Rugby

Hoogtepunte: Ierland wen met 38-3

Allister Coetzee, die Bok-breier, sou sy jaareindtoer glad nie só wou begin nie.

Die Bokke is met 38-3 deur Ierland in Dublin afgeransel. Die Bokke het planloos en futloos gelyk.

'n Volledige wedstrydverslag volg.

2017-11-11 21:23:29

Kobus Wiese slaan die spyker op die kop.

Dit kan 'n lang toer word.

2017-11-11 21:22:37Jacob Stockdale, die Ierse vleuel, slaan die laaste spyker in die Bok-doodskis.

Die eindtelling is 38-3.

2017-11-11 21:22:01En nog een vir Ierland! Die Bokke maak 'n fout en Ierland druk in die hoekie. 2017-11-11 21:20:21Sexton word as die Speler van die Wedstryd aangewys - welverdiend!2017-11-11 21:18:14Joey Carbery het intussen vir Sexton vervang en skop oor. 31-3 vir die Iere.2017-11-11 21:17:14Nog 'n drie vir die Iere! 2017-11-11 21:16:34Die Bok-bestuur sal hoop Coenie Oosthuizen se besering is nie te ernstig nie. En daar val nog 'n Bok-skrum...

2017-11-11 21:13:12Rudy Paige vervang vir Cronjé.2017-11-11 21:12:31Rhys Ruddock druk vir die Iere. Die koeël is seker nou deur die kerk? Sexton se skop is oor. 24-3 vir die Iere met minder as 8 minute se speeltyd oor.2017-11-11 21:10:55'n Drie vir Ierland!2017-11-11 21:09:46Die Bokke word gestraf by 'n skrum en Sexton skop die bal uit. Ierland het die lynstaan. 2017-11-11 21:08:07Bongi Mbonambi vervang vir Marx; Uzair Cassiem vir Kolisi.2017-11-11 21:07:17Dillyn Leyds word omgedop in 'n reuse-duikslag deur Stockdale en die bal word aangeslaan. Ierland is in beheer.2017-11-11 21:04:36Lood de Jager word deur Franco Mostert vervang.2017-11-11 21:03:14Rory Best dwing 'n strafskop vir Ierland by 'n afbreekpunt af. 2017-11-11 21:02:37Met 'n kwartier se speeltyd oor, lyk dit nie of die Bokke enigsins 'n bedreiging vir Ierland inhou nie. Die verskil in gehalte tussen die spanne is so duidelik soos daglig.2017-11-11 21:00:17Die Bokke verloor weer balbesit in 'n goeie aanvallende posisie. Ierland skop op die middellyn uit en die Bokke moet van vooraf begin. 2017-11-11 20:56:06Marx en Kitshoff dwing 'n strafskop af by 'n afbreekpunt en Pollard skop uit. 2017-11-11 20:55:31Andries Coetzee kan wéér nie 'n hoë bal bemeester nie en dit lei tot 'n aanvallende lynstaan vir die Iere. Murray en Sexton beheer die wedstryd.2017-11-11 20:54:25Goeie skuiwe vir die Bokke: Handré Pollard vervang vir Jantjies, Venter op vir De Allende.2017-11-11 20:53:54Sexton skop oor. 2017-11-11 20:52:16Die Bokke staan 'n strafskop reg voor hul eie pale af.2017-11-11 20:51:39Kitshoff vervang vir Mtawarira.2017-11-11 20:50:50Ierland klim oor 'n afbreekpunt en dwing 'n strafskop af. 2017-11-11 20:49:03Francois Louw slaan aan en Ierland kan aanval, maar 'n Ier slaan ook aan en die Bokke kan skrum. 'n Klomp foute kruip nou in by albei spanne.2017-11-11 20:45:47'n Stewige skrum deur die Bokke, maar Jesse Kriel hardloop skuins oor die veld en word uitgeduik.2017-11-11 20:44:56Die Iere val aan, maar Iain Henderson slaan aan en die Bokke kan skrum. Elton Jantjies se kantskoppe trek nie ver genoeg nie, dit hou die Iere die heeltyd in goeie veldposisie. 2017-11-11 20:43:17Die Iere dryf naby aan die Bokke se doellyn, maar die Bokke smoor die beweging. Die Bokke kan skrum. Pieter-Steph du Toit, wat tot dusver baie stil was, verdien krediet. 2017-11-11 20:40:51Jantjies tref die kol. Allister Coetzee moet straks oorweeg om De Allende met Swys Venter te vervang. De Allende lyk baie ver uit sy diepte.2017-11-11 20:40:03Die Bok-agterlyn is verbeeldingloos, futloos en planloos. Darem het die Bokke 'n strafskop nadat CJ Stander vir Mtawarira hoog duik. Jantjies gaan pale toe mik. Kan dit die Bokke se herlewing inlei?2017-11-11 20:37:54Francois Louw klim oor 'n afbreekpunt en dwing 'n strafskop af. Goeie begin aan die tweede helfte vir die Bokke. 2017-11-11 20:36:09

