Pole tem Saoedi’s met 2-0

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pole se Piotr Zielinski bêre die eerste doel Foto: Reuters
Pole se Piotr Zielinski bêre die eerste doel Foto: Reuters

Saoedi-Arabië se Wêreldbeker-droom het Saterdag met 'n slag terug aarde toe gekom.

Pole het hom in Groep C in Doha, Katar, met 2-0 verslaan.

Saoedi-Arabië het in sy eerste wedstryd een van die grootste opskuddings ooit veroorsaak toe hy Argentinië met 2-1 geklop het. Pole het op sy beurt gelykop gespeel teen Mexiko.

Die Arabiere het die eerste helfte op die voorvoet begin en voor 'n luidrugtige skare Pole onder intense druk geplaas. Hulle het egter nie veel duidelike kanse om doele aan te teken geskep nie.

Pole het egter baie diep verdedig met amper al hul spelers agter die bal.

Pole se Piotr Zielinski het vyf minute voor rustyd teen die verloop van die spel die eerste doel aangeteken.

Wojciech Szczesny, Pole se ervare doelwagter, het in beseringstyd van die eerste helfte 'n strafdoel deur Salem Al Dawsari gekeer om Pole 'n baie gelukkige voorsprong met 1-0 met rustyd te gee.

Pole het meer van die aanvallende spel in die tweede helfte gelewer en het die raam van die doelhok 'n hele paar keer getref.

Die Poolse doelmasjien Robert Lewandowski het in die 84ste minuut sy span se tweede doel gebêre.

Die Saoedi's was amper uit op hul voete en kon nie terugslaan nie.

Mexiko pak Argentinië later Saterdag (21:00 SA tyd).

SPELETJIES VANDAG

CTA