Dit is 'n vereiste in moderne rugby en die direkteur van rugby by Loftus Versfeld, Jake White, plaas 'n al groter premie op veelsydige spelers.
Iemand soos David Kriel, wat buiten skrumskakel op enige plek in die agterlyn kan speel, is uiters waardevol.

Dit verduidelik ook waarom die Bulle die veelsydige Boeta Chamberlain vroeër vanjaar oorreed het om 'n Pretorianer te word ná 'n paar seisoene by die Haaie.
Chamberlain, wat ewe tuis op heelagter as losskakel is, sê die Bulle se aanvallende ingesteldheid het dit vir hom aanloklik gemaak om in die Jakarandastad te kom wortel skiet.
"Dit is lekker om in 'n span te speel wat daarvan hou om die bal rond te gooi, kanse te waag en mekaar te steun in die besluite wat daar op die veld geneem word. Dit was een van die hoofredes waarom ek besluit het om na die Bulle toe te kom.
Die ondersteuning wat ek kry, gee my die selfvertroue om my natuurlike spel te speel.
"Pretoria en Durban verskil baie, maar ek is oorspronklik van Kaapstad en was gewoond daaraan om weg te wees van die huis af.
"Ek vermoed die skuif Pretoria toe is moeiliker vir my vrou, want sy het in Durban grootgeword en sy moet nog die aanpassing maak."
Hy sê dit was 'n goeie besluit vir sy loopbaan nadat hy nie meer baie speeltyd by die Haaie gekry het nie.
"Ek glo dit is goed vir my ontwikkeling. Die wyse waarop ek hier verwelkom is, was regtig lekker.
"Die ondersteuning wat ek kry, gee my die selfvertroue om my natuurlike spel te speel."
As ek egter tussen die twee moet kies, sal losskakel beslis my eerste keuse wees.
Hy verkies dit om losskakel te speel, maar by die Bulle maak dit nie saak waar hy ingespan word nie, sê Chamberlain.
"Dit is baie dieselfde, hoewel jy minder tyd het op losskakel (om besluite te neem).
"By die Bulle word die heelagter baie op die aanval as 'n losskakel gebruik en die grootste verskil is waarskynlik die nommer op jou rug.
"As ek egter tussen die twee moet kies, sal losskakel beslis my eerste keuse wees."
• VRK-GIDS | Bepalings, puntelys en uitslae
Nadat die betroubare Chris Smith onlangs sy loopbaan in Frankryk gaan voortsit het, is Chamberlain en die ervare Boere-Skot Jaco van der Walt in kompetisie om hulle as die nommertwee-losskakel by die Bulle te vestig.

Met Johan Goosen wat 'n neusoperasie ondergaan het, het Van der Walt Saterdag in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) teen Edinburgh in die nr. 10-trui begin, terwyl Chamberlain 'n plaasvervanger was.
Die Bulle pak Ulster Saterdag op Loftus en White maak sy 23-tal Vrydagoggend bekend.



















