-11-18 23:09:36Frankryk is op die aanval in die Bokke se gebied. 2017-11-18 23:08:11Die skrum val en die Hane kry 'n strafskop. Beast Mtawarira het geval.2017-11-18 23:07:50Die dryfmaal beweeg nêrens heen nie en die Hane dwing 'n skrum af. Dit was dalk die verkeerde besluit deur Eben Etzebeth om nie vir die drie punte te gaan nie. Maar soos Pollard vroeër geskop het, was dit beslis nie 'n gewaarborgde drie punte nie.2017-11-18 23:06:50Die Bokke besluit om nie pale toe te skop nie, hulle wil dryf... Tien meter voor die Franse doellyn. 2017-11-18 23:06:21Die Bokke dwing 'n strafskop af.2017-11-18 23:04:45Die tweede helfte gaan begin.2017-11-18 22:50:00
2017-11-18 22:49:20Die skop is weer mis... Die rustydfluitjie blaas. Die Bokke is met 8-7 voor. 2017-11-18 22:48:39Pollard gaan weer pale toe aanlê...2017-11-18 22:47:53Picamoles was ver onkant en die Bokke kry weer 'n strafskop. 2017-11-18 22:46:30Pollard trek die skop skeef. Sy stelskoppe sukkel vanaand. 2017-11-18 22:45:34Pollard skop 'n hoë hangskop in die Hane se kwartgebied en die Hane bemeester die bal. Die Bokke was gelukkig onder voordeel, so die losskakel kan pale toe aanlê. 2017-11-18 22:44:42Kriel word omgedop. Hy het al 'n paar houe gevat vanaand. Die Bokke speel weer onder voordeel.2017-11-18 22:43:52Die Bokke steel die Hane se lynstaanbal en val wyd aan, Kriel kom amper deur 'n gaping.2017-11-18 22:42:53Die Hane wen 'n afbreekpunt-strafskop. 2017-11-18 22:42:16Bastareaud slaan aan en die Bokke speel onder voordeel. 2017-11-18 22:40:38Die skop is mis, maar Pollard skop die bal op die Bokke se kwartlyn uit, so die Franse kan weer aanval.2017-11-18 22:39:45Belleau gaan pale toe mik. 2017-11-18 22:38:20'n Strafskop vir Frankryk nadat 'n Bok-voorspeler van die kant af by 'n losgemaal aansluit. 2017-11-18 22:36:07Frankryk is dadelik weer op die aanval, hulle is nou aangeskakel. 2017-11-18 22:35:21Die skop is oor. 8-7 vir die Bokke na 'n bietjie meer as 'n halfuur se spel. 2017-11-18 22:34:37Vrot verdediging deur Jesse Kriel. 2017-11-18 22:34:13Die Hane se losskakel, Anthony Belleau, breek deur en druk!2017-11-18 22:33:44Die Bokke plaas baie druk op die Hane se afbreekpunte. 2017-11-18 22:32:48Marx kry nie sy springers gevind nie. 2017-11-18 22:31:45Weer eens keer die Bokke besit om, maar Pollard skop die bal weg. Omgekeerde besit is die beste besit om van aan te val. Verkeerde besluit deur Pollard. Die bal word nietemin deur 'n Fransman oor die kantlyn gedra en die Bokke kan aanval binne die Hane se gebied.2017-11-18 22:30:37Francois Louw gooi 'n bal wakker weg en daarna probeer De Jager skop... Iemand moet hom dalk daaraan herinner dat hy nie die nr. 10-trui dra nie!2017-11-18 22:27:38Die Hane hardloop nou uit hul eie gebied, maar die Bok-verdediging staan sterk. Veral Lood de Jager en Kolisi sit 'n paar harde duikslae in. 2017-11-18 22:24:31Malcolm Marx dwing 'n strafskop by 'n afbreekpunt af. Pollard skop uit in die Hane se gebied. 2017-11-18 22:23:5818 minute se speeltyd is verstreke en die Bokke lyk strate beter as verlede week. 2017-11-18 22:23:21Pollard sool die strafdoel. Die Bokke is met 8-0 voor.2017-11-18 22:22:11Die Bokke verloor die bal, maar hulle het onder voordeel gespeel vir 'n hoogvat. 2017-11-18 22:21:33Lood de Jager steel 'n lynstaanbal en die Bokke het weer besit.2017-11-18 22:20:20Pollard makeer straks 'n bietjie wedstrydfiksheid, maar die tekens van die speler wat hy kan wees, skemer tog deur.2017-11-18 22:19:47Die Hane slaan aan die Bokke speel met voordeel, maar Pollard skop veldaf. Die Hane skop terug, maar die bal gaan oor die kantlyn. Die Bokke wen baie veld in die proses, en die bal terug.2017-11-18 22:18:59'n Bok-lynstaan loop skeef en die Franse kan aanval. 2017-11-18 22:18:18
2017-11-18 22:17:39
2017-11-18 22:16:13'n Skewe aangee van Pollard gaan vlieg oor die kantlyn... Ai, Pollie...2017-11-18 22:15:23'n Hangskop van Cronjé werk goed uit vir die Bokke nadat die Hane aanslaan. Die Bokke kan skrum binne Frankryk se gebied.2017-11-18 22:14:16Suid-Afrika is dadelik weer op die aanval.2017-11-18 22:13:31Pollard trek die skop skeef. 5-0 vir Suid-Afrika na 8 minute se spel.2017-11-18 22:12:32Die Bokke lyk reeds skerper as verlede week. Francois Venter en Pollard maak 'n verskil aan die spel van die agterlyn. 2017-11-18 22:11:44Dillyn Leyds druk!2017-11-18 22:10:49Siya Kolisi het nou oor drie Fransmanne gehardloop. 2017-11-18 22:10:31Skosan deur 'n halwe gaping, die Bokke is nou op die aanval. 2017-11-18 22:10:03Die skrum is stewig aan albei kante.2017-11-18 22:09:45Wilco Louw kom teen Jefferson Poirot te staan...2017-11-18 22:09:03Duane Vermeulen tydens die opwarming.

