Sewes

SA vroue eindig 10de in Dubai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marthin Simmers, medekaptein van Suid-Afrika, die naweek in aksie in die Dubai-sewestoernooi. Foto: Gallo Images
Marthin Simmers, medekaptein van Suid-Afrika, die naweek in aksie in die Dubai-sewestoernooi. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se vrouespan het Sondagmiddag teen Japan in die uitspeelplek om die negende plek in die Dubai-sewestoernooi verloor.

Japan het met 12-5 gewen om negende uit 12 deelnemende spanne in die Verenigde Arabiese Emirate te eindig.

Die Japanners het twee drieë in die eerste helfte gedruk om teen rustyd met 12-0 voor te loop. In die tweede helfte het Rights Mkhari vir Suid-Afrika gaan druk, maar ongelukkig was dit die Suid-Afrikaners se enigste punte in die wedstryd.

Vroeg in die wedstryd het die Suid-Afrikaners 'n terugslag beleef toe Zintle Mpupha die veld verlaat het vir 'n harsingskuddingstoets. In die tweede helfte het Simamkele Namba ook die veld met 'n besering verlaat.

Suid-Afrika het Spanje vroeër Sondag met 17-0 in die halfeind om die negende plek geklop.

In die groepwedstryde het Suid-Afrika teen Nieu-Seeland (14-19), Fidji (17-21) en Brittanje (5-17) vasgeval.

PUNTEMAKERS:

Japan 12 (12): Drieë: Fumiko Otake, Sakura Mizutani. Doelskop: Arisa Nishi.

Suid-Afrika 5 (0): Drie: Rights Mkhari.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM