Sommer drie doele vir Bafana!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Teboho Mokoena was Saterdag een van Bafana se doelskieters. Foto: Gallo Images
Teboho Mokoena was Saterdag een van Bafana se doelskieters. Foto: Gallo Images

Só sal Bafana Bafana die land se sokkertoeskouers mos teruglok stadions toe.

Die nasionale sokkerspan het Saterdag in die Bahir Dar-stadion in Ethiopië sy kragmeting met die tuisspan met 3-1 gewen en loop met sewe punte gemaklik voor in Groep C vir kwalifisering vir die Wêreldbekertoernooi in 2022 in Katar.

Die Belgiese afrigter, Hugo Broos, duld geen onsin nie en die spelers is besig om daarby in te koop.

Hy is besig om 'n omwenteling by die span teweeg te bring omdat hy nie 'n gebrek aan dissipline duld nie. Hy is ook besig om die ou kwaal om nié doele aan te teken nie aan te spreek.

Broos het drie veranderings aan die span aangebring wat Ghana onlangs geklop het deur Terrence Mashego, Tshegofatso Mabasa en Vincent Pule nader te trek. Maar Bafana moes sonder Pule klaarkom, want hy is tydens opwarming beseer en is deur Thabiso Kutumela vervang.

Die tuisnederlaag is 'n bitter pil vir die tuisspan om te sluk. Bafana het nou sewe punte en die Ethiopiërs net drie.

Die spanne speel boonop Dinsdag in die oorkruiswedstryd in Johannesburg.

Bafana se drie doele is deur Teboho Mokoena, Mothobio Mvala en Evidence Mokgopa aangeteken, terwyl Getaneh Kebede vir Ethiopië in die kol was. - Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

CTA