Wanneer 'n speler 'n driekuns aan drieë in 'n wedstryd behaal, is dit 'n uitsonderlike prestasie, maar wanneer een speler ses keer agter die doellyn gaan kuier, klink dit te goed om waar te wees.
Dié ongehoorde prestasie is presies wat Greyven Dempsey, agtsteman van die Hoërskool Staatspresident Swart (SPS) in Brandfort in die Vrystaat se eerste rugbyspan, Saterdag vermag het.

Dempsey se ses drieë het 'n groot rol daarin gespeel dat SPS die Hoërskool Sand du Plessis met 62-8 in Brandfort verslaan het. Die spanne neem in die Vrystaatse B-liga deel.
Dit is nie net Dempsey wat 'n uitsonderlike prestasie behaal het nie. Die wenspan se haker, Xander van Heerden, het vier drieë gedruk. Albei is albei gr. 11-leerlinge.
SPS se losskakel, Amolang Maloisane, het ses van sy span se tien drieë verdoel.
Dempsey het vroeër vandeesmaand vier drieë teen die Hoërskool Bloemfontein gedruk.
• Welkom Gimnasium moes in Bethlehem behoorlik uithaal om die Bethlehem Voortrekker Hoërskool met 26-24 in 'n kragmeting in die Griffons-liga te klop. Die rustydtelling was 10-7 in die Trekkers se guns.
Ronaldo Kiewiet, heelagter van Gimmies, het 'n drie gedruk en drie van sy span se drieë verdoel.
PUNTEMAKERS:
Grey Kollege 36 (19). Drieë: Julian Cosmo (2), AJ Meyer, Siyabonga Kenny, Heinrich Theron, Pretorius Ekeji, Doelskoppe: Heinz Stockenström (3). Selborne College 7 (7). Drie: Siyamthanda Sakhela. Doelskop: Page Fennel.
•Wesgrow-reeks:
Diamantveld 41 (19). Drieë: Stiaan van Loggerenberg, Dirk van Heerden (2), Jonathan Harding, Simon Liversage (2), Carel Viljoen. Doelskoppe: Simon Liversage (2), Ethan Manus. Fichardtpark 12 (5). Drieë: Devanté Claasen, Zaine van Zyl. Doelskop: MJ Herbst.
•Griffons-liga:
Welkom Gimnasium 26 (7). Drieë: Terence Tsholo, Ronaldo Kiewiet, Dyllan Kemp, Kananelo Tutubala. Doelskoppe: Kiewiet (3). Bethlehem Voortrekker 24 (10): Drieë: Kamohelo Moses, Frederik Fourie, Kaneng Komane. Doelskoppe: Christiaan van der Sandt (3). Strafdoel: Van der Sandt.
Trio 21 (14). Drieë:
Franco de Wet, Juandré Vorster, Byron Bienas. Doelskoppe: Bienas (3). Goudveld 5 (5): Drie: Keagan Frankenfeld.
Witteberg 30 (12). Drieë:
Jacques van der Merwe (2), Tshepo Motloung (2), Sydwell Sethi. Doelskop: Llewellyn Beukes. Strafdoel: Beukes. Hentie Cilliers 24 (17). Drieë: Mosa Sesedi, Ashwon Mellon, Xander Wiltshire, Megael Dawids. Doelskoppe: Rorisang Marumo, Megael Dawids.
•Vrystaat-liga:
Jim Fouché 48. Drieë: Bendré Vermaak, Christian Strydom, Kay Denn Langley, Breyton de Wee, Brendon de Wee, Franco Oberholzer, Quan Moller, Heinrich Hattingh. Doelskoppe: Strydom (4). HTS Louis Botha 10. Drieë: Phiwe Mkunjana, Refilwe Moletung.
•Vriendskaplik:
Burgersdorp 18 (6). Drieë: Sinejonge Paulus, Nischaan van der Merwe. Doelskop: Okuhle Dyan. Strafdoel: Dyan. Skepdoel: Dyan. Sentraal 7 (7): Drie: Steven Smith. Doelskop: Aiden Gotsch.


















