Wb Sokker

Frankryk te sterk vir Aussies in Rusland

Frankryk se Paul Pogba vier fees saam met sy spanmaats nadat hy sy span se tweede doel aangeteken het. Foto: Getty Images
Frankryk se Paul Pogba vier fees saam met sy spanmaats nadat hy sy span se tweede doel aangeteken het. Foto: Getty Images

Frankryk het 'n oninspirerende vertoning gelewer om Australië Saterdag met 2-1 in hul Groep C-wedstryd in die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rusland te klop.

Dit is die eerste wedstryd in die geskiedenis van die toernooi waarin 'n strafdoel deur middel van die TV-skeidsregter toegeken is.

Teen rustyd was die telling gelykop met 0-0, waarna Antoine Griezmann die Franse se rekening in die 58ste minuut geopen het. Die Aussie Mile Jedinak het skaars vier minute later die telling gelykop gemaak, waarna Paul Pogba vir die Franse weer in die 80ste minuut toegeslaan het. - Sportredaksie

WB-bepalings

WB-puntelys

WB-uitslae

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM