Wb Krieket

Engelse is Bangladesj se tier

Jason Roy was Saterdag in Cardiff op sy stukke met sy kolf in Engeland se sege van 106 lopies oor Bangladesj in die Wêreldbekerkriekettoernooi.

Dié aanvangskolwer het 153 lopies van 121 balle gemoker en die Engelse gehelp om 'n reuse 386/6 in 50 boulbeurte aan te teken. Die Tiere was daarna almal terug in die kleedkamer vir 280 in 48.5 boulbeurte.

Dit was egter nie net Roy wat met die kolf baljaar het nie. Ook Jos Buttler (64) en Jonny Bairstow (51) het vyftigtalle aangeteken.

Shakib Al Hasan (121, 119 b) het die beste vir Bangladesj met die kolf vertoon.

Die snelbouler Jofra Archer (3/29 in 8.5 bbe) en naatbouler Ben Stokes (3/23 bin 6 bbe) was die Engelse se beste boulers. - Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM