Van die 46 spelers wat vir die twee Suid-Afrikaanse Skole-spanne gekies is, kom 43 uit slegs ses van die 16 provinsies wat op die Cravenweek-toernooi in aksie was. Slegs drie spelers Matt Romao (Boland), Zuko Poswa (Grens) en JT Strydom (SWD), almal in die SA Skole A-span, is van buite die ses unies gekies.
Die ses unies wat 43 verteenwoordigers bygedra het, is Westelike Provinsie (14), Vrystaat (8), Goue Leeus (7), Oostelike Provinsie (5), Blou Bulle (3) en Haaie (6).
Grey-kollege, die land se voorste skolespan vanjaar, het met vier verteenwoordigers die grootste verteenwoordiging in die span. Die skool se JJ Theron (agtsteman), Ian van der Merwe (losskakel), Jean Erasmus (vaskopstut) en Christiaan van der Westhuizen (skrumskakel) het die uitsoekspan gehaal.
'n Verdere drie spelers van die skool, Benito Goeda, Pieter van der Merwe (albei senters) en Ranon Fouché (losskopstut) het ook die SA Skole A-span gehaal.
Die Vrystaat se agtste speler in die twee spanne is ook die Hoërskool Fichardtpark se eerste SA Skole-speler, die slot Jaco Grobbelaar.
Die twee skolespanne sal mekaar Donderdag op Boland Landbou se velde pak.
Die keurders het nie enige van die spelers oorweeg wat vroeg volgende maand vir Suid-Afrika op die Statebond Jeug-spele in Trinidad en Tobago speel nie. Dié spelers sal wel oorweeg word om later vanjaar vir die SA o.18-span te speel.
Die SA Skole-span word Katleho Lynch (St John's College) gebrei, met James Winstanley (Kingswood College) wat hom sal bystaan. Die A-span word deur Lwazi Zangqa (Hudson Park) afgerig met Heinrich Martin (Milnerton) as sy hulpafrigter.
Die spanne is:
- SA Skole: JC Mars (WP, HJS Paarl), Luyanda Kunene (Haaie, Maritzburg College), Demitre Erasmus (Bulle, Garsfontein), Janco Purchase (Bulle, Affies), Jameel de Jongh (WP, HJS Paarl), Ian van der Merwe (Vrystaat, Grey Kollege), Haashim Pead (WP, Bishops), JJ Theron (Vrystaat, Grey Kollege), Batho Hlekani (OP, Graeme College), Divan Fuller (WP, HJS Paarl), Ulrich van der Westhuizen (Leeus, Monument), Jaco Grobbelaar (Vrystaat, Fichardtpark), Jean Erasmus (Vrystaat, Grey Kollege), Siphosethu Mnebelele (Leeus, King Edward VII), Phiwayinkosi Kubeka (Haaie, Maritzburg College). PLAASVERVANGERS: Ruan Welman (Leeus, Helpmekaar), Lithemba Mfupi (Haaie, Glenwood), Simphiwe Ngobese (Haaie, Durban High School), Riley Norton (WP, Paul Roos Gimnasium), Xola Nyali (WP, Wynberg Boys' High), Christiaan van der Westhuizen (Vrystaat, Grey Kollege), JT Kapank (Leeus, Noordheuwel), Kyle Smith (WP, Paarl Gimnasium).
- SA Skole A: JT Strydom (SWD, Outeniqua), Scott Nel (WP, HJS Paarl), Benito Goeda (Vrystaat, Grey Kollege), Pieter van der Merwe (Vrystaat, Grey Kollege), Cheswill Jooste (Leeus, Noordheuwel), Yaqeen Ahmed (WP, Wynberg Boys' High), Brooklyn Newman (Bulle, Garsfontein), Aidan Norris (WP, Bishops), Matt Romao (Boland, HTS Drostdy), De Wet Fourie (OP, HTS Daniel Pienaar), Zuko Poswa (Grens, Selborne College), Danio Botha (WP, Paarl Gimnasium), Herman Lubbe (WP, Stellenberg), Imaani Pemba (OP, Grey High), Ranon Fouché (Vrystaat, Grey Kollege). PLAASVERVANGERS: Christian Everitt (Haaie, Durban High School), Sibabalwe Booi (OP, Ndzondelelo), Ryan Jack (WP, Paul Roos Gimnasium), Jacques Botha (Leeus, Monument), Vuyo Gwiji (Haaie, Northwood), Ceano Everson (Leeus, Monument), Dominic Malgas (OP, Nico Malan), Gilermo Mentoe (WP, Bishops).




















