Wb Sokker

Engelse nederlaag dalk bedekte seën

Al het Engeland Donderdagaand sy laaste groepwedstryd teen België verloor, glo die Ierse beroepswedder Paddy Power dat dié sokkerspan nou 'n beter kans het om die Wêreldbeker-toernooi die eerste keer sedert 1966 te wen.

Phil Jones gebruik Donderdagaand in die Wêreldbeker-groepwedstryd België se Marouane Fellaini as lanseerkussing om besit vir Engeland te wen. Foto: Getty Images
Phil Jones gebruik Donderdagaand in die Wêreldbeker-groepwedstryd België se Marouane Fellaini as lanseerkussing om besit vir Engeland te wen. Foto: Getty Images

Engeland se wedsyfer aan die begin van die toernooi was 15/2, maar Paddy Power reken hy het nou 7/1-kans om as wêreldkampioen gekroon te word.

België het bo-aan Groep G geëindig ná sy sege van 1-0 oor die Engelse, maar dít was dalk 'n bedekte seën vir Gareth Southgate se span.

Die rede daarvoor is dat Engeland hom nou aan die "makliker" kant van die loting bevind. Indien België byvoorbeeld sy tweederonde-stryd teen Japan wen, sal Brasilië moontlik sy teenstander in die kwarteindronde wees. Die Brasiliane pak Mexiko in die tweede ronde.

Indien Engeland egter met Colombia in die tweede ronde kan afreken, sal Swede of Switserland sy teenstander in die kwarteind wees.

En indien die Engelse die eerste keer sedert 1990 die halfeindronde haal, sal Spanje, Kroasië, Rusland of Denemarke hul teenstander wees.

- Reuters

WB-bepalings

WB-puntelys

WB-uitslae

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM