Wb Sokker

Omstrede beeld van Ronaldo vervang

Links is die oorspronklike bronsbeeld van Cristiano Ronaldo en regs die plaasvervanger. Foto's: Getty Images
Links is die oorspronklike bronsbeeld van Cristiano Ronaldo en regs die plaasvervanger. Foto's: Getty Images

'n Bronsbeeld van Cristiano Ronaldo op Madeira se lughawe waaroor wyd gespot is omdat die ooreenkoms nie die Portugese Real Madrid-ster tot sy reg laat kom nie, is uiteindelik vervang.

Die spottery oor die beeld het begin kort nadat die beeld deur 'n plaaslike beeldhouer Emanuel Santos in Maart verlede jaar onthul is toe die lughawe na die sokkerster hernoem is.

BBCSport berig dat die beeld nou vervang is. Ronaldo se familie het glo deur die CR7-museum, wat op die eiland geleë is, versoek dat die beeld vervang word.

Dit het gebeur op dieselfde dag as wat die 33-jarige doelevraat 'n driekuns in die Wêreldbekertoernooi teen Spanje behaal het.

Die nuwe beeld, deur dieselfde kunstenaar, dra egter weer eens nie almal se goedkeuring weg nie en beswaarmakers eis in 'n versoekskrif dat die oorspronklike beeld teruggebring word.

"Die bronsbeeld het mense na ons eiland gelok en ons kan nie die plaasvervanger aanvaar nie," lui die versoekskrif.

- Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM