Lesers sê

GEPF-trustees dien dan geen doel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GEPF
GEPF (Netwerk24)

Louis van Rooyen, Faerie Glen

Verkose trustees van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) word oënskynlik deur ’n klousule in hul kontrakte tot geheimhouding gedwing en mag glo nie terugvoering aan lede gee of vrae beantwoord nie.

Hierdie trustees word deur lede van die GEPF en pensioenarisse verkies om hulle te verteenwoordig en hul belange te beskerm. In hierdie tye waarin daar feitlik daagliks oor swak beleggingsbesluite deur die GEPF en Openbare Beleggingskorporasie (OBK) berig word, is lede bekommerd en het hulle inligting van die trustees nodig.

Onder bovermelde omstandighede kan die verkose trustees van die GEPF nie tot verantwoording geroep word nie en dien hulle feitlik geen doel nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM