Ruud troef Draper, wen grootste titel van sy loopbaan

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Uiteindelik. Casper Ruud van Nooweë nadat hy sy eerste Meersters-1 000-toernooi gewen het. Foto: Getty Images
Uiteindelik. Casper Ruud van Nooweë nadat hy sy eerste Meersters-1 000-toernooi gewen het. Foto: Getty Images

Die 14de gekeurde Casper Ruud van Noorweë het sy eerste Meesters-1 000-titel gewen toe hy die Brit Jack Draper Sondagaand in die eindstryd van die Madrid-Ope verslaan het.

Die 26-jarige Ruud, 'n tweemalige finalis Franse Ope-finalis (in 2022 en 2023), het die vyfde gekeurde Draper in drie stelle met 7-5, 3-6, 6-4 geklop. Hul kragmeting het twee uur en 29 minute geduur.

"Dis iets waaroor en kleintyd gedroom het en dis wonderlik om dit nou te kon regkry," het Ruud agterna oor sy sege gesê.

Hy is die eerste speler van Noorweë wat met 'n titel in 'n Meesters-1 000-toernooi kan spog.

Die eerste kragmeting nog tussen dié twee spelers was 'n ware wipplankstryd.

Draper, wenner vanjaar in Indian Wells, het ná 'n dubbelfout deur Ruud in die derde pot die eerste deurbraak in die wedstryd bewerkstellig.

Ruud, 'n kleibaanspesialis, het algaande sterker vertoon. Hy het in die 10de pot teruggebreek en die telling 5-5 gemaak.

Hy het in Draper se volgende afslaanpot weer deurgebreek om die eerste stel syne te maak.

Draper het in die tweede wéér die eerste deurbraak gehad. Ruud het weer teruggeveg en die telling 3-3 gemaak. Draper het egter die volgende drie potte gewen om 'n derde stel af te dwing.

Ruud het einde laaste met 'n vyfde breekpunt in die stel die voortou (3-2) in die beslissende stel geneem.

Dié deurbraak, die enigste in die stel, was genoeg vir Ruud om die stel en wedstryd te wen. Hy met 'n strooppot aan die einde die roemrykste van sy 13 loopbaantitels gewen. - Sportredaksie, atptour.com

SPELETJIES VANDAG

CTA