Lesers sê

Dalk voel hulle dit eendag aan eie bas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wes-Kaapse oupa, Hartenbos, skryf:

Dr. Pieter Mulder se rubriek “Woede oor 40 se brief lê híér” (19.11) het my aan die hart geraak. Ek is ook ’n oupa en mis ook my kleinkinders se oupa-en-ouma-dag. Ongelukkig kan ek dit nie bywoon nie. Ons vier dogters, waarvan al vier dubbelgegradueerd is, is permanent oorsee, want in die nuwe Suid-Afrika is daar nie plek vir hulle nie.

Ons kan maar net ons kleinkinders en kinders elke dag mis, maar gun hulle rustigheid en veiligheid en werksekerheid, en nie blatante diskriminasie oor hul velkleur nie. Dalk eendag sal Max du Preez en sy 39 mede-ondertekenaars ook dit aan hul bas voel.

  • Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM