Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is met ses spelers die sterkste verteenwoordig in die Westelike Provinsie (WP) se o. 18-skolerugbyspan wat vanaf 24 Junie in Krugersdorp aan die jaarlikse Cravenweek gaan deelneem.
Terselfdertyd sal nie minder nie as 11 spelers van die Landbouskool Oakdale by Riversdal die kern vorm van Suidwestelike Distrikte (SWD) se span. Die Hoërskool Outeniqua in George het sewe verteenwoordigers.
Die Boland se spanne vir die nasionale toernooie sal eers aanstaande maand aangekondig word.
Die WP en SWD se spanne is nog nie amptelik bekend gemaak nie, maar al die betrokke skole en spelers dra wel reeds kennis van die gekose spanne.
• Die WP se spanne vir o. 18-Cravenweek:
WP "A": Dylan Miller (Rondebosch Boys' High), Freek de Kock (Paarl Gimnasium), Samuel Badenhorst (Paul Roos Gimnasium), Kobus Blanckenberg (Prl. Gim.), Emanuel Prinsloo (Prl. Gim.), Yaqeen Ahmed (Wynberg Boys' High), Adeeb Borraine (PRG), Torren February (Wynb.), Josh Neill (Rond.), Alutha West (Rond.), Riley Norton (PRG), Truspe Schoeman (PRG), Cruz Davey (Hoër Jongenskool Paarl), Almero Keyzer (Stellenberg), Oliver Reid (PRG), Xabiso Mkiva (Wynb.), Jordan Jooste (HJSP), Henry du Plessis (PRG), Aden da Costa (Wynb.), Quintin Potgieter (Prl. Gim.), Ashwin Cox (Bellville), Viaan Mentoor (HJSP), Caleb Engelbrecht (Durbanville).
WP-vyftiental: David Simon (Rond.), Aiden Jacobs (HJSP), Randall-John Davids (Rond.), Markus Muller (Gim.), Ashwin Swarts (HJSP), Retagan van Rooi (Boland Landbou), Jayden Brits (Bol. L/bou), Ruben Kruger (PRG), Gert Kemp (PRG), Rubin Dames (HJSP), Ruan Viviers (Bol. L/bou), Tom Barnard (Rond.), Ikhona Maxegwana (Sacs), Altus Rabie (PRG), Derik du Preez (Bol. L/bou), Sango Zangqa (Sacs), Luqobu Makwedini (Wynb.), Matthew van der Merwe (Rond.), Tjeripo Karuhumba (Wynb.), Brint Davids (Milnerton), Tyrone Gombe (Wynb.), Dante Christians (Bol. L/bou), Morgan Lodewyk (Miln.).
Suidwestelike Distrikte: Reinhardt Viljoen (Oakdale), Keenan Jantjies (Outeniqua), Kurt Coetzee (Oak.), Luca Potgieter (Outen.), Lee-Winn Pretorius (Oak.), Andrew Stopforth (Outen.), Elgernon Meyer (Outen.), Erick Steyn (Oak.), Gareth Maree (Outen.), Henru Kuhn (Hoërskool Punt), Roy Viljoen (Oak.), Sinebongo Moyeni (Oudtshoorn), Tiaan Turck (Oak.), Gustav van der Merwe (Oak.), Kai Pratt (Oak.), Sine Mdlakomo (Oak.), Kamvaletu Ndoda (Oudtsh.), Ruben Rossouw (Outen.), Ruan Swart (Oak.), Logan Jantjies (Oudtsh.), JZ Olivier (Outen.), Waylon Kortjie (Oak.), Brad Avontuur (Oudtsh.).
• Op dag 1 van die Cravenweek speel die WP teen KwaZulu-Natal, die Boland teen die Luiperds en die SWD teen die Valke.




















