Wb Krieket

Windies-ster Russell loop res van WB mis

Die Wes-Indiese Eilande sal in hul oorblywende drie Wêreldbeker-rondomtaliewedstryde sonder die veelsydige Andre Russell oor die weg moet kom.

Sy knaende kniebesering het sy toernooi kortgeknip. Sunil Ambris sal hom in die groep vervang.

Die Windies het nog 'n wiskundige kans om die halfeindronde te haal, ofskoon hulle nog net een van hulle ses wedstryde gewen het.

Die 31-jarige Jamaikaan het vooraf in die Indiese Premierliga vir die Kolkata Knight Riders geskitter.

Die veelsydige Russell was in net vier wedstryde in aksie.

Sy beste boulvertoning - 2/4 - was in die Windies se oorwinning met sewe paaltjies in hulle eerste wedstryd teen Pakistan in Nottingham.

Die Windies speel Donderdag teen Indië, waarna Sri Lanka en Afganistan hul laaste twee teenstanders is

- Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM