Lesers sê

BRIEF | Oplossing nie so ingewikkeld

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
xx
xx (Toqan-KI)

Lise Beswick, Robertson, skryf:

Vanoggend in Pick n Pay het ’n doofstom seun my pakkies gepak. Die kassiere beduie ek is op die fiets. Hy moet die swaar goed eweredig in twee sakke pak. Ek vra: “Is jy Afrikaans of Engels?” Hy wys na sy ore. Die kassiere sê hy kan nie lees of skryf nie. Maar hy het oë wat so helder kyk. Ek wys na sy oë met my duim op en sit my hand op my hart en sê: “Ek hou van jou.” En huil heelpad na my fiets toe.

En daar lê die slot se sleuteltjie op die sypaadjie. Oop en bloot. Ek was lank binne, want Zane het eers saam met my koffie gedrink voor hy gaan werk het. Ek kon nie die engel sien wat my fiets opgepas het nie, maar hy was daar. En op pad terug dink ek dat taal nie vir die jong man bestaan nie. Net gebare met universele betekenisse. Sy taal is ’n mens-taal.

En al voel die oplossing vir baie probleme ingewikkeld, bly die Here sê: “Ek is die weg.”

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM