Blitsbokke deur na halfeind in Statebondspele

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Zain Davids het die Blitsbokke in Siviwe Soyizwapi se afwesigheid aangevoer.   Foto: Gallo Images
Zain Davids het die Blitsbokke in Siviwe Soyizwapi se afwesigheid aangevoer. Foto: Gallo Images

Die Blitsbokke het hul plek in halfeindronde van die Statebondspele bespreek deur Saterdagaand met Kanada klaar te speel.

Suid-Afrika het vyf drieë gedruk om die Kanadese met 33-0 in die kwarteindronde in Coventry te klop.

Ronald Brown het die Blitsbokke se eerste drie gedruk. Hy het op pad na die doellyn 'n paar Kanadese gesystap en in die lug laat gryp. Kort daarna het Christie Grobbelaar ook vir die Suid-Afrikaners gaan druk.

Ongelukkig is Brown oomblikke voor rustyd met 'n geel kaart afgestuur vir 'n ontoelaatbare duikslag. Maar skaars was Brown af, toe gaan druk Angelo Davids die Blitsbokke se derde drie.

Teen rustyd was die telling 21-0 in die wenspan se guns.

In die tweede helfte het Brown deurgenael vir sy tweede drie in die wedstryd.

Suid-Afrika kom Sondag in die halfeindronde teen Australië (14:04) te staan. Die Aussies het Samoa in die kwarteind met 7-0 geklop. Nieu-Seeland en Fidji pak mekaar (13:42) in die ander halfeind.

Zain Davids het die Blitsbokke op die veld gelei in die afwesigheid van Siviwe Soyizwapi, die span se kaptein. Soyizwapi het die veld in Suid-Afrika se laaste groepwedstryd, Saterdag teen Skotland, met 'n besering verlaat.

• Puntemakers: Suid-Afrika 33 (21): Drieë: Ronald Brown (2), Christie Grobbelaar, Angelo Davids, Mfundo Ndhlovu. Doelskoppe: Brown (2), Selvyn Davids, Dewald Human. Kanada 0.

• Ander uitslae in die kwarteindronde: Fidji 34, Skotland 5; Nieu-Seeland 31, Kenia 0, Australië 7, Samoa 0.

SPELETJIES VANDAG

CTA