2017-11-18 22:08:35
'n Mens kan vroeg reeds sien die Franse senter Mathieu Bastareaud gaan gereeld as 'n stormram gebruik word in die middelveld.
Die Hane slaan aan en die Bokke kan skrum. Die Bok-skrum was in trurat teen die Iere. Kom ons hoop dit gaan vanaand beter.
2017-11-18 22:07:13Duane Vermeulen plaas goeie druk op die Franse in die lynstaan, maar die tuisspan hou tog die bal. 2017-11-18 22:06:20Die Bokke se teenaanval loop dood, maar die Franse skop die bal weg, waarna Pollard die kantlyn opsoek. Die eerste lynstaan gaan plaasvind. 2017-11-18 22:04:37Die Bokke keer die bal om en loods 'n teenaanval. Andries Coetzee neem die verkeerde besluit deur vas te klou en nie uit te gee nie, maar die Bokke is steeds op die aanval. 2017-11-18 22:03:29Frankryk is gevaarlik naby aan die Bokke se doellyn, maar Dillyn Leyds maak 'n belangrike duikslag.2017-11-18 22:02:57Die Hane buit dadelik die Bokke op die punte uit. 2017-11-18 22:02:08Harde duikslag deur Lood de Jager!2017-11-18 21:57:31
2017-11-18 21:56:13Die spanne is op die veld en gaan nou die volksliedere sing. 2017-11-18 21:51:59
2017-11-18 21:51:51
2017-11-18 21:51:25
2017-11-18 21:50:18
In rugby word gesê ’n week is ’n baie lang tyd en uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief was daar al selde so ’nlang week soos dié.
Suid-Afrika het ’n dubbele vernedering gely – eers het Ierland die Springbokke met 38-3 in Dublin afgeslagen toe Frankryk se onverwagse aanwysing as gasheer vir 2023 se Wêreldbekertoernooi.

Lees meer.2017-11-18 21:47:20
2017-11-18 21:45:55
2017-11-18 21:43:22
2017-11-18 21:41:16
2017-11-18 21:40:45Francois Venter het vir Damian de Allende in die beginspan op binnesenter vervang. De Allende het 'n nagmerrie-wedstryd teen Ierland beleef. Venter kan waarskynlik net beter vaar. Wat dink jy?

2017-11-18 21:38:05
2017-11-18 21:33:19
2017-11-18 21:32:50
2017-11-18 21:31:58
Duane Vermeulen het miskien 17 maande laas vir die Springbokke gespeel, maar dit het hom slegs ’n paaroomblikke geneem om ’n verskil aan die span se gemoed te maak voor Saterdag se rugbytoets teen Frankrykin Parys.
“Hy het dadelik ’n impak gemaak. Hy het baie inligting oor die Franse span en hy het op sy kalm manieropgewondenheid en fokus gebring. Ons kom ’n bietjie ervaring kort en verwelkom Duane veral daarom metope arms terug,” sê die Bokke se agterlynafrigter, Franco Smith.

Lees meer.2017-11-18 21:24:41
2017-11-18 21:22:21
2017-11-18 21:19:53
2017-11-18 21:17:14

2017-11-18 21:13:43
2017-11-18 21:05:25Met ’n kapasiteit van nagenoeg 81 000 is die Stade de France aan die buitewyke van Parys een van daardiestadions wat ’n besoekende span kan verswelg, maar Handré Pollard is so selfversekerd soos net ’n goeielosskakel kan wees.

Lees meer.2017-11-18 20:52:22
Stephen Nell is Netwerk24 se man op toer saam met die Bokke.2017-11-18 20:52:18
Die Springbokke het Vrydag op emosionele wyse vaarwel aan hul lynstaanafrigter, Johann van Graan, gesêvoordat hy aanstaande week in sy pos as hoofafrigter by die Ierse span Munster begin.
Van Graan is gevra om die spelers se truie aan hulle te oorhandig vir Saterdagaand se toets teen Frankryk inParys.

Lees meer.2017-11-18 20:52:12

2017-11-18 20:52:03Malcolm Marx, die Springbok-haker, oefen sy ingooie in Frankryk.