2017-11-11 20:35:41Die spanne is terug op die veld. 2017-11-11 20:32:47

2017-11-11 20:30:55

2017-11-11 20:21:38

2017-11-11 20:21:12En dit is rustyd in Dublin. Ierland loop met 14-0 voor en die Bokke lyk glad nie indrukwekkend nie.2017-11-11 20:19:48Ierland oortree in 'n baie belowende posisie. Die Bokke skop uit om 'n lynstaan te voer. Gewone speeltyd in die eerste helfte is reeds verstreke. 2017-11-11 20:13:45Die Bokke plaas ongelooflike druk op die Ierse skrum. Die bal kom tog uit en Cronje oortree, die Iere kry 'n strafskop en skop uit.2017-11-11 20:12:22Die Bokke beduiwel weer 'n goeie aanvallende geleentheid, met Kolisi wat die bal oor die kantlyn gooi toe hy aansluiting by Skosan probeer kry.2017-11-11 20:10:44CJ Stander dwing 'n strafskop by 'n afbreekpunt af. Die Bokke se aanvallende geleenthede is min, hulle moet dit benut. Ongelukkig het dit hierdie keer op dadels uitgeloop. 2017-11-11 20:09:35Die Bokke val aan voor die Iere se doellyn.2017-11-11 20:06:52Die Bokke kry 'n strafskop nadat die Ierse agterlyn ontkant betrap is. Kan die Bokke nou 'n bietjie momentum kry?2017-11-11 20:06:16Die Bokke oorheers 'n Ierse skrum, maar die skeidsregter laat die spel voortgaan. Murray skop hoog, maar die Bokke kry darem die keer besit.2017-11-11 20:04:37Ross Cronje slaan nog 'n hangskop aan... Die Bokke sukkel baie daarmee.2017-11-11 20:03:32Sexton se doelskop is mis. Ierland is met 14-0 voor na 26 minute se speeltyd.2017-11-11 20:01:32Skosan slaan 'n hangskop aan en Andrew Conway, die Ierse vleuel, druk sy eerste toetsdrie.2017-11-11 19:58:36Iets is nie pluis met die Bokke se baldraende voorspelers nie. Hulle hardloop aanhoudend een-een in kontak vas.2017-11-11 19:57:08Die Bok-skakelpaar se taktiese skopwerk is op die oomblik pateties. Hulle gee eenvoudig die bal aan die Iere, wat fases opstel.2017-11-11 19:56:03

2017-11-11 19:55:37Sexton skop oor en die Iere is met 9-0 voor na 20 minute se spel.2017-11-11 19:55:00Ierland lyk gevaarlik in ruimte. Die Bokke sal die Iere se besit moet beperk.2017-11-11 19:54:16Kolisi skop die bal by 'n afbreekpunt en O'Keeffe straf hom daarvoor. Sexton gaan pale toe skop.2017-11-11 19:52:41Die Bokke sukkel om momentum op te bou. Nog 'n beweging eindig in 'n aanslaan. Die Iere beheer die voordeellyn op die oomblik. Die Bokke se aangeewerk is ook nie akkuraat genoeg nie.2017-11-11 19:50:18Sexton tref die kol. 6-0 vir die Iere na 14 minute.2017-11-11 19:49:54Die Bok-skrum lyk sterk, maar O'Keeffe beslis onwettig so. Dit is 'n probleem wat vinnig uitgeklaar sal moet word.2017-11-11 19:49:05Die Bokke is ontkant en Sexton gaan weer pale toe mik. 2017-11-11 19:48:16Die Bokke smoor 'n Ierse beweging, maar die bal gaan vorentoe van Jesse Kriel se hand af nadat hy 'n Ier duik. Ierland kan vyf meter binne die Bokke se gebied skrum.2017-11-11 19:46:48Dit lyk of die Iere na binne skrum, maar die skeidsregter, Ben O'Keeffe, straf die Bokke nietemin.2017-11-11 19:46:02Jantjies gooi die bal oor die kantlyn nadat die Bokke goed aanval. Die bal het ook vorentoe gegaan, so die Iere kies om te skrum.2017-11-11 19:43:49Ierland slaan aan en nou kan die Bokke skrum. Suid-Afrika moet akkuraat wees wat sy skopwerk betref.2017-11-11 19:42:51Nou skop Cronje 'n bal doelloos weg. Die Iere skop slim, maar nou hardloop hulle. Die Bokke sal die bal langer moet hou.2017-11-11 19:42:00

