Lara van Niekerk het haar landgenoot Tatjana Schoenmaker Dinsdagaand in die eindronde van die 100 m-borsslag by die Statebondspele oortuigend om die goue medalje geklop.
Die 19-jarige Van Niekerk, wat ook die goue medalje in die 50-borsslag gewen het, se wentyd was 1:05.47. Sy het die 24-jarige Schoenmaker (1:06.68) met 1.21 sekondes geklop.
Australië se Chelsea Hodges het die bronsmedalje gewen in 1:07.05. Schoenmaker se oefenmaat Kaylene Corbett, wat derde was in die eindronde van die 200-borsslag wat deur Schoenmaker gewen is, moes dié keer met die sewende plek in 1:07.62 tevrede wees.
Kort daarna het die 18-jarige Pretorianer Pieter Coetzé (1:65.77) die bronsmedalje in die 200-rugslag vir mans verower. Hy spog nou met goud, silwer en brons.
• Hou Netwerk24 dop vir meer later.





















