Varsitybeker

Ikeys te sterk vir Wits

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Ikeys se David Hayes word deur ’n Witsie vasgevat in Maandagaand se Varsitybeker-wedstryd. Foto: Gallo Images
Die Ikeys se David Hayes word deur ’n Witsie vasgevat in Maandagaand se Varsitybeker-wedstryd. Foto: Gallo Images

Die Ikeys is steeds sterk op koers om tuis te speel in die halfeindronde van die Varsitybeker-kompetisie met 'n oortuigende sege van 47-23 oor Wits in Johannesburg.

Die besoekers het vroeg toegeslaan en 'n voorsprong van 12-0 gehad, voordat Wits in die bestek van 'n paar minute twee keer gaan afrond het om vir 'n kort tydjie met 14-12 voor te loop.

Teen rustyd het die Ikeys weer beheer geneem en hoewel Wits se kaptein, die vaskopstut Ebot Buma, 'n sewepunt-drie gedruk het, was die uitslag nooit in die weegskaal nie.

Die Kapenaars het uiteindelik sewe drieë gedruk en het reeds kort ná rustyd 'n bonuspunt verseker.

• Puntemakers

Wits 23 (14). Drieë: Dameon Venter, Luhle Matyolweni, Ebot Buma (7 punte). Doelskoppe: Chris Humphries (3).

Ikeys 47 (19). Drieë: Suleiman Hartzenberg, Keagan Glade, Reynhardt Crous (7 punte), Ntokozo Makhaza, Imad Khan, Thomas Meyer, Jason MacLeod Smith (7 punte). Doelskoppe: Duran Koevort, Khan, Kyle Bowman (2).

CTA