Wb Sokker

Argentinië amper deur Ysland gerol

Lionel Messi het 'n strafdoel in Moskou verbrou en die Yslandse sokkerspan het nóg 'n mylpaal gevier deur 'n ligapunt te verdien in sy eerste wedstryd ooit in 'n Wêreldbekersokkertoernooi.

Wat het my besiel? Lionel Messi Saterdag teen Ysland. Foto: Getty Images
Wat het my besiel? Lionel Messi Saterdag teen Ysland. Foto: Getty Images (Ryan Pierse)

Doele deur Argentinië se Sergio Aguero en Alfred Finnbogasson van Ysland het die eindtelling 1-1 gemaak en laat die Suid-Amerikaners moontlik met probleme om in hul groep te kwalifiseer.

Argentinië het plek-plek gelyk asof hy Ysland - wat soveel inwoners het soos die Palermo-woonbuurt in Buenos Aires - van die veld sou speel, maar die Yslanders was min of meer pal tien spelers agter die bal ná Finnbogasson dinge ná 23 minute gelyk gemaak het.

Nou en dan het Messi en kie 'n gaatjie in hul patroon gevind, maar die doelwagter, Hannes Halldorsson, was amper klokslag op sy kop.

Uiters negatief, ja, maar dis hoe klein spanne teen groot spanne speel as hulle 'n doel kry en Argentinië was min of meer klaar in sy peetjie toe sy bestuurder, Jorge Sampaoli, sy span bekend maak sonder name soos Ever Banega, Giovanni lo Celso en Paulo Dybala daarin.

Messi het 'n alleenstryd gevoer om 'n bietjie vaart aan verrigtinge te gee, maar die bal is gans te stadig vorentoe gevoer dat Ysland - of enigiemand - veel slaap oor Argentinië hoef te verloor.

WB-bepalings

WB-puntelys

WB-uitslae

Louis de Villiers

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM