Die voorste skolespan in Suid-Afrika, Grey Kollege, het met sewe spelers die grootste verteenwoordiging in die twee Suid-Afrikaanse Skolespanne.
Die keurders het Saterdag 'n Suid-Afrikaanse Skolespan en die gebruiklike SA Skole-A-span aangekondig. Hierdie spanne sal Donderdag mekaar by die Hoër Landbouskool Boland in die Agter-Paarl die stryd aansê.
Die Westelike Provinsie het met 14 spelers die grootste verteenwoordiging in die twee groepe, terwyl agt van die Vrystaat, sewe van die Leeus, ses van die Haaie, vyf van die Oostelike Provinsie, drie van die Bulle en een elk van die Suidwestelike Distrikte, Boland en Grens kom.
Grey Kollege het vier spelers in die SA Skolespan. Hulle is Ian van der Merwe (losskakel), JJ Theron (agtsteman), Jean Erasmus (loskopstut) en Christiaan van der Westhuizen (plaasvervanger-skrumskakel).
Benito Goeda (buitesenter), Pieter van der Merwe (binnesenter) en Ranon Fouché (loskopstut) is by die SA Skole-A-span ingesluit.
Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) se JC Mars (heelagter), Jameel de Jongh (linkervleuel) en Divan Fuller (flank) is in die SA Skolespan, terwyl Scott Nel (regtervleuel) in die SA Skole-A-span is.
De Jongh volg in die spore van sy broer, Shah-Jehaan, was verlede jaar 'n lid van dié span was.
Luyanda Kunene (regtervleuel) en Phiwayinkosi Kubeka (loskopstut) is Maritzburg College se manne in die SA Skolespan.
Bishops Diocesan School se Haashim Pead (skrumskakel) sal sy skool se vaandel in die SA Skolespan dra, terwyl sy skoolmaats Aidan Norris (agtsteman) en Gilemo Mentoe (plaasvervanger- veelsydige agterspeler) die SA Skole-A-span gehaal het.
Die Hoërskool Monument in Krugersdorp het ook drie spelers in die groepe. Ulrich van der Westhuizen (slot) is in die SA Skolespan, terwyl Jacques Botha en Ceano Everson onder die plaasvervangers van die SA Skole-A-span tel.
Die Hoërskool Noordheuwel, ook van Krugersdorp, sal breëbors wees oor JT Kapank in die SA Skolespan en Cheswill Jooste in die SA Skole-A-span.
Dié groepe sal Sondag by Boland Landbou saamtrek, waar hulle in die week sal begin voorberei.
Die SA Skolespan word deur Katleho Lynch afgerig, wat deur James Winstanley en Cobus van Dyk bygestaan word.
Lwazi Zangqa is die SA Skole-A-span se hoofafrigter, met Heinrich Martin wat hom sal bystaan, terwyl Van Dyk ook as skrumafrigter sal optree.
Spelers wat die afgelope week in George in aksie was en gekies is om Suid-Afrika volgende maand op die Statebond-jeugspele in Trinidad en Tobago te verteenwoordig, is nie vir dié week se kragmeting oorweeg nie, hoewel hulle later betrek kan word vir die o.18-Internasionale reeks in Augustus.
Suid-Afrikaanse Skolespan: JC Mars (WP, HJS Paarl), Luyanda Kunene (Haaie, Maritzburg College), Demitre Erasmus (Bulle, Garsfontein), Janco Purchase (Bulle, Affies), Jameel de Jongh (WP, HJS Paarl), Ian van der Merwe (Vrystaat, Grey Kollege), Haashim Pead (WP, Bishops), JJ Theron (Vrystaat, Grey Kollege), Batho Hlekani (OP, Graeme College), Divan Fuller (WP, HJS Paarl), Ulrich van der Westhuizen (Leeus, Monument), Jacobus Grobbelaar (Vrystaat, Fichardtpark), Jean Erasmus (Vrystaat, Grey Kollege), Siphosethu Mnebelele (Leeus, King Edward VII), Phiwayinkosi Kubeka (Haaie, Maritzburg College). PLAASVERVANGERS: Ruan Welman (Leeus, Helpmekaar), Lithemba Mfupi (Haaie, Glenwood High School), Simphiwe Ngobese (Haaie, Durban High School), Riley Norton (WP, Paul Roos Gimnasium), Xola Nyali (WP, Wynberg Boys' High), Christiaan van der Westhuizen (Vrystaat, Grey Kollege), JT Kapank (Leeus, Noordheuwel), Kyle Smith (WP, Paarl Gimnasium).
SA Skole-A-span: JT Strydom (SWD, Outeniqua), Scott Nel (WP, HJS Paarl), Benito Goeda (Vrystaat, Grey Kollege), Pieter van der Merwe (Vrystaat, Grey Kollege), Cheswill Jooste (Leeus, Noordheuwel), Yaqeen Ahmed (WP, Wynberg Boys' High), Brooklyn Newman (Bulle, Garsfontein), Aidan Norris (WP, Bishops), Matt Romao (Boland, HTS Drostdy), De Wet-Grant Fourie (OP, HTS Daniel Pienaar), Zuko Poswa (Grens, Selbourne College), Danio Botha (WP, Paarl Gimnasium), Herman Lubbe (WP, Stellenberg), Imaani Pemba (OP, Grey High School), Ranon Fouché (Vrystaat, Grey Kollege). PLAASVERVANGERS: Christian Everitt (Haaie, Durban High School), Sibabalwe Booi (OP, Ndzondelelo High School), Ryan Jack (WP, Paul Roos Gimnasium), Jacques Botha (Leeus, Monument), Vuyo Gwiji (Haaie, Northwood), Ceano Everson (Leeus, Monument), Dominic Malgas (OP, Nico Malan), Gilemo Mentoe (WP, Bishops).
Bestuurspanne:
SA Skolespan:
Spanbestuurder: Dean Moodley
Hoofafrigter: Katleho Lynch
Hulpafrigter: James Winstanley
Skrumafrigter: Cobus van Dyk
Fisioterapeut: Ken Kabongo
Kondisioneringsafrigter: Sisonke Makapela
Spandokter: Gershin Kortje
SA Skole-A-span:
Spanbestuurder: Jimmy Jimlongwe
Hoofafrigter: Lwazi Zangqa
Hulpafrigter: Heinrich Martin
Skrumafrigter: Cobus van Dyk
Fisioterapeur: Farhaanah Nagia
Kondisioneringsafrigter: Yaw Fosu-Amoah
Spandokter: Gershin Kortje





















