VRK

OORSIG | VRK-eindstryd: Leinster speel Bulle pap

2025-06-14 20:16:04Nou ja toe, dankie vir die saamkuier. Ons maak weer so. 2025-06-14 20:06:42Luidens 'n VRK-verklaring was daar vandag 46 127 toeskouers teenwoordig by die eindstryd op CrokePark in Dublin. 2025-06-14 19:52:50

2025-06-14 19:51:04Die eindfluitjie het geblaas. Leinster wen met 32-7. Dit is die tweede agtereenvolgende seisoen dat die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd vasgeval het. 2025-06-14 19:45:20FintanGunne, plaasvervangerskrumskakel van Leinster, duik oor vir die tuisspan se vierde drie. Ross Byrne sit twee punte met 'n doelskop by om die telling 32-7 te maak. 2025-06-14 19:40:41Daar is nou net minder as 10 minute speeltyd oor. Die telling is steeds 25-7 in Leinster se guns. 2025-06-14 19:37:20SamPrendergast vergroot Leinster se voorsprong met 'n strafdoel. Die telling is nou 25-7. 2025-06-14 19:35:51Sebastian de Klerk, vleuel van die Bulle, verlaat ook nou die veld. Hy word vervang deur Devon Williams. 2025-06-14 19:33:50Nizaam Carr word nou opgestuur in die plek van MarcellCoetzee. MornaySmith neem by Wilco Louw oor. 2025-06-14 19:30:49SamPrendergast het nou pale toe gemik, maar hy kon nie drie punte met 'n strafdoel bysitg nie. Die telling is steeds 22-7 in Leinster se guns. Daar is so 17 minute se speeltyd oor. 2025-06-14 19:18:03Daar vat hy nou! Akkervan der Merwe duik oor vir die Bulle se eerste drie in die wedstryd. Johan Goosen, losskakel, sit twee punte met 'n doelskop by om die telling 22-7 te maak. 2025-06-14 19:10:35Akker van der Merwe, plaasvervangerhaker van die Bulle, is nou opgestuur in JohanGrobbelaar se plek. 2025-06-14 19:09:20Leinster vergroot sy voorsprong met 'n strafdoel deur SamPrendergast (losskakel). Dit maak die telling 22-0. 2025-06-14 19:07:38Die Springbok-slot RG Snyman is nou deur Leinster van die plaasvervangersbank af opgestuur. Hy neem die plek van James Ryan. 2025-06-14 19:01:48Die spelers is terug op die veld. Kom ons hou duimvas die Bulle kan die skip omdraai. 2025-06-14 18:53:20'n Uitbundige Joshvan der Flier, flank van Leinster, nadat hy Saterdag oorgeduik het vir sy span se derde drie. Die tuisspan se ander drieë in die eerste helfte is gedruk deur Jack Conan (agtsteman) en die senter JordieBarrett. Foto: Getty Images

2025-06-14 18:49:45

2025-06-14 18:49:08In die paar minute voor rustyd het die Bulle verwoed aangeval, maar Leinster se verdediging het gehou. Die Ierse span is stewig in beheer van die wedstryd. 2025-06-14 18:47:59Die fluitjie blaas vir rustyd. Die telling is 19-0 in Leinster se guns. 2025-06-14 18:43:13Cobus Wiese, slot van die Bulle, verlaat die veld vir 'n harsingskuddingtoets. Hy word vervang deur Jannes Kirsten. 2025-06-14 18:39:10Die telling is steeds 19-0 in Leinster se guns. Daar is nog so ses minute se speeltyd in die eerste helfte oor. 2025-06-14 18:30:30

2025-06-14 18:29:05SamPrendergast, losskakel van Leinster, kan nie twee punte met 'n doelskop bysit nie. Die telling is nou 19-0. 2025-06-14 18:28:09Gits. Joshvan der Flier, flank van Leinster, bars oor vir die tuisspan se derde drie. 2025-06-14 18:20:38JackConan, agtsteman en kaptein van Leinster, het die Ierse span se eerste drie in die VRK-eindstryd gedruk. Foto: Getty Images

2025-06-14 18:18:25Die Nieu-Seelander JordieBarrett, binnesenter van Leinster, duik oor vir die tuisspan se tweede drie. SamPrendergast sit twee punte met 'n doelskop by om die telling 14-0 te maak. 2025-06-14 18:16:31Die telling is steeds 7-0 in Leinster se guns in Dublin. 2025-06-14 18:08:54

2025-06-14 18:08:05SamPrendergast, losskakel van Leinster, sit twee punte met 'n doelskop by om die telling 7-0 te maak. 2025-06-14 18:07:13Leinster druk die eerste drie van die wedstryd. JackConan, kaptein en agtsteman van die Ierse span, duik oor. 2025-06-14 18:04:44Leinster het 'n strafskop by 'n skrum gekry. Hulle skop kantlyn toe. 2025-06-14 18:00:38Leinster het afgeskop. Hier gaan ons!2025-06-14 17:59:26Oukei, dit is nou amper sulke tyd. Die spelers is op die veld. 2025-06-14 17:54:55

2025-06-14 17:52:51Dit is nou so 10 minute voor die afskop. Wie dink jy gaan wen? Ek dink (en hoop!) die Bulle gaan wen. Verlede seisoen het die Ligbloues teen die Glasgow Warriors in die VRK-eindstryd vasgeval. Kom ons hoop hulle kan vandag koning kraai. 2025-06-14 17:50:05Jake White (regs), afrigter van die Bulle, en sy eweknie van Leinster, Leo Cullen, Saterdag op Croke Park in Dublin. Foto: Getty Images

2025-06-14 17:43:15Leinster het hierdie seisoen boaan die Verenigde Rugbykampioenskap-puntelys klaargemaak, met die Pretorianers in die tweede plek. Verlede naweek in die halfeind het Leinster die Glasgow Warriors met 37-19 in Dublin geklop. Die Bulle het in die halfeind die Haaie met 25-13 in die Jakarandastad geklop. 2025-06-14 17:39:36

2025-06-14 17:38:33

2025-06-14 17:37:46Leinster het 'n laat verandering aan sy span aangebring met die skrumskakel Jamison Gibson-Park, wat nie meer vandag gaan speel nie. Luke McGrath gaan in sy plek diens doen in die nr. 9-trui. McGrath se plek op die plaasvervangersbank word ingeneem deur Fintan Gunne. 2025-06-14 17:34:38Die Bulle en Leinster is vandag op Croke Park in Dublin slaags in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd. 2025-06-14 17:33:37Goeiemiddag en welkom.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM