Lesers sê

Apartheid-perd is al holrug gery

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

A van Saldanha, skryf:

Die ANC gee so graag apartheid die skuld vir alles wat verkeerd is in ons land. Hulle het die martelaarsrol en slagoffermentaliteit hul eie gemaak en gee voor en glo dat dit die ergste is wat enigiemand nog ooit toegeval het.

Ek het nuus vir hulle. Ja, in apartheid is mense na tuislande verskuif en sleg behandel, maar niemand is op groot skaal uitgemoor nie. Die inheemse Australiërs is vir meer as 140 jaar uitgemoor en hul kinders is van hulle weggeneem. Húlle het rede om martelaars en slagoffers te wees. En dan is daar die inheemse Amerikaners wat ook uitgemoor en verplaas is na plekke waar hul nie kon jag nie en gevolglik van honger omgekom het. Dis net twee voorbeelde in die geskiedenis.

Die ANC lê dus laag op die martelaar-/slagofferlys. Dit is tyd dat hulle die apartheid-chip van hul skouers haal. Vergeleke met ander inheemse groepe oor die wêreld heen was apartheid nie die ergste nie. Dis tyd om op te hou om alles wat hulle verkeerd doen op apartheid te pak.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM