Tarryn Johnston het langs die Hennopsrivier grootgeword en sedertdien toegekyk hoe dit verander in ’n stroom van vullis. Toe haar 12-jarige dogter ses jaar gelede sê sy wil die rivier skoonmaak, het ’n projek begin wat Tarryn se lewe vir altyd verander het.
Onder Tarryn se aanvoering het vrywilligers al 5 miljoen kg vullis uit die Hennops verwyder.
Hierdie praatjie het Tarryn gelewer by Aardklop in Potchefstroom as deel van Rapport en die Betereinders se Brugbouers-reeks oor Suid-Afrikaners wat ’n verskil in hul gemeenskappe maak.









