Lesers sê

Jy op Facebook

Foto ter illustrasie. Foto: Unsplash/Dan Gold
Foto ter illustrasie. Foto: Unsplash/Dan Gold

Amerikaanse toeris ‘bly hy lewe' nadat hy in Nyanga geskiet is:

Dit is 'n skreiende skande dat jy as toeris Suid-Afrika besoek en by jou aankoms in jou gesig geskiet word. Toerisme beteken so baie vir ons ekonomie. - Christiaan du Toit

Alle toeriste moet gewaarsku word hulle betree 'n land van anargie en misdaad. - Werner van Tonder

Daar was 'n radio-onderhoud met die toeris en sy vraag was: "Why didn't anyone, even the car rental agency, warn tourists about the dangers of the townships, be­cause they were the last people I interacted with". - Med Smith

Bly weg daar. En die Kaapstad-metro behoort 'n bord op te sit wat mense waarsku. - Elizme Saayman

Daar behoort waarskuwingsborde by die ingange te wees. Nie net buitelanders word daar aangeval nie. GPS-kaarte moet 'n alarmsein gee as jy daar inry. - Laurett Smit

Hulle sal die waarskuwingsborde steel vir skrootmetaal. - Harry Botha

Die GPS-sagteware moet dalk aangepas word om nie daardie roetes in te sluit nie of jou te waarsku. - Mostert Duard Helouise

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM