Sacha begin, Libbok op bank

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sacha Feinberg-Mngomezulu (voor) omhels vir Manie Libbok nadat hulle saamgespan het vir die Stormers. Libbok was tot onlangs nog die Stormers se eerste keuse op losskakel, maar dit blyk dat Feinberg-Mngomezulu hom op die ranglys verbygesteek het.  Fo

Sacha Feinberg-Mngomezulu het die interne stryd van die Springbok-losskakels by die Stormers gewen.

Die Stormers het Donderdag in hul spanaankondiging vir Vrydagaand se kwarteindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskapsreeks teen die Glasgow Warriors bevestig dat Feinberg-Mngomezulu die nr. 10-trui sal dra en Manie Libbok op die plaasvervangerbank gaan wees.

Suleiman Hartzenberg vul die leemte wat op buitesenter ontstaan het weens Damian Willemse se skorsing.

Suleiman Hartzenberg is as die Stormers se buitesenter gekies vir Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen die Glasgow Warriors in Glasgow, Skotland. Foto: Gallo Images
Suleiman Hartzenberg is as die Stormers se buitesenter gekies vir Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen die Glasgow Warriors in Glasgow, Skotland. Foto: Gallo Images

Die Stormers: Warrick Gelant, Ben Loader, Suleiman Hartzenberg, Dan du Plessis, Seabelo Senatla, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Stefan Ungerer, Evan Roos, Marcel Theunissen, Paul de Villiers, Ruben van Heerden, Salmaan Moerat (k), Neethling Fouché, André-Hugo Venter, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Joseph Dweba, Vernon Matongo, Sazi Sandi, JD Schickerling, Connor Evans, Louw Nel, Herschel Jantjies, Manie Libbok.

- stephen.nell@24.com

SPELETJIES VANDAG

CTA