Affies skok so amper vir Grey

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ethan Jones van Welkom Gimnasium duik oor vir sy drie teen Goudveld.Foto: Marnus Prinsloo
Ethan Jones van Welkom Gimnasium duik oor vir sy drie teen Goudveld.Foto: Marnus Prinsloo

Só naby, maar tog so ver.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria was gister enkele minute daarvan weg om 'n roemryke sege oor Grey Kollege te behaal.

Om 'n sege oor Grey te beklink, moet jy egter tot aan die héél einde bly speel. Grey se vaskopstut, Danie Kruger, het met speeltyd amper verstreke gaan druk om die sege vir die besoekers met 31-27 te beklink.

Grey het met sowat 15 minute se speeltyd oor vir die eerste keer danksy 'n strafdoel deur die heelagter, Heinz Stockenström, met 24-21 voorgeloop.

Affies se losskakel, Ruben Pienaar, was uitstaande vir die Wit Bulle. Pienaar het in die eerste helfte al 16 sy span se punte aangeteken. Hy het in die tweede helfte ook twee strafdoele behaal.

In die tweestryd in die middelveld tussen Affies se SA Skole-binnesenter, Janco Purchase, en Pieter van der Merwe (Grey) het eersgenoemde gewys dat hy nie die SA Skole-trui op 'n skinkbord sal weggee nie.

• Paul Roos Gimnasium se vaskopstut, Henry du Plessis, het gaan druk om aan sy span 'n oorwinning van 23-17 oor Paarl Gimnasium te gee.

Dit het herinner aan Jurenzo Julius, wat twee jaar gelede ook Paarl Gimnasium se harte op hul tuisveld gebreek het. Gimmies was met nog enkele minute oor met 17-16 voor.

• Oakdale Landbou het sy grootste sege nog oor die Hoërskool Outeniqua behaal. Die span van Riversdal was met 60-8 baas.

Die wenspan se linkervleuel, Lee-Winn Pretorius, het 'n driekuns behaal.

• Die Hoër Jongenskool Paarl sal ook tevrede wees om weer terug op die wenpad te wees ná 'n oortuigende sege van 73-6 oor Bishops.

Boishaai se regtervleuel, Aiden Jacobs, het vier keer gaan druk.

• Witteberg het die eerste keer sedert 2017 vir Voortrekker van Bethlehem geklop. Die wenspan het danksy 'n drie deur hul agtsteman, Daniel Meintjies, hul wendroogte teen die Trekkers verbreek.

  • Uitslae:
  • SDC NOORDVAAL CUP
  • Groep 1
  • Beker: Monument 36, Noordheuwel 33; Waterkloof 51, Menlopark 33; EG Jansen 27, Helpmekaar 19; Hoërskool Rustenburg 22, Hoërskool Nelspruit 19; Garsfontein 31, Marais Viljoen 19. Plaat: Transvalia 50, Kempton Park 33; Hoërskool Middelburg 22, Hoërskool Klerksdorp 9; Ligbron Akademie 31, Montana 26; HTS Middelburg 27, Oos-Moot 14. Skild: Secunda 25, Die Anker 21; Lichtenburg 40, Jeugland 33; Wesvalia 34, Heidelberg Volkskool 28; Hugenote (Springs) 38, Ben Vorster 7. Bowl: Potchefstroom Gimnasium 30, Potchefstroom Volkskool 13; Merensky 48, Wagpos 18; Randburg 23, Piet Retief 18.
  • Groep 2
  • Blou Bulle: Wonderboom 28, Pretoria-Noord 12; Midstream College 35, HTS John Vorster 30; Centurion 67, Overkruin 0. Limpopo: Ellisras 36, Hans Strijdom 10. Pumas: Ferrum 58, Rob Ferreira 10; Ermelo 20, HTS Witbank 17. Valke: Dinamika 57, Hans Moore 22; Oosterlig 36, Driehoek 26.
  • Groep 3
  • Goue Leeus: Riebeeckrand 26, Fochville 18; Linden 29, Riebeeckrand 12; Florida 35, Glenharvie 0; Fochville 32; Bastion 27. Pumas: Standerton 35, Hoogenhout 20. Valke: HTS Sasolburg 31, Stoffberg 29.
  • Groep 4
  • Blou Bulle: Magalieskruin 29, Akasia 29; FH Odendaal 23, Curro Roodeplaat 18. Goue Leeus: Bekker 43, Alberton High 5; Goudrif 27, Jan Viljoen 27; Bracken 16, President 7; Carletonville 35, Queen's High 29; Randpark 19, Bryanston 7.
  • NOORDVAAL
  • Zwartkop 22, Eldoraigne 16; Jeppe 27, Pretoria Boys' High 22; St John's College 51, Parktown Boys' High 7; St David's Marist 28, St Stithians College 27; Northcliff 27, St Benedict's College 7; Hoërskool Pietersburg 19, HTS Tom Naudé 7.
  • OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL
  • Selborne College 29, Dale College 28; Northwood 31, Glenwood 24; Westville Boys' High 36, King Edward VII 36.
  • VRYSTAAT/GRIEKWAS
  • Grey Kollege 31, Affies 27; Witteberg 25, Voortrekker 23; Welkom Gimnasium 48, Goudveld-Hoërskool 9; Hoërskool Trio 26, Hentie Cilliers 22; Duineveld 49, Noord-Kaap 21; Fichardtpark 36, Louis Botha 14; Landboudal 31, Jim Fouché 17; Hoopstad 33, Bothaville 0; Wilgerivier 63, HTS Welkom 0; Wessel Maree 39, Riebeeckstad 27; Hennenman 20, Bultfontein 17; Zastron 26, St Andrews 0; Brandfort 64, Heatherdale 7; Zastron 29, President Steyn 0; St Andrews 43, Brandfort 27; Fichardtpark 43, Burgersdorp 22.
  • WES-KAAP
  • Paul Roos Gimnasium 23, Paarl Gimnasium 17; SACS 59, Milnerton 19; Hoër Jongenskool Paarl 73, Bi­shops 6; Oakdale Landbou 60, Outeniqua 8; Stellenberg 26, Hoërskool Bellville 17; Charlie Hofmeyr 30, Swartland 27; HTS Bellville 34, Parel Vallei 27; Melkbosstrand 18, Hottentots-Holland 17; Hoërskool Durbanville 31, Brackenfell 21; Worcester Gimnasium 31, Strand 31; Robertson 49, Hermanus 32; Langenhoven Gimnasium 50, York 41; Labori 31, Hoërskool Wellington 0; Porterville 76, Jan van Riebeeck 3; Overberg 40, Dirkie Uys 7; Bosmansdam 78, Tygerberg-klub 10.
Hannes Nienaber

SPELETJIES VANDAG

CTA