Jody Scheckter vier op 3Maart 1979 sy sege in die Suid-Afrikaanse F1-Grand Prix (GP) op die Kyalami-renbaan.
Op 7Oktober daardie jaar het die laaste ren van die seisoen in Amerika plaasgevind. Scheckter is as bestuurderskampioen gekroon.
Hy is tot dusver die enigste boorling van Suid-Afrika én Afrika wat dié titel of selfs 'n F1-ren kon wen.
Dit het 21jaar geduur voordat Ferrari weer in dieselfde jaar die F1-bestuurders- en vervaardigerskampioenskap in een jaar kon wen.
In 2000 was Michael Schumacher agter die wen-Ferrari se stuur. Scheckter was ook die enigste mens wat 'n GP-ren gewen het in 'n motor wat nie vier wiele gehad het nie.
In 1976 het hy die Sweedse GP in 'n Tyrrell met ses wiele gewen.
Suid-Afrika het destyds ook 'n befaamde kampioen op twee wiele gehad. Die motorfietsryer Kork Ballington was in 1978 en 1979 wêreldpadrenkampioen in die 250cc- én die 350cc-klas.
Orin Scott het hierdie spotprent vir Beeld geteken:

Daar is nog sulke foto's en spotprente in Beeld 50: Om 'n groot storie hard te slaan. Dit word uitgegee deur Jonathan Ball. As jy dit nie dadelik te koop kry nie, hou goeie moed. Dit word herdruk en die ekstra boeke sal binnekort beskikbaar wees.


















