Groot stryd tussen Paul Roos, Affies wag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jamaal Feldman, Monument se kaptein en flank, probeer verby twee verdedigers van Welkom Gimnasium kom in die spanne se kragmeting in Krugersdorp. Monnas was met 64-28 baas.Foto: marius nortjé
Jamaal Feldman, Monument se kaptein en flank, probeer verby twee verdedigers van Welkom Gimnasium kom in die spanne se kragmeting in Krugersdorp. Monnas was met 64-28 baas.Foto: marius nortjé

Alle paaie lei die week na die Noord/Suid-toernooi wat by Affies in Pretoria aangebied word.

Paul Roos Gimnasium en Affies, wat Saterdag in die hoofwedstryd van die rugbyfees speel, het reeds gister vir mekaar tande gewys.

Paul Roos het HTS Drostdy met 73-10 in die Markötter-stadion in Stellenbosch verniel. Die losskakel Joshua Dampies het 21 punte aangeteken.

Affies was self gister in 'n hoër rat en het Helpmekaar op sy tuisveld in Johannesburg met 45-21 die loef afgesteek. Sowel die haker Ethan van Dyk as die linkervleuel, Nicolaas Grobler, het elkeen twee keer gedruk.

Monument se Wit Bulle het hul seisoen op die Ras van Rooyen-veld teen Welkom Gimnasium met 'n sege van 64-28 afgeskop.

Albei Monnas se vleuels, Ernesto Oersen en Kealan Milton, het goeie wedstryde beleef en etlike meters veld gewen.

Die Wit Bulle kom Saterdag tydens Noord/Suid teen Paarl Gimnasium te staan.

Paarl Gimnasium het gister ook 'n behoorlike grom ingekry deur Stellenberg met 29-5 te verslaan. Dis die Gimmies se gemaklikste sege die afgelope dekade oor die Jade Brigade. Gimmies was in 2023 (24-23) en 2022 (12-6) ná 'n hewige gestoei net-net baas oor Stellenberg.

Garsfontein het sy seisoen met 'n sege van 37-31 oor Jeppe High School for Boys afgeskop. Die Bere kom Vrydag teen Oakdale Landbou te staan.

Daniel Fellingham, agtsteman van St David's Marist, op loop teen St. John's College. Foto: Frans Lombard/Actionpix
Daniel Fellingham, agtsteman van St David's Marist, op loop teen St. John's College. Foto: Frans Lombard/Actionpix

Jeppe en King Edward VII kry vanjaar 'n vuurdoop tydens die Noord/Suid-toernooi. Hulle kom albei teen Grey-kollege te staan, terwyl Jeppe boonop op die eerste dag teen Boishaai speel.

KES het 'n goeie sege van 31-27 oor Noordheuwel behaal om hul seisoen mee te begin.

Selborne College het 'n sege van 14-7 oor Graeme College op laasgenoemde se jaarlikse rugbydag in Makhanda behaal.

Goudveld in Welkom het hierdie week 'n dubbele slag geslaan toe hy twee skole van Bloemfontein in die Wesgrow-reeks, Fichardtpark (22-19) en Jim Fouché (20-13), verslaan het. Fichies is die verdedigende kampioen.

Dit lyk of die NWU-Sport-reeks se trofee dalk 'n staanplek by EG Jansen, Waterkloof of Menlopark gaan kry. Die Jansies het vir Transvalia met 41-0 verslaan, terwyl Menlopark vir Hoërskool Middelburg met 53-5 kaf gedraf het. Waterkloof het in hul eerste wedstryd van die seisoen vir HTS Middelburg met 40-10 ore aangesit.