2017-11-11 19:41:39Damian de Allende skop die bal weg met vier spelers aan sy buitekant. 2017-11-11 19:39:41Sexton tref die kol en Ierland loop met 3-0 voor na 4 minute se spel.2017-11-11 19:38:17Die eerste skrum staan 'n ruk lank doodstil, maar draai dan. Die skeidsregter straf vir Beast Mtawarira en Johnny Sexton gaan pale toe mik.2017-11-11 19:36:38Louw het 'n uitstekende Curriebeker-eindstryd beleef. Veral wat sy skrumwerk betref. Hy kry dadelik 'n kans om sy stempel af te druk.2017-11-11 19:35:48Oosthuizen bly sit. Dit lyk of sy knie pla... Die draagbaar is glo op pad. Dit is hardverskeurend vir die vaskopstut wat nou net sy terugkeer gemaak het nadat hy sy arm teen die Aussies in Perth gebreek het. Wilco Louw vervang hom.2017-11-11 19:34:35Coenie Oosthuizen dra die bal, maar word teruggeduik. Die Iere slaan egter aan en Suid-Afrika kan skrum. Die eerste skrum van die wedstryd kan bepalend wees.2017-11-11 19:33:50Malcolm Marx gooi die eerste bal by 'n lynstaan in en die Bokke wen hom.2017-11-11 19:33:03Jantjies skop af en die wedstryd is aan die gang.2017-11-11 19:30:57Die volksliedere is gesing en die spanne is gereed vir die groot stryd. Wat dink jy gaan gebeur? 2017-11-11 19:25:18

2017-11-11 19:23:16

2017-11-11 19:21:37Die flank Sean O'Brien lei die Iere op die veld in sy 50ste toets.2017-11-11 19:21:16

Die spanne: Ierland: Rob Kearney, Andrew Conway, Robbie Henshaw, Bundee Aki, Jacob Stockdale, Johnny Sexton, Conor Murray, CJ Stander, Sean O’Brien, Peter O’Mahony, Devin Toner, Iain Henderson, Tadhg Furlong, Rory Best (k), Cian Healy. PLAASVERVANGERS: Rob Herring, Dave Kilcoyne, John Ryan, James Ryan, Rhys Ruddock, Kieran Marmion, Joey Carbery, Darren Sweetnam.

Suid-Afrika: Andries Coetzee, Dillyn Leyds, Jesse Kriel, Damian de Allende, CourtnallSkosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Francois Louw, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Loodde Jager, Eben Etzebeth (k), Coenie Oosthuizen, Malcolm Marx, Tendai Mtawarira.PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Franco Mostert, UzairCassiem, Rudy Paige, Handré Pollard, Francois Venter.

2017-11-11 19:21:10Allister Coetzee, die Bok-breier, se toekoms is op die spel. 'n Sege vanaand kan straks sy loopbaan as Bok-breier so ietwat verleng.

Dis reg of weg vir Allister.2017-11-11 19:21:10

Jesse verwelkom Damian terug2017-11-11 19:16:47

2017-11-11 19:12:28

Eben sien uit na taai stryd. 2017-11-11 19:07:12Dit is nat in Dublin. Die spanne se skakelpare gaan die wedstryd moet beheer. Die Bokke se agterste driehoek kan 'n paar hangskoppe verwag.2017-11-11 19:05:05

2017-11-11 19:04:16

2017-11-11 19:03:48

Die Bok-lostrio makeer balans, skryf Stephen Nell.2017-11-11 18:58:44Ronan O'Gara hou sake noukeurig langs die veld dop voor die afskop. Foto: Reuters

2017-11-11 18:42:30Francois Louw sak vanaand weer op agtsteman. Coetzee se plan is dat hy en die oopkantflank, Siya Kolisi, die afbreekpunte in tandem teiken. Gaan dié plan vanaand vrugte afwerp? Hulle kom teen 'n uitstekende Ierse lostrio van CJ Stander, Peter O'Mahony en Sean O'Brien te staan.

2017-11-11 18:37:23

2017-11-11 18:34:51

2017-11-11 18:30:02

Stephen Nell is Netwerk24 se man op toer. 2017-11-11 18:27:12Die insluiting van die binnesenter Damian de Allende in die beginspan het baie ondersteuners se oë laat rek. Sal hy homself vanaand kan bewys?

2017-11-11 18:27:12Die vaskopstut Coenie Oosthuizen het van 'n gebreekte arm herstel en is terug op sy pos. Gaan hy 'n sterk skrumaanslag van die Iere saam met Beast Mtawarira kan afweer?

2017-11-11 18:27:12

2017-11-11 18:27:12Die Bokke kon onder Coezee se breierskap nog net een wedstryd oorsee wen. Gaan daardie statistiek vanaand verander?

2017-11-11 18:27:12

CTA