Daar was gister in Suid-Afrikaanse skolerugby 'n hele paar wendroogtes wat verbreek is.
Boland Landbou kon in die Brugstraat-stadion in die Paarl vir die eerste keer sedert 2009 daarin slaag om die Hoër Jongenskool Paarl te troef. Hulle was met 26-22 baas.

Die laaste keer dat Boland Landbou met die Boishaaiers geploeg het, was die verloorspan se kaptein Frans Malherbe.
Die Boishaaiers moes wel sonder 'n hele paar staatmakers klaarkom. Hul flank Divan Fuller (SA Skole) en slot Van Heerden Pretorius was nie beskikbaar nie.
Boland Landbou het voorlangs die oorhand gehad met veral sy flank Alru Gous aan die spits. Agterlangs het die losskakel, Retagen van Rooi, 'n blink vertoning opgedis.
• Maritzburg College het vir die eerste keer sedert 2014 daarin geslaag om Affies se Wit Bulle te slag. Die besoekers van Pietermaritzburg was met 50-31 baas, slegs die tweede keer in die geskiedenis dat die Wit Bulle 50 punte afstaan.
Maritzburg College se losskakel, Luc du Toit, kon nie 'n voet verkeerd sit nie. Hy het 'n persoonlike bydrae van 30 punte gelewer met 'n drie, vyf doelskoppe en vyf strafdoele.
• Daar was ook 'n hele paar gelykop-uitslae. In die Premier Interschools in George tussen Outeniqua en Paarl Gimnasium (10-elk), die kragmeting tussen Hoërskool Durbanville en SACS (22-elk) en die SDC Noordvaal Cup-wedstryd tussen Noordheuwel en Waterkloof (42-elk).
Paarl Gimnasium se regtervleuel, Freek de Kock, het sy span met 'n drie in die tweede helfte gehelp om seker te maak dat hulle nie met 'n nederlaag na die Boland terugkeer nie.
Die Hoërskool Durbanville se ster-senter, James Nero, het sy gehalte ten toon gestel toe hy twee keer gaan druk het teen SACS om sy span tot dié gelykop-uitslag te help.
• In die Noordvaal Cup was dit duidelik in twee wedstryde dat geeneen van die spanne bes wou gee nie. Waterkloof het goed teruggeveg om 'n gelykop-uitslag van 42-elk teen Noordheuwel af te dwing.
• Klofies se heelagter, Hernus Marais, was uitstaande en is vir sy goeie spel met twee drieë beloon.
• Die onoorwonne Garsfontein was amper dié status kwyt toe hulle ná 70 minute se spel met 49-48 teen Helpmekaar Kollege as oorwinnaars van die veld gestap het. Helpies se haker, Ruan Welman, het sy driekuns aan drieë met speeltyd reeds verstreke voltooi.
• Midstream College is vir die tweede agtereenvolgende jaar as kampioen van die Blou Bulle in Groep 2 gekroon. Die span van Centurion het sonder veel probleme vir Overkruin met 49-3 in die eindstryd kafgedraf.


Uitslae: SDC NOORDVAAL CUP
Groep 1
Beker: Garsfontein 49, Helpmekaar 48; Noordheuwel 42, Waterkloof 42; Monument 59, Marais Viljoen 12; Hoërskool Nelspruit 29, Menlopark 27. Plaat: Kempton Park 39, Hoërskool Middelburg 19; Montana 28, Zwartkop 18; HTS Middelburg 22, Hoërskool Rustenburg 21. Skild: Oos-Moot 41, Lichtenburg 32; Secunda 23, Ben Vorster 17; Ligbron 31, Heidelberg Volkskool 19; Hugenote (Springs) 17, Jeugland 8. Bowl: Potchefstroom Volkskool 34, Hoërskool Alberton 5; Die Anker 63, Merensky 10; Eldoraigne 24, Wesvalia 23.
Groep 2 - Eindstryde
Blou Bulle: Midstream College 49, Overkruin 3; Centurion 22, HTS John Vorster 13. Goue Leeus: Dinamika 23, Randburg 15. Limpopo: Ellisras 33, Frikkie Meyer 22. Valke: Hans Moore 18, Brandwag (Benoni) 17.
Groep 3 - Eindstryde
Blou Bulle: Die Wilgers 47, Zayo Academy 37. Limpopo: Louis Trichardt 27, Nylstroom 22. Pumas: Witbank High 24, Steelcrest 12.
Groep 4 - Eindstryde
Blou Bulle: FH Odendaal 21, Magalieskruin 5.
Groep 5 - Eindstryde
Blou Bulle: Pretoria THS 13, Hoërskool Langenhoven 10.
KWAZULU-NATAL
Glenwood 33, Northwood 21; Maritzburg College 50, Affies 31.
NOORDVAAL
King Edward VII 32, Pretoria Boys' High 23; Jeppe 50, Parktown Boys' High 19; Hoërskool Pietersburg 20, Potchefstroom Gimnasium 18.
OOS-KAAP
Selborne College 36, Hudson Park 22; Dale College 41, Stirling 12; Queen's College 34, Hoërskool Grens 8; Framesby 17, Grey High School 15; Graeme College 31, Pearson 29; Nico Malan 26, Kingswood College 20; Marlow Landbou 13, St Andrew's College 10.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Fichardtpark 41, Goudveld-Hoërskool 17; Voortrekker 46, Diamantveld 17; Jim Fouché 45, Witteberg 24; Hoërskool Trio 37, Sentraal 14; Witteberg 32, Transvalia 12; Hendrik Potgieter 33, President Steyn 7; St Andrews 23, Zastron 20; Brandfort 43, Sand du Plessis 14; Welkom Gimnasium 49, Duineveld 27; Vrede 24, Ladybrand 12; Ficksburg 19, Paul Erasmus 0; Harrismith 27, Marquard 22; Hoërskool Upington 17, Landboudal 13; Noord-Kaap 40, Kalahari 7; Curro Kathu 46, Namaqualand 14; Hartswater 26, Hopetown 13; Hoopstad 36, Bothaville 21; Wilgerivier 38, Hennenman 15.
WES-KAAP
Outeniqua 10, Paarl Gimnasium 10; Paul Roos Gimnasium 27, Oakdale Landbou 15; Boland Landbou 26, Hoër Jongenskool Paarl 22; Hoërskool Durbanville 22, SACS 22; Stellenberg 20, Rondebosch Boys' High 17; Wynberg Boys' High 63, Melkbosstrand 0; Robertson 87, Hoërskool Stellenbosch 0; Montagu 28, Overberg 26; Brackenfell 25, Hermanus 0; DF Malan 60, Jan van Riebeeck 7; Worcester Gimnasium 28, Parel Vallei 3; Milnerton 19, Strand 19; Charlie Hofmeyr 23, Hugenote (Wellington) 22; Hopefield 19, Labori 6; Piketberg 32, Augsburg Gimnasium 10; Vredendal 27, Curro Langebaan 24; Langenhoven Gimnasium 20, HTS Eden 13; Calvinia 33, Vredendal Sekondêr 17; Kasselsvlei 12, Vishoek 8; Bridgton 15, Hoërskool Oudtshoorn 7; Hoërskool Punt 24, Despatch 18; Porterville 40, Dirkie Uys 7; Strand 17, Swartland 15; Bosmansdam 47, Somerset College 8; Westerford 24, Camps Bay 5; Montagu 28, Overberg 26.



















