Keelvol, Somerset-Wes
Daar is twee dinge oor “hoër onderwys” wat ek glad nie verstaan nie: Eerstens, hoekom word studente (nog kinders in my oë) toegelaat om weg te kom met vernietiging en vandalisme op kampusse, soos onlangs by Fort Hare en Kovsies? Boonop word heeltyd aan hul eise, hoe onredelik ook al, toegegee (soos nou by KSUT). Ek ys om te dink watter lewenslesse so vasgelê word. Vat die jongelinge vas!
Tweedens, is dit net ek of vind die betogings en oproer op kampusse oor watter kleinlike kwessie ook al omtrent altyd plaas kort voor toetsreekse of eksamens? Laat ’n mens wonder, nè.


