  • UITSLAE
  • KWAZULU-NATAL
  • Durban High School 23, Kearsney College 0; Michaelhouse 25, Westville Boys' High 17; Northwood 10, Hilton College 7; Maritzburg College 83, Clifton 10; St Charles College 25, Milnerton 19.
  • VRYSTAAT/GRIEKWAS
  • Jim Fouché 24, Witteberg 24; Goudveld-Hoërskool 22, Fichardtpark 19; Noord-Kaap 57, Louis Botha 14; Goudveld-Hoërskool 20, Jim Fouché 13; Witteberg 51, Sentraal 8; Diamantveld 29, Hoërskool Trio 27; Voortrekker 33, Fichardtpark 10; Hentie Cilliers 63, Wilgerivier 14; Hoërskool Upington 31, Curro Kathu 7.
  • NOORDVAAL
  • Affies 45, Helpmekaar 21; Garsfontein 37, Jeppe 31; Monument 64, Welkom Gimnasium 28; Jeppe 36, Pretoria Boys' High 20; King Edward VII 31, Noordheuwel 27; St Stithians College 62, St Benedict's College 3; St John's College 29, St David's Marist 21; St Alban's College 37, Parktown Boys' High 20; EG Jansen 57, Ligbron Akademie 23; Frikkie Meyer 12, Bergsig Akademie 10; HTS Tom Naudé 28, Merensky 14; Die Wilgers 35, Hartbeespoort 17; Randpark High 45, Edenvale 12; Glen Harvie 20, HTS Sasolburg 13; Northcliff 27, Springs Boys' High 12; Standerton 23, Overvaal 5; Dinamika 36, Centurion 19; Randburg 26, Midstream College 12; Bekker 34, John Vorster (Nigel) 17; Brandwag (Benoni) 46, Generaal Hertzog 0.
  • NWU SPORT-REEKS
  • Kempton Park 31, Transvalia 21; Oos-Moot 37, Hoërskool Nelspruit 29; Menlopark 53, Hoërskool Middelburg 5; Waterkloof 40, HTS Middelburg 10; EG Jansen 41, Transvalia 0; Menlopark 48, Oos-Moot 7; Waterkloof 63, Kempton Park 21.
  • NWU PRESTIGE-REEKS
  • Hugenote (Springs) 24, Hoërskool Klerksdorp 19; Montana 35, Oosterlig 10; Hoërskool Rustenburg 18, Wesvalia 18; Zwartkop 32, Potchefstroom Volkskool 23; Marais Viljoen 33, Jeugland 21; Lichtenburg 28, Hoërskool Pietersburg 11; Potchefstroom Gimnasium 12, Die Anker 5.
  • NWU 16-REEKS
  • Pretoria-Noord 20, Stoffberg 15; Sarel Cilliers (Glencoe) 36, Ferrum 34; Volksrust 28, Pionier 24; Riebeeckrand 27, Leeuwenhof 12; Ben Viljoen 34, Hans Strijdom 27; Wolmaransstad 33, Fochville 14; Vryburg 69, Schoonspruit 5.
  • OOS-KAAP
  • Selborne College 14, Graeme College 7; St Andrew's College 34, Die Brandwag (Uitenhage) 19; Nico Malan 31, Dale College 29; Framesby 43, Stirling 0; HTS Daniël Pienaar 43, Union 6; Grey High School 44, Hudson Park 5; Kingswood College 29, Marlow Landbou 14; Cambridge 24, Muir College 21; Pearson 19, Queen's College 11; Mary Waters 13, HTS Port Rex 12; Port Alfred 12, Graeme College II 12; Woodridge College 7, Die Brandwag (Uitenhage) II 7.
  • WES-KAAP
  • Paul Roos Gimnasium 73, HTS Drostdy 10; Paarl Gimnasium 29, Stellenberg 5; Bishops 43, Hoërskool Windhoek 8; Wynberg Boys' High 84, Hoërskool Windhoek 3; Oakdale Landbou 17, Rondebosch Boys' High 13; SACS 25, Hoërskool Durbanville 22; Parel Vallei 13, Hermanus 5; Boland Landbou 15, Outeniqua 13; Robertson 15, Vredendal 12; Charlie Hofmeyr 41, DF Malan 15; Worcester Gimnasium 24, Tygerberg 15; Hottentots-Holland 38, Fairbairn College 0; Strand 33, Hamiltons RFC 31; Labori 10, Bosmansdam 0; Melkbosstrand 22, Fairmont 7; Edgemead 20, Vredenburg 0; Piketberg 27, Esselenpark 19; Steynville 27, De Villiers Graaff 24; Weston 12; De Kuilen 7; Brackenfell 15, Hopefield 14; Montagu 52, Jakes Gerwel 12; Langenhoven Gimnasium 24, Overberg 17; Hugenote (Wellington) 14, Hoërskool Punt 10.
Hannes Nienaber

SPELETJIES VANDAG

CTA