Statebondspele

Akani deur na 100 m-eindronde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Akani Simbine op pad om sy plek in die eindronde van die 100 m te bespreek op die Statebondspele in Birmingham. Aan sy binnekant is Engeland se Ojie Edoburun. Foto: Reuters
Akani Simbine op pad om sy plek in die eindronde van die 100 m te bespreek op die Statebondspele in Birmingham. Aan sy binnekant is Engeland se Ojie Edoburun. Foto: Reuters

Akani Simbine sal om Woensdagaand om 22:30 sy 100 m-titel op die Statebondspele in Birmingham probeer verdedig nadat hy suksesvol deur die halfeindronde gevorder het.

Simbine, wat in die halfeindronde aangetree het as die enigste atleet in sy wedloop wat al onder tien sekondes gehardloop het, het die eindstreep in 10.07 sekondes oorgesteek om eerste te eindig sonder om te veel te sweet.

Die Australiër Rohan Browning was naasbeste in 10.17 sek.

Die Suid-Afrikaner sal nou sy tweestryd in 2022 met die Keniaan Ferdinand Omanyala hervat.

Omanyala was algeheel die vinnigste in die halfeindronde in 10.02 sek., ondanks die wind van voor van -1,2 m/s.

CTA