Blou Tornado waai Bere weg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Luhan Graaff van HTS Middelburg duik oor vir sy drie teen Hoërskool Middelburg.Foto: frans lombard/actionpix
Luhan Graaff van HTS Middelburg duik oor vir sy drie teen Hoërskool Middelburg.Foto: frans lombard/actionpix

Dit het 'n volle 11 jaar geneem, maar die Blou Tornado van die Hoërskool Waterkloof het uiteindelik weer daarin geslaag om Garsfontein se Bere weg te waai.

Die Klofies was met 47-36 op hul tuisveld baas. Soos in enige goeie kombuis, benodig jy 'n goeie kok. In Waterkloof se geval was dit Marco Kok. Dié agtsteman het sy span telkemale met sy stormlopies oor die voordeellyn gekry.

Boonop was die heelagter, Ronan Bastiaanse, op sy stukke. Hy het nie net 'n skepdoel uit sy eie helfte oorgeklits nie, maar ook 'n bydrae van 22 punte met sy skopskoen gelewer.

Die Klofies se senterpaar, Happy Makate en Riwan van Aswegen, het agterlangs ook baljaar.

• Dit is sover vanjaar ook nie die Hoër Jongenskool Paarl se seisoen nie.

Maar die eerste span van Boishaai het gister in Bloemfontein gewys dat hulle steeds oor hope durf beskik. Die span se afrigter, Sean Erasmus, se planne is ook duidelik nog ver van klaar.

Grey Kollege was met 40-28 baas, maar dit was 'n veel moeiliker taak as wat die meeste vooraf verwag het. Grey het teen lemoentyd 'n skrale voorsprong van 19-14 gehad.

Grey se skrumskakel, Phillip McLaren, was uitstaande. Die linkervleuel, Ruben Cilliers, was ook puik.

Boishaai se twee flanke, Rubin Dames en Stephan van der Merwe, het die tuisspan probleme by die afbreekpunte besorg.

• In Middelburg het HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg gesorg dat die meer as 13 000 toeskouers getrakteer word op alles wat 'n volwaardige derby behoort te hê.

Die twee spanne het behoorlik onder mekaar ingeklim. Veral met hul duikslae asook by die afbreekpunte. Die Rooi Bulle se kaptein en flank, Toy Engelbrecht, was vooraan in sy span se sege van 31-24.

Uitslae:

  • SDC NOORDVAAL CUP
  • Groep 1
  • Beker: Waterkloof 47, Garsfontein 36; Monument 59, Menlopark 25; Helpmekaar 72, Hoërskool Nelspruit 19; EG Jansen 32, Marais Viljoen 8; Noordheuwel 40, Hoërskool Rustenburg 34. Plaat: HTS Middelburg 31, Hoërskool Middelburg 24; Transvalia 43, Ligbron Akademie 35; Kempton Park 34, Zwartkop 26; Oos-Moot 43, Montana 31. Skild: Die Anker 57, Ben Vorster 15; Hugenote (Springs) 41, Secunda 31; Wesvalia 41, Hoërskool Pietersburg 10; Heidelberg Volkskool 34, Jeugland 29. Bowl: Potchefstroom Gimnasium 62, Randburg 24; Piet Retief 15, Wagpos 14; Merensky 43, Hoërskool Alberton 17; Eldoraigne 30, Dr. Malan 30.
  • Groep 2
  • Blou Bulle: Bergsig Akademie 26, Midstream College 23; Overkruin 36, Pretoria-Noord 28; Wonderboom 31, Centurion 26. Goue Leeus: Dinamika 41, Hoërskool Sasolburg 29. Limpopo: Ben Viljoen 82, Frans du Toit 3; Ellisras 26, Nylstroom 13; Frikkie Meyer 29, HTS Tom Naudé 18. Valke: Brandwag (Benoni) 55, Hans Moore 26; Oosterlig 39, Leeuwenhof 26.
  • Groep 3
  • Blou Bulle: Die Wilgers 40, HTS Tuine 13. Limpopo: Louis Trichardt 62, Eric Louw 10. Luiperds: Vryburg 40, Hartbeespoort 21. Pumas: Hoogenhout 15, Generaal Hertzog 15.
  • Groep 4
  • Blou Bulle: Curro Roodeplaat 44, Suiderberg 0; FH Odendaal 26, Silverton 0; Magalieskruin 22, Maragon Mooikloof 10; Akasia 41, Kwaggasrand 7. Goue Leeus: Bastion 29, Allen Glen 24; Linden 62, Glenharvie 5; Bekker 53, Queen's High 21; Alberton High 43, President 6; Bracken 30, Jan Viljoen 21; Randpark High 41, Fourways 20.
  • KWAZULU-NATAL
  • Maritzburg College 24, Michaelhouse 17; Westville Boys' High 34, Kearsney College 22; St Charles College 36, Clifton 5; Hilton College 29, Pretoria Boys' High 17.
  • NOORDVAAL
  • Jeppe 40, Northwood 8; St John's College 80, St Andrew's (Bloemfontein) 3; Lichtenburg 12, Hoërskool Klerksdorp 7; Parktown Boys' High 23, St Stithians College 15; St Alban's College 27, Northcliff 25; King Edward VII 75, St Benedict's College 3; Rob Ferreira 57, Uplands College 14.
  • OOS-KAAP
  • Grey High School 15, Queen's College 5; Nico Malan 31, Marlow Landbou 27; Framesby 47, HTS Daniël Pienaar 19.
  • VRYSTAAT/GRIEKWAS
  • Grey Kollege 40, Hoër Jongenskool Paarl 28; Landboudal 13, Fichardtpark 12; Jim Fouché 32, Sentraal 12; Witteberg 52, Goudveld-Hoërskool 0; Voortrekker (Bethlehem) 37, Hentie Cilliers 12; Hoërskool Trio 17, Welkom Gimnasium 17; Diamantveld 71, Noord-Kaap 7; Duineveld 17, Hoërskool Upington 15; President Steyn 53, Sand du Plessis 0; Hendrik Potgieter 34, Brandfort 26; Zastron 59, Sand du Plessis 8; President Steyn 61, Bloemfontein-Suid 5; Hoërskool Bloemfontein 56, Heatherdale 0; Hennenman 3, Riebeeckstad 0; Wilgerivier 50, Wessel Maree 7; Bultfontein 18, Bothaville 12; Hoopstad 75, HTS Welkom 0; Hopetown 64, Kimberley Boys' High 0; Vrede 48, Harrismith 7.
  • WES-KAAP
  • Paul Roos Gimnasium 28, SACS 10; Paarl Gimnasium 19, Rondebosch Boys' High 12; Boland Landbou 32, Wynberg Boys' High 10; Stellenberg 25, Bishops 19; HTS Drostdy 25, Hoërskool Durbanville 23; Worcester Gimnasium 35, Robertson 28; Charlie Hofmeyr 27, Oakdale Landbou II 26; Hopefield 28, Piketberg 15; Langenhoven Gimnasium 31, Hoërskool Oudtshoorn 20; DF Malan 22, Hoërskool Punt 16; Tygerberg 20, Melkbosstrand 19; Hoërskool Bellville 32, Hugenote (Wellington) 29; Montagu 35, Labori 14; Porterville 45, Steynville Sekondêr 7; Milnerton 53, Parel Vallei 12; HTS Bellville 14, Monumentpark 10; Brackenfell 19, Strand 15; Overberg 19, Hermanus 7.
Hannes Nienaber

SPELETJIES VANDAG

CTA