Sokker

Kane bly Engelse se kaptein, sê nuwe breier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Harry Kane, kaptein van Engeland, verlede maand in aksie in ’n wedstryd in die Wembley-stadion. Foto: Getty Images
Harry Kane, kaptein van Engeland, verlede maand in aksie in ’n wedstryd in die Wembley-stadion. Foto: Getty Images

Harry Kane sal die kaptein van Engeland se sokkerspan bly wanneer die Duitser Thomas Tuchel aanstaande maand die leisels oorneem as dié span se breier.

Daarbenewens het Tuchel ook Vrydag gesê dat al die spelers daarop kan staatmaak dat hulle op 'n nuwe blaadjie begin met die Engelse wat hul kwalifisering vir 2026 se Wêreldbeker-toernooi onder sy bestuur begin. Engeland is saam met Serwië, Albanië, Letland en Andorra in Groep K.

Die 51-jarige Tuchel, wat in Oktober as Engeland se nuwe afrigter aangewys is, sal op 1 Januarie met sy werksaamhede begin.

"Op hierdie oomblik is daar nie enige rede om daaraan te dink om te verander nie," het Tuchel aan verslaggewers gesê. "Harry was altyd 'n goeie kaptein vir Engeland. So, hoekom sal mens nou eens daaraan dink?"

Tuchel het laat blyk dat hy alle spelers die geleentheid wil gee om in aanmerking te kom, ondanks hul verlede.

Ben White, verdediger van Arsenal, is een van diegene wat verwag dat Tuckel hom sal wil gesel. White wou nie vir Engeland oorweeg word nie, nadat hy uit die bloute die span weens persoonlike redes verlaat het by die 2022-Wêreldbeker-toernooi.

"Ek sal met White in verbinding tree," het Tuchel gesê.

Gerugte doen die ronde dat White en Gareth Southgate, Tuckel se voorganger, nie om dieselfde vuur gesit het nie. Southgate het dit ten sterkste ontken.

Tuckel was tevore onder meer Bayern Munich en Chelsea se breier. - Reuters, Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM