Cheswill hardloop Waterkloof dronk

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Evan Bernhardi, skrumskakel van Monnas, word deur Garsfontein se regtervleuel, Brooklyn Newman, net-net onder die kennebak beetgekry. Foto: Marius Nortjé
Evan Bernhardi, skrumskakel van Monnas, word deur Garsfontein se regtervleuel, Brooklyn Newman, net-net onder die kennebak beetgekry. Foto: Marius Nortjé

Indien iemand gewonder het hoe gevaarlik Cheswill Jooste op heelagter kan wees, kan hulle maar net vir Waterkloof gaan vra.

Die Klofies het hulle gister op hul tuisveld in Pretoria teen Cheswill, Nories se heelagter, vasgeloop. Hy is tot dusver die seisoen op buitesenter ingespan, 'n posisie waarin hy nie floreer het nie.

In sy voorkeurposisie gister in die Jakarandastad, het hy die Nories tot 'n sege van 53-32 oor die tuisspan aangevuur.

In nog 'n SDC Noordvaal Cup-wedstryd het die Hoërskool Garsfontein vir Monument die eerste keer sedert 2018 in Krugersdorp met 31-28 omgedop.

Dié grondslag vir die sege is voorlangs gelê met veral die skrumwerk van die Bere wat met die vaskopstut, Luan van der Berg, aan die voorpunt hier die oorhand gehad het.

Monnas sal wel nie in sak in as wees nie. Die span het twee bonuspunte verdien en die plaasvervangervleuel, Ewan van der Walt, het amper 'n droombuiging in sy eerste wedstryd vir die Wit Bulle gehad. Hy het met 'n onderskepdrie sy span met minder as tien minute oor laat voorloop.

Affies het hul seisoen op 'n hoogtepunt met 'n sege van 48-5 oor Pretoria Boys' High afgesluit.

  • SDC NOORDVAAL CUP
  • Groep 1
  • Beker: Noordheuwel 53, Waterkloof 32; Garsfontein 31, Monument 28; Hoërskool Nelspruit 33, Menlopark 28; Helpmekaar 62, Marais Viljoen 24; EG Jansen 48, Hoërskool Rustenburg 21. Plaat: Transvalia 42, Zwartkop 12; Hoërskool Middelburg 24, Montana 17; Ligbron Akademie 25, HTS Middelburg 20; Oos-Moot 29, Hoërskool Klerksdorp 19. Skild: Die Anker 33, Jeugland 33; Wesvalia 48, Ben Vorster 8; Lichtenburg 45, Secunda 27; Hugenote (Springs) 24, Hoërskool Pietersburg 21. Bowl: Merensky 38, Dr. Malan 28; Hoërskool Alberton 22, Piet Retief 19; Potchefstroom 80, Wagpos 7; Potchefstroom Volkskool 28, Randburg 13.
  • Groep 2 Kwarteindstryde
  • Hoërskool Ermelo 23, HTS John Vorster 20; Overkruin 42, Midstream College 37; Dinamika 22, Frikkie Meyer 19; Bergsig Akademie 38, Ellisras 27.
  • Groep 3 Kwarteindstryde
  • Bergvlam 23, Stoffberg 19; Linden 27, Erasmus (Bronkhorstspruit) 16; Riebeeckrand 32, Die Wilgers 12; Vryburg 36, Standerton 24.
  • Groep 4 Kwarteindstryde
  • Witbank High 47, Hoërskool Parys 34; Carletonville 22, HTS Els­park 12; Kanonkop 26, Bekker 25; Warmbad 25, HTS Klerksdorp 17.
  • Groep 5A Kwarteindstryde
  • Die Wilge 13, Vaalpark Articon 10; Heilbron 50, Akasia 27; Morgenzon Landbou 37, Johan Jurgens 12; FH Odendaal 22, Wonderfontein 12.
  • Groep 5B Kwarteindstryde
  • Sannieshof 23, Vryburger 22; Sizanane 31, Hoërskool Langenhoven 29; Christian 31, Pierre van Ryneveld 7; Glenbrack 26, Tyger Valley 0.
  • NOORDVAAL
  • Affies 48, Pretoria Boys' High 5; King Edward VII 47, Maritzburg College 21; Jeppe 69, Parktown Boys' High 7.
  • OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL
  • Queen's College 40, Graeme College 13; Selborne College 70, Dale College 5; Nico Malan 28, Die Brandwag (Uitenhage) 24; Framesby 50, St Andrew's Col­lege 10; Northwood 29, Glenwood 19.
  • VRYSTAAT/GRIEKWAS
  • Jim Fouché 12, Fichardtpark 7; Landboudal 46, Burgersdorp 28; Voortrekker (Bethlehem) 37, Witteberg 3; Welkom Gimnasium 35, Hoërskool Trio 7; Ficksburg 21, Wessel Maree 12; Hendrik Potgieter 14, St Andrews 13; Zastron 43, Brandfort 20; Diamantveld 63, Kalahari 5; Curro Kathu 17, Hoërskool Kathu 12.
  • WES-KAAP
  • Hoër Jongenskool Paarl 12, Boland Landbou 3; Paarl Gimnasium 45, Hoërskool Durbanville 20; Paul Roos Gimnasium 28, Stellenberg 3; Hopefield 18, Labori 12; DF Malan 15, Melkbosstrand 14; Hoërskool Strand 13, Monumentpark 8; Hugenote (Wellington) 23, Porterville 20; Hoërskool Bellville 17, Duineveld 10; Parel Vallei 12, Worcester Gimnasium 10; Bosmansdam 21, President 16.
Hannes Nienaber

SPELETJIES VANDAG

CTA