'n Beter somer kon die krieketspanne van die Hoërskool Outeniqua in George nie die afgelope paar maande beleef het nie. Midde-in die skool se 100-jarige feesvieringe is die Kwaggas so pas as kampioen gekroon in al vier die vernaamste Suidwestelike Distrik-ligas.
Outeniqua se eerste span het wel in die loop van die afgelope klompie weke kwaai teenstand van die Hoërskool Bridgton ontvang, maar het nogtans 'n kortkop voor Bridgton op die finale superliga-puntelys geëindig. Die Kwaggas se o.19B-, o.15A- en o.15B-spanne het ook al drie hul ligas gewen. - Sarel Burger




















